Studies in the Scriptures

Tabernacle Shadows

 The PhotoDrama of Creation

 

Studies in die Heilige Skrif

VOLUME ONE - DIE GODDELIKE PLAN VAN DIE EEUE

 

 STUDIE I

Die Aarde se Nag van Sonde sal in ‘n Oggend van Blydskap Eindig

‘N NAG VAN SONDE EN ‘N OGGEND VAN BLYDSKAP – TWEE METODES OM DIE WAARHEID TO SOEK – DIE METODE HIERIN TOEGEPAS – BESTEK VAN DIE WERK – ‘N VERSKIL TUSSEN DIE EERBIEDIGE STUDIE VAN DIE SKRIFTE EN DIE GEVAARLIKE GEWOONTE VAN SPEKULASIE – DIE DOEL VAN PROFESIE – DIE HUIDIGE GODSDIENSTIGE TOESTAND VAN DIE WęRELD VAN TWEE STANDPUNTE GESIEN – EGIPTIESE DUISTERNIS – ’N GELOFTESBOOG – DIE PROGRESSIEWE PAD VAN DIE REGVERDIGE – OORSAAK VAN DIE GROOT AFVALLIGHEID – DIE HERVORMING – DIESELFDE OORSAAK VERHINDER ALWEER WARE VOORUITGANG – VERVOLMAKING VAN KENNIS NIE IETS VAN DIE VERLEDE NIE, MAAR VAN DIE TOEKOMS.

Die titel van hierdie reeks Studies – “Die Goddelike Plan van die Eeue,“ stel ‘n vordering in die Goddelike skikking voor, en beteken dat dit orderlik en aan ons God bekend was.  Ons glo dat die leer van Goddelike openbaring uit hierdie standpunt – en van geen ander nie - as albei mooi en harmonies gesien kan word.  Die tydperk waarin sonde toegelaat word was, vir die mensdom,  ‘n donker nag wat nooit vergete sal wees nie. In teenstelling, die heerlike dag van geregtigheid en Goddelike grasie, wat deur die Messias ingelui sal word, sal teen die vreesagtige nag van geween, sugting, siekte en dood, waarin die kreunende skepping so lank verkeer het, meer as opweeg. Hy, as die Son van Geregtigheid, sal opstaan en ten volle en duidelik  tot in en aan almal skyn, en genesing en seën aan almal bring. Psa  30:6 “.... saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.“  

Asof deur instink, en terwyl dit in pyn en lyding kreun, wag en hoop die hele skepping vir, en verlang na, die DAG, wat genoem word “Die Goue Eeu.” Tog tas die mens blindelings rond omdat hulle nie bewus is van Jehova se genadige doelwitte nie. Maar hulle hoogste verwagtinge van so ‘n eeu val ver duskant van wat die werklikheid gaan wees.  Die Groot Skepper is besig om “‘n maaltyd van vetspyse“, voor te berei. Dit sal Sy skepsels verstom omdat dit uitermatig en ryklik, ver verby wat hulle redelik kan vra of verwag, sal wees. Hy verduidelik aan Sy verstomde skepsels, wat die lengte en breedte, die hoogte en die diepte van die liefde van God – wat alle verwagtinge oorskry - aanskou,  “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. 9.  Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”  Jes.55: 8,9.

Alhoewel ons, trouens met sukses, deur hierdie werk sal strewe, om die plan van God – soos dit aan die verlede, die hede en die toekoms van Sy handelinge verwant is en dit verklaar - voor die belangstellende en onbevoordeelde leser uit een te lę, op ‘n wyse wat meer ooreenstemmend, mooi en redelik as wat algemeen aanvaar is, word dit onomwonde ontken dat dit die gevolg is van buitengewone wysheid of bekwaamheid van die skrywer. Dit is die lig van die Son van Geregtigheid in hierdie daeraad van die Duisenjarige Dag wat hierdie dinge as “huidige waarheid“ aan die regverdiges – die suiwer van hart - sal openbaar. 

Omdat skeptisisme wemel, word die blote grondlegging van ware godsdiens, en die grondlegging van die Waarheid, dikwels bevraagteken, selfs deur die opregtes. Ons het gestreef om genoeg van die fondasie waarop alle geloof gebou moet word – die Woord van God – te ontbloot sodat daar in die getuienis daarvan, vertroue en versekering opgebou kan word – selfs by ongelowiges. Ons het ook gepoog om hierdie op so ‘n wyse te doen dat dit, as ‘n fondasie aan die verstand, aanloklik en aanvaarbaar sal wees. Ons het verder gestreef om die leer van die Skrif, sover moontlik, op so ‘n wyse op die fondasie te bou dat die gewone menslike verstand dit van elke  hoek en kant, en volgens die strengste reëls van die geregtigheid tot sy beskikking, kan toets. 

Omdat ons glo dat die Skrifte ‘n volhardende en eensgesinde plan openbaar,  en dat die plan, wanneer dit gesien word, homself aan elke geheiligde gewete moet aanbeveel, word hierdie boek gepubliseer in die hoop dat studente van die Woord van God, deur gedagterigtings wat met mekaar en met die geďnspireerde Woord van God, harmoniseer, gehelp sal word. Diegene wat erken dat die Bybel die openbaring van God se plan is, (en ons spreek hulle juis aan) sal ongetwyfeld saamstem dat, as die Bybel deur God geďnspireer is, moet sy leringe, in die geheel, ‘n plan wat met homself en die karakter van sy Goddelike Outeur,  ooreenstem en konsekwent is, openbaar. As soekers na die waarheid, moet die bekomming van die volledige, ooreenstemmende geheel van God se geopenbaarde plan, ons doelstelling wees. Omdat ons God se kinders is, het ons rede om dit te verwag omdat dit aan ons belowe is  dat die Gees van die waarheid ons in alle waarheid sal lei (Joh.16:13). 

