Studies
in die Heilige Skrif
VOLUME ONE -
DIE GODDELIKE PLAN VAN DIE EEUE
STUDIE
2
Die
Bestaan van ‘n Allerhoogste Verstandige Skepper Bevestig
BEWYSE
TERSYDE VAN DIE BYBEL, IN DIE LIG VAN REDE ONDERSOEK – ‘N
ONHOUBARE TEORIE – ‘N REDELIKE TEORIE – DIE KARAKTER VAN GOD
GEDEMONSTREER – REDELIKE GEVOLGTREKKINGS
Selfs
uit die standpunt van ‘n twyfekaar, sal ‘n redelike en vrymoedige
soektog in die onbekende, in die lig an wat bekend is, die onpartydige en
intelligente redenaar in die rigting van die waarheid lei. Tog is dit
duidelik dat, sonder ‘n direkte openbaring van die planne en doelwitte
van God, kan die mensdom net naasteby aan die waarheid kom, en net tot
onbepaalde gevolgtrekkings kom.
Kom ons sit die Bybel tydelik tersyde en kyk na dinge uitrsluitlik
uit die standpund van rede.
Hy
wat deur ‘n teleskoop, of selfs met die blote oog, die lugruim kan
besigtig, en die ontsaglikheid van die skepping kan sien – sy
eweredigheid, skoonheid, orde, harmonie en diversiteit – en tog twyfel
dat die Skepper van hierdie dinge by verre sy meerdere in wysheid en mag
is, of wie vir ‘n oomblik kan vermoed dat sulke orde per ongeluk –
sonder ‘n Skepper - ontstaan het, het sy vermoë om te redeneer so ver
verloor of geïgnoreer dat hy behoorlik, volgens die Bybel, as ‘n dwaas
(iemand wat rede ignoreer of te kort skiet) beskou kan word.
“Die
dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie“
(Psa.14:1). Hoe dit al gebeur het, is ten minste daardie deel van die
Bybel waar, en elke redelike verstand sal moet saamstem, omrede dit
selfsprekend is dat gevolge deur geskikte oorsake veroorsaak moet word.
Elke plant en elke blom getuig volop teenoor hierdie onderwerp. Die
ingewikkelde samestelling en voortreflike skoonheid van die vorm en
tekstuur verkondig ’n wysheid ver bokant dié van die mensdom. Hoe
kortsigtig is die dwaasheid wat oor die menslike vaardigheid en vernuf
spog, en wat die reelmatigheid, eenvormigheid en harmonie van die natuur
aan die loutere toeval toeken, en tersefdertyd ontken dat die natuur ‘n
verstandige Wetgewer het.
Daar
is sommige van die wat die bestaan van ‘n verstandige Skepper ontken,
wat beweer dat die natuur die enigste god is. Hulle glo dat alle vorms van
die ontwikkeling van diere en plante sonder die leiding van verstand
voortgegaan het, en gereguleer is deur “wet van die oorlewing van die
sterkste”. Die hipotese word onder die naam “evolusie” bekend.
Daar
bestaan geen bewys vir hierdie teorie nie, want ons sien, om ons, dat die
verskillende skepsels van vasgestelde aard is. Hulle ontvou nie in ‘n hoër
aard nie.
Diegene wat wel so glo het herhaaldelik probeer om verskillende
spesies te vermeng, of ‘n nuwe vaste afwyking te produseer – maar
tevergeefs. Daar is geen bekende geval van een soort wat in ‘n ander
soort verander het nie[1].
Alhoewel daar sekere visse is wat hulle finne vir ‘n oomblik as
vlerke kan gebruik, en uit die water kan vlieg, en paddas wat kan sing,
nooit is dit opgeteken dat hulle in voëls verander het nie. Verder,
alhoewel daar redelose diere is wat ‘n vaë ooreenkoms met die mensdon
het, ontbreek heeltemal die bewyse dat die mens uit hierdie skepsels
ontvou het.
Inteendeel, navorsing het bewys dat alhoewel verskeie afwykings van
dieselfde spesie geproduseer kan word, dit onmoontlik is om verskillende
spesies te vermeng, of vir een spesie in ‘n ander te ontvou. Vir
dieselfde rede kan ons nie beweer dat die donkie en die perd verwant is
nie, alhoewel hulle na mekaar lyk. Dit is welbekend dat hulle gesamentlike
(gemengde) nasaad nie vrugbaar is nie, en kan nie enigeen van die twee
spesies voortplant nie.
Dit
is vanselfsprekend dat as ‘n denkende natuur die skepper of
bewerker van evolusie was, sou sy met die proses aangagaan het, en
daar sou nie iets soos vaste spesies gewees het nie, want, sonder verstand,
sou niks by ‘n onveranderlike toestand arriveer nie.