Ons is ondersoekers, en daarom het ons twee metodes tot ons beskikking. Die eerste is om onder al die menings en sienswyses wat deur die menigde sektes van die kerk voorgestel is, te soek, en daaruit dié element wat ons as waarheid mag beskou, te aanvaar. Dit sal ‘n oneindige taak wees. ‘n Probleem wat ons deur hierdie metode moontlik tee sal kom is dat, as ons oordeel krom of verdraai sou wees, of ons  vooroordeel in enige rigting gebuig is – en wie s’n is nie so nie? – sal hierdie moieilikhede ons verhoed om die regte keuring toe te pas, en ons mag die dwaalbegrip aanvaar en die waarheid verwerp.    Weereens, as ons hierdie metode as ons eie aanvaar, sal ons baie verloor, omdat die waarheid progressief is en meer en meer na die volmaakte dag skyn.  Terselfdetyd is die verskillende geloofsbelydenisse van die verskillende sektes onbeweeglik en stilstaande omdat hulle eeue terug so gemaak is. Bowendien, moet elkeen van hulle ‘n groot mate van dwaling bevat omrede elkeen van hulle op een of ander wyse die ander weerspreek. Hierdie metode sou die ondersoeker in ‘n labirint van verwarring en verbystering dompel.  Die ander metode is om ons verstand van alle vooroordeel te ontdoen, en te onthou dat niemand meer van God se plan kan weet as wat Hy self in Sy Woord geopenbaar het nie, en dat dit aan die sagmoediges en nederig van hart gegee is.  As ons, op hierdie wyse, uitsluitlik sy leiding en onderrig ernstig en opreg soek, sal ons deur sy Groot Outeur tot ‘n begrip daarvan gelei word, en dit sal geskied, deur gebruik te maak van die verskillende hulpmiddels wat goddelik beskikbaar gestel word, wanneer dit bestem is om verstaan te word. 

Hierdie boek is, as ‘n hulpmiddel vir hierdie tweede klas studente, spesiaal ontwerp. Dit sal opgelet word dat die verwysings uitsluitlik na die Skrif is, behalwe wanneer sekulęre geskiedenis ingeroep word om die vervulling van Bybelse verklaringe te bewys. Die getuienis van moderne teoloë word geen gewig toegeken nie, en dié van die sogenoemde Vroë Vaders word uitgelaat. Baie hiervan het ooreenstemmend met gedagtes wat hierin uitgedruk is, getuig, maar ons glo dat, om sekere leerstellings te glo omdat ander mense, in wie hulle geen vertroue het, so geglo het, ‘n algemene mislukking van die hede en alle tye is. Hierdie is klaarblyklik ‘n vrugbare bron van misgissing, soos bewys deur die die feit dat baie mense onjuistheid met ‘n rein gewete, geglo en onderrig het. (Hand.26:9). Soekers na die waarheid behoort die troebel waters van tradisie uit hulle verstand te verwyder, en dit by die fontein van waarheid – God se Woord - vol te maak. Geen godsdienstige lering behoort enige gewig te dra nie, behalwe wanneer dit die soekendes na dié fontein toe lei.

Hierdie boek is te klein vir selfs ‘n algemene en haastige ondersoek van die hele Bybel en sy lering, maar ons erken die die haas van die hede, en ons het gepoog om so beknop te wees soos die belangrikheid van die onderwerpe toelaat. 

Ons stel voor dat die belangstellende student sy tyd sal mors as hy die hele werk vlugtig blaailees en daardeur hoop om die krag en harmonie van die voorgestelde plan en die Skriftuurlike bewyse daarvan, soos hierin uiteengelę, te kan bekom. Ons het deurgaans gestreef om die verskillende brokkies waarheid so voor te stel – taalgewys en so gerangskik - dat alle klasse lesers die onderwerp en algemene plan duidelik sal kan begryp. Terwyl deeglike en ordelike studie nodig is vir die waardering van egigeen van die wetenskappe, is dit veral so in die wetenskap van Goddelike openbaring.  In hierdie werk is dit dubbeld so noodsaaklik weens die feit dat bo en behalwe dat dit ‘n verhandeling oor Goddelik geopenbaarde waarhede is, ondersoek dit die onderwerp van ‘n standpunt wat, sover ons kan vasstel, heeltemal verskillend is van enige ander werk.  Ons bied geen verskoning aan vir die feit dat ons baie onderwerpe behandel wat deur Christene verontagsaam word, nie.  Hierdie sluit die wederkoms van die Here en die profesieë en simbolisme van die Ou en Nuwe Testamente in.  Geen teologiese sisteem wat die mees prominente kenmerke van Bybelse lering ignoreer of uitlaat, behoort voorgestel of aanvaar te word nie.  Nietemin, vertrou ons dat ‘n breë onderskeid tussen die ywerige, verstandige en eerbiedige studie van profesie, en van ander skrifte, gemaak sal word.  Dit moet geskied in die lig van volbronge geskiedkundige feite om gevolgtrekkings wat geheiligde gesonde verstand kan onderskryf, te behaal. Daarbenewens is daar ‘n oorvloedige praktyk van algemene spekulasie, waardeur, wanneer dit op goddelike profesie toegepas word, dit geneig is om wilde teorie en onduidelike gissing los te laat. Diegene wat in hierdie gevaarlike praktyk gevang word, ontwikkel gewoonlik tot profete  in plaas van  profetiese studente.

Geen werk is meer edel of veredelend as die eerbiedige studie van die geopenbaarde doelwitte van God nie. Dit is dinge waarin die engele begerig is om in te sien“ (I Pet.1:12). Die feit dat God se wysheid profesieë oor die toekoms sowel as verklarings oor die hede en verlede voorsien het, is vanself ’n vermaning deur Jehova oor die dwaasheid van sommige van Sy kinders. Dié het hulle onkunde oor, en verwaarlosing van, die studie van Sy Woord verontwskuldig deur te sę, “Daar is genoeg in die vyfde hoofstuk van Mattheus vir die redding van enige mens.“  Ons moet ook nie aanvaar dat profesie gegee word net om die nuuskierigheid oor die toekoms te bevredig nie.  Die doel hiervan is klaarblyklik om die toegewyde kind van God met sy Vader se planne bekend te maak, en daardeur sy belangstelling in, en simpatie met, hierdie planne te bevorder. Daardeur word hy in staat gestel om die hede en die toekoms uit God se standpunt te gewaar. Wanneer hy hierdeur in die Here se werk belangstel, kan hy met beide die gees en die verstand dien – nie net as ’n huurling nie, maar as ’n kind en erfgenaam. Omdat aan sulkes die toekoms geopenbaar word, word die invloed van die hede vernietig. Die gevolge van sorgvuldige studie kan nie anders wees as om geloof te versterk en heiligheid te stimuleer nie. 

As gevolg a) van die onkunde aangaande God se plan vir die terugkryging van die węreld uit sonde en sy gevolge, en b) van die valse idieë dat die nominale kerk in sy huidige toestand, die enigste werktuig is hiervoor, is die huidige toestand van die węreld – nadat die evangelie bykans 1900 jaar lank gepreek is -  sodanig dat ernstige twyfel in elke denkende verstand wat so mislei is, opgewek sal word.  Sulke bedenkings word nie maklik deur enigiets anders as die waarheid verower nie. Kortliks, een van twee dinge moet aan die denkende waarnemer opsigtelik wees.  Die een moontlikheid is dat die kerk, in die toestand waaarin sy nou verkeer, aanvaar het dat dit haar plig is om die węreld te laat bekeer. Die ander moontlikheid is dat God se plan ’n treurige mislukking was. Watter horing van die dilemma gaan ons aanvaar? Daar is al baie, en daar sal nog baie meer wees wat die kringe van ongeloof sal aanvul – of  heimlik of  openlik.  Een van die doelstellings van hierdie boek is om diegene wat eerlik so struikel, te help. 

Hieronder vertoon ons ‘n diagram wat deur die “London Missionary Society” en later in die Verenigde State deur die “Women’s Presbytarian Board of Missions” gepubliseer is. Die titel hiervan is “’n Stil Beroep Namens Buitelandse Sending.”  Die verhaal hierin uitgebeeld is een van duisternis en onkunde aangaande die enigste “Naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word.“ 

DIAGRAM

Die werklike en relatiewe syfers van die mensdom

wpeCB.jpg (32100 bytes)

  Heidene

Moham- medane Jode    Rooms-
Katolieke
Grieks-
Katolieke
Protes-
tante
856
miljoen
170 
miljoen
8
miljoen
190
miljoen
84
miljoen
116
miljoen

DIE WAGTER – (die “C.J.M.V.” joernaal van Chicage) het dieselfde diagram gepubliseer, met die volgende kommentaar. 

Die begrip van sommiges aangaande die geestelike toestand van die węreld, is baie vaag en onbeslis. Ons hoor van glorieryke herlewingswerk tuis en oorsee, van nuwe sendelinguitreike in verskillende rigtings, van een land na die ander wat sy hart oopmaak vir die evangelie, en van groot bedrae geld wat aan die verspreiding van die evangelie gespandeer word. Gevolglik aanvaar ons dat genoegsame pogings aangewend word vir die evangelisasie van die volke van die węreld. Dit word geskat dat die huidige bevolking van die węreld beloop 1,424,000,000, en volgens die diagram hierbo sien ons dat heelwat meer as een helfde – amper tweederdes – nog heeltemal heidens is. Die balans is meestal of volgelinge van Mohammed of lede van daardie groot afvallige kerke wie se godsdiens in werklikheid verchristelikte afgodsdiens is, en hulle kan skaars as volhouers of leraars van die evangelie van Christus, beskou word.  Aangaande selfs die 116 miljoen nominale Protestante, moet ons in ag neem hoe groot ‘n deel hiervan in Duitsland, Engeland en hierdie land in ongeloof teruggeval het. Dit is ‘n duisternis wat selfs donkerder is as heidenisme. Daarbenewens moet ons in ag neem hoeveel deur bygeloof verblind is, of in die uiterste onkunde begrawe is. Daar is nog agt miljoen Jode wat Jesus van Nasaret verwerp, en nog 300 miljoen wie Sy Naam dra, wat van Sy geloof afvallig geword`het. Dan kry ons die 179 miljoen wat voor Mohammed neerbuig, en die oorgroot oorblyfsel van die mensdom wat vandag nog aanbidders is van aandele, klippe, voorvaders of dooie helde – of van die duiwel self. Op een of ander wyse aanbid en dien hulle almal die skepsel eerder as die Skepper wie God ower al is – geseënd tot in ewigheid. Is hierdie nie genoeg om die harte van denkende Christene te laat treur nie?”