Evolusie sou nog vandag ‘n feit wees, en ons sou visse sien wat
besig was om in voëls te verander, en ape wat mens word. Ons kom tot die
gevolgtrekking dat hierdie teorie net so teenstrydig teen die menslike
verstand is as wat dit teen die Byble is, want dit veronderstel dat
intelligente wesens deur ‘n mag geskape is wat sonder verstand is.
Daar
is een teorie oor die skepping (behalwe van die mens) deur ‘n proses van
evolusie, waarteen ons geen ernstige beswaar het nie, en dit lei soos volg.
Dit aanvaar dat die die huidige verskeie spesies, sover dit hulle natuur
of soort aanbetref,
vas en onveranderlik is, en alhoewel die huidige nature tot ‘n
baie hoër standaard ontwikkel mag word, selfs tot volmaaktheid, sal
hierdie spesies of nature vir ewig dieselfde bly.
Hierdie teorie aanvaar verder dat geeneen van hierdie vaste spesies
oorspronklik so geskape is nie, maar dat hulle, in die ver verlede, deur
‘n geleidelike proses van evolusie uit die aarde en van een vorm na ‘n
ander, ontwikkel is.
Onder wette wat goddelik geïnspireer is, en waarin veranderings in
kos en klimaat ‘n belangrike rol gespeel het, het hierdie evolusies
gevorder totdat die huidige vaste spesies gevestig was.
Hierna was geen verandering moontlik nie, want, vir alle praktiese
doeleindes, was die fundamentele doelwit van die Skepper hierdeur bereik.
Alhoewel elkeen van die menigde families plante en diere die vermoë het
om te verbeter of te degenereer, kan geeneen in ‘n ander, of van ‘n
ander familie of soort, verander nie. Ofskoon elkeen van hierdie tot die
volmaaktheid van sy eie vaste natuur mag kom, is verdere verandering in
hierdie opsig onmoontlik omdat die Skepper se ontwerp aangaande die natuur,
klaar bereik is.
Dit
word beweer dat die oorspronklike plante en diere waarvan die huidige
vaste variëteite afkomstig is, voor die skepping van die mens uitgesterf
het. Geraamtes en fossiele van diere en plante wat nie nou bestaan nie, en
wat diep onder die aarde se oppervlakte ontdek is, staaf hierdie teorie.
Die Bybelse lering dat die mens ‘n direkte en volmaakte skepping was –
in die geestelike en morele beeld van sy Maker gevorm, word deur hierdie
siening nog geïgnoreer, nog verwerp nie. Verder, ondersteun dit die
gedagte dat die mens nie ‘n uitvloeisel is van die proses van evolusie
nie, wat die res van die skepping in gemeen gehad het.
Die Bybel se bewering dat die natuur vir ons vandag leer dat ‘n
Verstandige Wese dit gelas het, en sy eerste oorsaak was, word hoegenaamd
nie deur hierdie siening verontgeldig nie. Inteendeel, dit onderskraag dit.
Laat die menslike redenering sy bes doen om die bekende feite na
redelike en bekwame oorsake terug te volg, en in elke geval
betaamlike aanvaarding aan die natuurswette te gee, maar agter al die
ingewikkelde masjinerie van die natuur is die hand van sy groot Outeur,
die verstandige, Almagtige God.
Ons
verklaar, dan, dat die bestaan van ‘n Verstandige Skepper ‘n duidelike
en verklaarbare waarheid is, en die bewys daarvan is orals om ons – en
ja, in ons.
Ons is Sy maaksel, waarvan elke vermoë van verstand en liggaam van
‘n wonderbaarlike vaardigheid bokant ons begrip getuig.
Hy is ook die Ontwerper en Skepper van wat ons die natuur noem.
Ons verklaar dat Hy die natuurwette – die skoonheid en harmonie
waarvan ons sien en admireer - verorden en gevestig het.
Instinktief aanbid en vereer ons die Een wie se wysheid die heelal
beplan het, en Wie se mag dit bestuur. Sy wysheid en mag oortref
ons s’n onmeetbaar.
Om
te besef dat hierdie magtige God werklik bestaan, sal beteken dat ons Sy
Almagtige krag sal vrees, tensy ons kan sien dat Hy welwillendheid en
goedheid wat daarmee ooreenstemmend is, ook besit. Dieselfde bewys wat Sy
bestaan, mag en wysheid verifeer,
verseker ons ten volle van hierdie feit.
Ons word nie alleenlik tot die gevolgtrekking dat daar ‘n God is,
en dat Sy mag en wysheid onmeetbaar ons s’n onmeetbaar oortref, gedwing
nie. Ons verstand dwing ons ook tot die beslissing dat die vernaamste item
van die skepping nog onderdanig aan die Skepper moet wees, en dit dwing
ons tot die gevolgtrekking dat die grootste openbaring van menslike
welwillendheid en geregtigheid onderdanig in bestek is teenoor dié van
die Skepper – net soos die mens se wysheid en krag minderwaardig is
teenoor Syne.