Waarlik, dit is ‘n tragiese beeld. Alhoewel die diagram verskeie grade van verskil tussen Heidene, Moslems en Jode uitbeeld, is almal gelyk in hulle algehele onkunde teenoor Christus. Sommige mag aanvanklik aanneem dat hierdie skouing aangaande die porsie wat uit Christene bestaan, te donker en ietwat oordrewe is, maar ons redeneer dat die teenoorgestelde die waarheid is. Dit vertoon nominale Christendom in die helderste kleure moontlik. Byvoorbeeld, die syfer van 16,000,000 Protestante oorskry verreweg die eintlike getal. Sestien miljoen sou, meen ons, nader aan die waarheid wees vir volwasse, belydende kerklidmate, en ons is bevrees dat die geskatte een miljoen vir die “klein kuddetjie”, die “geheiligdes in Christus”  “wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees“ heeltemal te veel is. Dit moet voor oë gehou word dat ’n groot deel van die kerklidmate, wat altyd ingereken word, eintlik uit jong kinders en babas bestaan. Dit is veral in die lande van Europa die geval. In baie van hierdie lande word kinders,vanaf die vroegste kindsheid, as kerklidmate beskou.  

Maar, al vertoon hierdie prentjie as baie donker, is dit nie die donkerste prentjie wat deur die gevalle mensdom vertoon word nie. Die beskrywing hierbo verteenwoordig alleenlik die huidige, lewende geslagte. Die toneel word heelwat donkerder wanneer ons besef dat, eeu na eeu, vir ses duisend jaar, ontelbare menigtes verlore gegaan het. Hulle is byna almal in dieselfde onkunde en sonde gedompel. Algemeen aanskou, is die prentjie waarlik skrikwekkend!   

Die verskeie geloofsbelydenisse van vandag leer  dat al daardie biljoene mense wat onkundig is aangaande die enigste Naam onder die hemel waardeur ons gered moet word, op die reguit pad na die ewige verderf is.  Daarbenewens is die 116,000,000 Protestante, so ‘n paar heiliges uitgesluit, seker van dieselfde lot.  Geen wonder, dan, dat diegene wat sulke vreeswekkende dinge van Jehova se planne en doelwitte verwag, ywerig sou wees om sendelingondernemings te bevorder. Dit is eintlik verbasend dat hulle nie daardeur waansinnig word nie.  Eintlik, om so te glo, en om sulke slotsomme te waardeer, sou die lewe van enige pret beroof, en elke helder moontlikheid van die natuur in duisternis dompel.

Om te bewys dat ons nie die “Ordodoksheid” aangaande die noodlot van die heidene verkeerd aangehaal het nie,  haal ons nou uit die pamflet  “‘n Onuitgesproke Versoek namens Buitelandse Sending” aan. Die diagram is daarin gepubliseer.  Die slotsin is, “Evangiliseer die magtige geslagte in die buiteland – die een duisend miljoen siele wat daagliks in Christuslose wanhoop tot sterwe kom.”

Maar alhoewel hierdie die sombere uitkyk uit die standpunt van menslike geloofsbelydenisse is, bied die Skrifte ‘n helderder uitkyk aan, en dit is die doel van hierdie bladsye om dit aan te wys.  Soos ons deur die Woord onderrig word, kan ons nie glo dat God se groot plan van saligheid ooit bedoel was om so ‘n mislukking te wees nie, of dat dit ooit so sal wees.  Die verwarde kind van God sal  dankiebly wees om op te let dat die Profeet Jesaja hierdie eintlike toestand van dinge, en die oplossing daarvan, voorspel het. Hy sę, in Jes.60:2 en 3; “Want kyk, die Duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóu sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.  En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.“  In hierdie profesie word die growwe duisternis deur die boog van belofte verlig “En nasies sal trek na jou lig“.

Die aanhoudende ellende en duisternis van die węreld, en die stadige vooruitgang van die waarheid was vir die kerk ’n verborgenheid, en boonop het die węreld sy toestand geken en gevoel. Soos die duisternis wat vir Egipte omhul het, was dit ’n duisternis wat gevoel kon word. As bewys hiervan let op die gees van die volgende reëls wat uit ’n joernaal in Philadelphia geknip is. Die twyfel en somberheid, wat deur die botsende geloofsbelydenisse van die verskeie skole verhewig word, is nog nie van die skrywer se verstand deur die strale van Goddelike waarheid direk uit die Woord van God verwyder nie.

                        “Die Lewe! Groot verborgenheid! Wie sal bely

                        Watter nood het God vir hierdie arme klei?

                        Deur Sy hand met kragtige vaardigheid gevorm -

                        Verstand, materie, siel en hardnekkige wil;

                        Gebore net om te sterf: sekere voorland – die dood.

                        Dan waar, o waarheen hierdie vlugtende asem?

                        Nie een van hierdie ontelbare skare

                        Wat geleef en  gesterf en lank gely het,

                        Keer terug om van die groot ontwerp te vertel nie –

                        Daardie toekoms, wat myne en joune is.

                        Ons pleit, O God, vir ‘n nuwe straal

                        Van lig van leiding op ons weg;

                        Gebaseer, nie op geloof nie, maar op helderder sig,

                        Wat die donker wolke van die nag verwyder;

                        Hierdie twyfel, hierdie afgryse, hierdie trillende vrees; 

                        Hierdie gedagte wat ons seën hier ontsier.

                        Hierdie rustelose verstand wat met dapper swaai

                        Die dogmas van die dag versmaai.

                        Deur botsende sektes en skole verkonding,

                        Om met hulle reëls redenasie te boei.

                        Ons strewe om U soos U is te ken –

                        Ons plek in U – en daarna die deel

                        Wat ons in hierdie asemrowende plan speel.

                        Skepper Oneindig, en die mens.

                        Tel op hierdie sluier wat die lig verdonker;

                        Beveel nog ‘n keer: ‘Laat daar lig wees!’

                        Onthul hierdie geheim van U troon;

                        Ons soek in die duister die onbekende.” 

    Hier is ons antwoord:

                        Die lewe se onthulde verborgenheid sal binnekort bely

                        Watter vreugde het God in hierdie arme klei.

                        Deur Sy hand met kragtige vaardigheid gevorm -

                        Na Sy beeld gevorm – verstand en wil;

                        Gebore om nie te sterf nie – nee, maar wedergeboorte

                        Vervang die vonnis – “Grond tot grond.“

                        Vir die Een uit die Magtige leër,

                        Wie gelewe en gesterf het en op die uiterste gely het,

                        Wat opgestaan het en God se groot ontwerp bewys het –

                        Daardie toekms dan myne en joune. 

                        Sy Woord onthul hierdie nuwe straal

Van lig vir leiding, dat ons nie dwaal

                        Nou gebaseer net op geloof, maar seker as die sig,

                        Wat die donker wolke van die nag verdryf:

                        The twyfel, die afgryse, die rillende vrees,

Die gedagtes wat hier ons seën skend.

Nou Here, daardie binnestes, wie se moediger spoggerigheid

                        Die dogmas van vandag verwerp, 

                        Deur die botsende sektes en skole geleer,

                        Wat deur hulle reëls die rede boei,

                        U mag soek en ken – net soos U is,

                        Ons plek met U, en dan die rol wat ons 

In hierdie asemrowende plan vertolk,

Skepper Oneindig, en die mens.

Hy lig die sluier en openbaar

Aan die wat wandel in die hemelse lig,

Die heerlike verborgenheid van Sy troon

Deur die eeue verborge, en nou vertoon.

 

’n Seën wat net so is kom nou na die węreld toe deur die ontplooiing van die Goddelike doelwit en die onthulling van die Goddelike Woord. Ons vertrou dat hierdie boek deel gaan wees van hierdie seën en openbaring.

Diegene wat van die eenvoudige menslike spekulasie wil wegdraai, en hulle tyd op die ondersoek van die Skrifte wil spandeer, nie sonder redenasie nie want God nooi ons om dit te gebruik (Jes. 1:18), sal vind dat ’n geseënde geloftesboog die hemele oorspan.  Dit is verkeerd om te aanvaar dat diegene wat sonder geloof, en die gevolglike regverdiging, is, die waarheid duidelik sal kan begryp. Die waarheid is nie vir sulkes bestem nie. 

Die Psalmdigter skryf, “Die lig“ (waarheid) “is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart“.(Psa. 97:11). Vir die kind van God is daar ’n lamp die lig waarvan die meeste van die duisternis verdryf.  U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad”.(Psa. 119:105). “Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,“ (Spr. 4:18). Eintlik bestaan daar niemand wat regverdig is nie - Rom 3:10  soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.“  Die groep waarna verwys word is  uit die geloof geregverdig“ (Rom. 5:1). Dit is die unieke voorreg van hierdie klas om in die pad wat meer en meer helder word te wandel – om nie net die huidige ontplooiing van God se plan te sien nie, maar ook die dinge wat moet kom. Terwyl dit waar is dat die pad van elke individuele gelowige helder is, is die spesiale toepassing van hierdie verklaring tog aan die regverdiges as ’n klas. Aartsvaders, profete, apostels en heiliges van die verlede en die hede het in hierdie toenemende lig gewandel, en hierdie lig sal, by die hede verby, aanhoudend “al helderder word tot die volle dag toe,“ (Spr.4:18). Dit is een onafgebroke pad, en die een onafgebroke en al hoe helderder lig is die Goddelike Register wat soos betaamlik illumineer. 

Daarom, ”O Regverdiges, wees bly in die HERE” (Psa. 97:12) en verwag die verwesenliking van hierdie belofte.  Baie het so min geloof dat hulle nie vir meer lig soek nie. As gevolg van hulle ongeloof en onbetrokkenheid, word hulle toegelaat om in die duister te sit, terwyl hulle in die vermeerderende lig kon gewandel het. 

Die Gees van God, Wie gegee is om die Kerk in die waarheid in te lei, sal die geskrewe dinge neem en aan ons wys. Ons het niks verder nodig as wat geskrewe is nie, want die Heilige Skrifte  kan “jou wys ... maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus“  (II Tim.3:15).

Terwyl dit nog waar is dat die duisternis die węreld bedek, en groot duisternis die mense oorval, is dit ook waar dat die węreld nie vir ewig in hierdie toestand sal moet verkeer nie. Ons word verseker dat “Die môre kom“  (Jes.21:12). Net soos God nou veroorsaak dat die natuurlike son op die regverdiges en onregverdiges skyn, so ook sal die Son van geregtigheid, gedurende die Millenniale Dag, vir die voordeel van die węreld skyn.  Sodoende, sal dit “die verborge dinge van die duisternis in die lig ... bring,“ (I Kor.4:5). Dit sal die giftige wasem van die bose vernietig, en lewe, gesondheid, vrede en vreugde bring.  

As ons terugkyk na die verlede, sien ons dat die lig destyds maar flou geskyn het. Die beloftes van die vorige eeue was maar dof en duister.  Die beloftes wat aan Abraham en andere gemaak is, soos tipies in die wet en seremonies van vleeslike Israel verteenwoordig, was maar skaduwees en het maar ’n vaë idiee van God se wonderlike  en genadige planne tentoongestel. Soos ons die dae van Jesus nader, word die lig al hoe helderder.  Tot dan, was die hoogtepunt van verwagting dat God ’n Verlosser sou bring om Israel van hulle vyande te red.  Hy sou vir hulle ook, as die vernaamste nasie van die węreld, en in hulle posisie van mag en invloed, as Sy agentskap om al die families van die aarde te seën, gebruik.  Die aanbod aan hulle van erfnis in die koninkryk van God, was, onder die vereiste voorwaardes, so verskillend van wat hulle verwag het, en die verwagting dat die uitgesoekte klas ooit die beloofde grootheid sou bereik, so onwaarskynlik – as hulle die uiterlike en die menslikheid in ag neem – dat almal behalwe die weiniges verblind was aangaande die boodskap.  Daarbenewens was hulle blindheid en vyandigheid daarteenoor natuurlik vermeerder wanneer, in die proses van God se plan, die tyd aangebreek het om die boodskap uit te brei. Terselfdetyd, moes die uitnodiging om in die beloofde koninkryk te deel aan elke aardse skepsel wat deur die beoefening van die geloof ’n kind van gelowige Abraham, en ’n erfgenaam van die beloftes wat aan hom gemaak is, gereken kan word,  toepaslik gemaak word.     

Maar toe die evangelie wat Jesus oorgedra het, eintlik na Pinkster verstaan is, het die Kerk agtergekom dat die seëninge vir die węreled van ’n  blywende aard sou wees.  Dit het ook duidelik geword dat, om hierdie doel te bereik, die Koninkryk geestelik moet wees, en waarlik uit Israeliete bestaan – ’n “Klein Kudde“ wat onder Jode en Heidene geselekteer is en wat na geestelike natuur en krag verhef is. Daarom lees ons dat Jesus, deur die evangelie, lewe en onvergankilkheid na die lig gebring het (II Tim.1:10).  En sedert die dag van Jesus skyn daar nog meer lig, net soos Hy voorpel het.  “Nog baie dinge het Ek om aan julle te sę, maar julle kan dit nou nie dranie.  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.  Joh 16:12  

Daar het, egter, ’n tyd aangebreek, na die apostels heengegaan het, wanneer die meerderheid van die kerk begin het om die lamp te verwaarloos, en om na menslike leraars te kyk vir leiding. Die leraars, vol trots, het titels en ampte aangeneem, en begin om oor God se erfnis baas te speel. Daarna het daar ’n spesiale klas ontstaan, wat as predikante bekend gestaan het. Hulle het hulself, en is deur ander ook beskou – afgesien van die Woord van God - as die opregte leidsmanne na die geloof en die praktyk.  As gevolg hiervan, en na verloop van tyd, is die groot sisteem van die pousdom deur ’n buitensporige eerbied vir die leringe van feilbare mense, en ’n verwaarlosing van die Woord van die Onfeilbare God, ontplooi. 

Hierdie verwaarlosing van die waarheid het baie ernstige en bose gevolge gehad. Soos almal weet, is albei die kerk en die beskaafde węreld deur die sisteem in slawerny gedompel, en verlei om die tradisies en geloofsbeleidenisse van die mens te aanbid. Deur wat as Die Hervorming bekend staan, is daar ’n onbeskaamde en geseënde slag vir vryheid  gemaak.  God het dapper helde opgerig vir Sy Woord. Onder hulle was Luther, Zwingli, Melanchthon, Wycliffe, Knox en andere. Hierdie het aandag gevestig op die feit dat die pousdom die Bybel tersyde gestel het, en deur die verordeninge en dogmas van die kerk vervang het. Verder, het die hervormers verskeie van die kerk se foutiewe leringe blootgestel,  en gewys dat hierdie op tradisie wat in stryd met die waarheid is, en wat die Bybel oponeer, gebaseer is.  Hierdie hervormers en hulle volgelinge is Protestante genoem omdat hulle teen die pousdom geprotresteer het en verklaar het dat die Woord van God die enigste pad na waarheid en praktyk is.  In die dae van die hervorming het baie gelowige siele in die lig gewandel – sover dit op daardie tydstip geskyn het. Sedertdien, egter, het Protestante maar min vooruitgang gemaak omdat instede daarvan dat hulle  in die lig wandel, het hulle om hulle gunsteling leiers gestol en gesien net wat hulle wou sien, maar niks meer nie. Hulle het perke gestel wat vooruitgang in die weg van waarheid betref, en met die baie beperkte waarheid wat hulle wel besit het, het hulle ’n groot mate van dwaling wat van die “moederkerk“ afkomstige was, saamgesnoer. Die meerderheid Christene het ’n bygelowige eerbied teenoor die geloofsbelydenisse wat op hierdie manier baie jare terug so geformuleer is, en dit word algemeen aanvaar dat niks meer van God se planne geken kan word as wat geken is deur die Hervormers. 

Hierdie fout het ons duur gekos.  Bo en behalwe die feit dat maar min beginsels van die waarheid toe uit die vullis van dwaling herwin is, is daar besondere verskynsels van die waarheid wat geduring beskikbaar word, maar die Christene is deur hulle geloofsbeperkinge van hulle beroof.  Om te illustreer: In Noag se tyd was dit ’n waarheid dat daar ’n sondvloed was wat op pad was, terwyl Adam en andere niks daarvan geweet het nie. Om in hierdie dae ’n komende sondvloed te preek sou nie die waarheid wees nie, maar daar is ander dispensasieverbonde waarhede wat gedurig beskikbaar word, waarvan ons, as ons in die lig van die lamp wandel, sal ken. Dus, as ons al die lig besit wat verskeie honderde jare terug beskikbaar was, maar net dit alleen, dan is ons meetbaar in die duister.

God se Woord is ’n reuse stoorkamer van voedsel vir die honger pelgrim op die helder weg.  Daar is melk vir babas, en sterk vleis vir diegene wat verder ontwikkel is (I Pet.2:2; Heb.5:14).  Verder bevat dit voedsel wat vir die verskillende seisoene en omstandighede aangepas is.  Jesus het gesę dat die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel ....  hulle rantsoen op tyd sal gee (Luk.12:42). Dit is dinge oud en nuut uit die stoorkamer (Matt.13:52). Dit sou onmoontlik wees om sulke dinge uit enige sektariese geloofsbelydenis of stoorkamer voort te bring. Ons mag miskien dinge wat oud en goed is uit elkeen produseer, maar niks nuuts nie. Die waarheid wat in die geloofsbelydenisse van die verskillende sektes bestaan is so met dwaling bedek en gemeng dat die inherente skoonheid en egte waarde nie waarneembaar is nie.  Die verskillende geloofsbelydenisse bots en stry aanhoudend met mekaar, en omdat elkeen die Bybel as basis verklaar, word God se Woord vir die verwarring van denke en die duidelike konflik geblameer. Hierdie het gelei na die ontstaan van die algemene slagspreuk, “Die Bybel is ‘n ou viool waarop enige wysie gespeel kan word.”   

Hoe uitdruklik is dit nie van die ongetrouheid van ons tye nie, soos deur die wanvoorstelling van God se Woord en karakter wat deur menslike tradisies saam met die groei van verstand wat nie meer in blinde en Bygelowige eerbied aan die opinies van ander mense neerbuig nie, veroorsaak is?  Dit vereis ‘n rede vir die hoop wat in ons is.  Die getroue student van die Woord moet ten alle tye gereed wees om ‘n rede vir sy hoop te gee (I Pet.3:15). Alleenlik die Woord van God is in staat om ons wys te maak, en is nuttig tot lering, en onderwysing in Die geregtigheid ens.sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus“ (II Ti 3:17).  Dit is net hierdie stoorkamer wat ’n onuitputbare bron van dinge oud en nuut – gepaste vleis vir die Huisgesin - bevat. Dit is seker dat niemand wat die Bybelse verklaring dat “Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe“ glo, sal beweer dat die volmaakte dag in Luther se tyd gekom het nie. Ons moet na ons lampe kyk  “waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle hart;“ (IIPet.1:19)

Dit is ook nie voldoende dat ons onsself nou in die lig bevind nie. Ons moet “in die lig wandel“ en aanhou om vordering te maak, anders sal die lig, wat nie ophou nie, ons verbysteek en ons in die duister los.  Die probleem met baie mense is dat hulle gaan sit, en hulle vorder nie in die weg van die lig nie. Neem ’n konkordansie en soek die verwysings onder die woorde sit  en staan, en vergelyk hulle dan met die wat onder die woorde loop en hardloop staan. Die leser sal ’n groot kontras vind.  Jes.42:7 duisternis sit. Psa.1:1 staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; I Joh.1:7  in die lig wandel Psa.1:1; met volharding die wedloop loop wat voor ons lę.

Volmaakte kennis is nie iets uit die verlede nie, maar van die toekoms – die nabye toekoms, so vertrou ons.  Tot ons hierdie feit aanvaar, is ons onvoorbereid om hierdie vars openbaring van ons Vader se plan te waardeer en verwag. Dit is waar dat ons nog na die woorde van die profete en apostels terugverwys vir alle kennis van die hede en die toekoms. Ons doen dit egter nie omdat hulle God se planne en doelwitte altyd beter as ons verstaan het nie, maar omdat God vir hulle as Sy mondstukke om aan  ons en die ganse kerk gedurende die Christeneeu die waarheiid aangaande Sy planne – so gou soos dit beskikbaar geword het, te kommunikeer,  gebruik het.   Hierdie feit is ryklik deur die apostels bewys. Paulus vertel ons dat God die verborgenheid van Sy wil wat Hy in Homself beoog het, aan die Christenkerk geopenbaar het. Hierdie wil het Hy nooit tevore geopenbaar nie, alhoewel Hy dit in verskuilde woorde opgeteken het. Hierdie kon nie voor die gepaste tyde verstaan word nie.  Die rede was dat die oë van ons verstand geopen moes word om die “hoë roeping” wat eksklusief vir die gelowiges van die Christeneeu ontwerp is, te kan waardeer (Efes.1:9,10,17,19; 3:4-6). Dit is vir ons duidelike bewys dat nog die profete, nog die engele die betekenis van die gesproke profesieë verstaan het nie. Petrus vertel dat toe hulle gretig die betekenis hiervan gesoek het, het God vir hulle vertel dat die waarhede wat in die profesieë verskuil is, nie vir hulle was nie, maar vir ons in die Kerkeeu. Verder vermaan hy die Kerk om vir nog meer genade (guns, seën) in hierdie rigting te hoop – nog meer kennis van God se planne (I Pet.1:10-13).

Dit is duidelik dat, alhoewel Jesus belowe het dat die Kerk in alle waarheid gelei sou word, dit ‘n geleidelike ontplooiing sou wees. Terwyl, in die dae van die apostels, die kerk vry was van die dwalinge wat onder en in die pousdom ontstaan het, tog kan ons nie aanvaar dat die vroeë kerk net so diep of so helder in God se plan kon sien soos vandag moontlik is, nie.  Dit is ook duidelik dat die verskillende apostels verskillende grade van insig in God se plan besit het, alhoewel al hulle skrywery deur God gelei en geďnspireer is – net so werklik soos die woorde van die profete. Om verskille in kennis te illustreer, hoef ons net te onthou hoe Petrus en die ander apostels – Paulus uitgesluit – aan die begin van die verkondiging van die evangelie aan die heidene, vir ‘n rukkie maar wankelrig was (Hand.10:28; 11:1-3; Gal.2:11-14). Petrus se onsekerheid was in sterk kontras met Paulus se selfvertroue wat deur die woorde van die profete, God se vorige handelinge en direkte openbarings wat aan hom gegee is, geďnspireer is. 

Volgens die getuienis het Paulus meer oorvloedige  openbaringe ontvang as enige ander apostel. Hy is nie toegelaat om hierdie openbaringe aan die kerk bekend te stel, of self hulle aan die ander apostels te verduidelik nie (II Kor.12:4; Gal.2;2). Tog kan ons die waarde aan die kerk van die visioene en openbaringe wat aan Paulus gegee is, sien.  Alhoewel hy nie toegelaat is om te vertel wat hy gesien het, of in besonderhede in te tree aangaande wat hy geweet het van die verborgenhede van God sover  dit die komende eeu betref nie, het wat hy gesien het, mag, kleur en diepte van betekenis aan sy woorde verleen. Deur die lig wat latere feite, profetiese vervulling en die leiding van die Heilige Gees gewerp het, kan ons sy woorde meer volledig as die vroeë kerk waardeer.

Om die voorafgaande stelling te beaam, verwys ons na die laaste boek van die Bybel – Operbaring, wat ongeveer 96 N.C. geskryf is. Die inleidende woorde verklaar dat dit ‘n spesiale openbaring is van dinge wat voorheen nie verstaan is nie. Dit bewys beslissend dat  - tot op daardie tydstip, ten minste – God se plan nog nie ten volle geopenbaar is nie. Verder, tot nou toe, was die Boek nooit alles wat sy naam impliseer nie – ‘n ontplooiing, ‘n OPENBARING.  Sover die vroë kerk aanbetref, is dit heel waarskynlik dat niemand enige deel van die boek verstaan het nie. Selfs Johannes, wie die visioene gesien het, was waarskynlik onkundig teenoor die betekenis van wat hy gesien het. Hy was albei profeet en apostel. As apostel het hy wat destyds “gepaste vleis” was, verstaan en doseer.  As profeet het hy dinge geuiter wat gepaste vleis vir toekomstige huisgesinne sou word. 

Gedurende die Christeneeu het sommige van die heiliges gepoog om die kerk se toekoms te verstaan. Hulle het dit gedoen deur hierdie simboliese boek te studeer. Sonder twyfel het almal wat die boek gelees en selfs net ‘n deel daarvan verstaan het, die beloofde seën ontvang (Openb.1:3). Die boek het aanhoudend aan sulkes bykomende lig verskaf, en in die dae van die Hervorming was dit ‘n belangrike hulpbron vir Luther in sy besluitnemingsproses dat die Pousdom – waarvan hy ‘n pligsgetroue bedienaar was – waarlik die “Antichris” was wat deur die Apostel  vermeld was. Die geskiedenis hiervan bevat ‘n groot deel van die profesie.

So open God geleidelik Sy waarheid, en openbaar die uitnemende rykdom van Sy genade. Gevolglik kan ons nou baie meer lig verwag  as gedurende enige ander tydperk in die kerkgeskiedenis.  

 

 Return to Volume One - Table of Contents

Return to English Home Page

Illustrated 1st Volume
in 31 Languages
 Home Page Contact Information