Hierdeur het ons ‘n geestelike beeld van die karakter en
eienskappe van die groot Skepper.
Hy is wys, regverdig, liefdevol en magtig, en die bestek van Sy
eienskappe is noodwendig onmeetbaar wyer as dié van Sy vernaamste
skepping.
Maar
verder: terwyl
ons hierdie redelike beslissing aangaande die bestaan en karakter van ons
Skepper geneem het, laat ons die vraag vra, “Wat behoort ons van so ‘n
Wese te verwag?”
Die antwoord sal wees dat die besit van sulke eienskappe vereis
redelik hulle toepassing en gebruik. God se krag moet, in harmonie met Sy
eie natuur –– verstandig, regverdig en weldadig - gebruik word. Wat
ook al die middele wat gebruik word om die doel te bereik, en wat ook al
die bewerking van God se krag, die finale uitslag moet met Sy natuur en
karakter verenigbaar wees, en elke stap moet deur Sy oneindige wysheid
goedgekeur word.
Wat
kan meer verstandig wees as sulke toepassing van krag, wat ons in die
skepping van ontelbare wêrelde om ons gemanifesteer sien, en in die
asemrowende verskeidenheid van die aarde?
Wat kan meer verstandig wees as die skepping van die mens, wie met
verstand en oordeel toegerus is, en wie in staat is om sy Skepper se werke
te waardeer en Sy vaardigheid, Sy wysheid, Sy geregtigheid, Sy mag en Sy
liefde te beoordeel. Hierdie is alles redelik, en in volmaakte akkoord met
die feite waarmee ons bekend is.
En
nou kom ons finale stelling. Is dit nie redelik om te veronderstel dat so
‘n oneindig wyse en goeie Wese, Wie ‘n skepsel geskape het wat bekwaam
is om Hom en Sy plan te waardeer, deur Sy liefde en geregtigheid ontroer
sal word om, deur vir hom sekere OPENBARING te gee, die behoeftes
van die skepsel se natuur te voorsien nie?
Sou die veronderstelling dat God inligting aangaande die doel van
sy bestaan, en Sy planne vir die toekoms, aan die mens sou gee, nie
redelik wees nie?
Daarenteen vra ons, sou dit nie onredelik wees om te veronderstel
dat so ‘n Skepper ‘n skepsel soos die mens sou maak, hom met al die
magte van die verstand
wat na die troekoms uitreik, toerus, en tog geen openbaring van Sy
planne om hierdie verlanging te vervul nie, te maak nie?
So ‘n gang sou onredelik wees, omdat dit met die karakter wat ons
redelik aan God toeskryf,
en met die opregte gang van ‘n Wese wat deur
geregtigheid en liefde beheer is, teenstrydig is.
Ons
mag wel oor die skepping van die mens redeneer. Sou die Goddelike Wysheid
besluit het dat dit raadsaam sou wees om ‘n kennis van die skepsel se
toekomstige bestemming en sy aandeel in die Skepper se planne, aan hom te
vergun, dan sou daar sekerlik gevolge gewees het. Goddelike Geregtigheid
sowel as Goddelike Liefde sou daarop aandring dat die skepsel so beperk in
sy bevoegdhede moet wees dat hy nie aanhoudend met twyfelary, vrees en
onkunde gevolter moet word nie. Die gevolge sou wees dat die Goddelike Mag
onder sulke beperkinge gebruik moes word. Die feit dan, dat die mens die
vermoë het om ‘n openbaring aangaande die Goddelike plan te waardeer,
in ag geneem die aanvaarde karakter van sy Skepper, is genoegsame rede om
te verwag dat God so ‘n openbaring sou gee – op so ‘n tydstip en
wyse wat Sy wysheid sal goedkeur.
So, dan, hierdie oorwegings in ag geneem, al sou ons die Bybel nie
ken nie, sou die verstand ons lei om so ‘n openbaring as waarop die
Bybel aanspraak maak om te wees, te verwag. Verder, die order en harmonie
van die algemene Skepping in ag geneem, soos wat die bolle en sisteme in
verhewe prosessie tyd en posisie behou, kan ons nie anders nie as om tot
die gevolgtrekking te kom dat die geringe ongereeldhede – soos
aardbewings, siklone ens. – maar aanduidings is dat die samewerking van
die verskillende aspekte van hierdie aarde op hierdie oomblik nog nie
volmaak is nie. Dit is nie onredelik om te verwag dat verstandige mense
versekering dat alles in die hemele sowel as op aarde, uiteindelik volmaak
en in harmonie sal wees, sal soek nie.
Hulle mag ook ‘n verduideliking vra van hoekom dit nie nou al so
is nie, en verwag dat die Skepper – Wie se wysheid, mag en
welwillendheid gedemonstreer is, sal antwoord. Daarom behoort ons te
verwag dat die openbaring wat ons soek so ‘n versekering en
verduideliking sal insluit.
Nou
dat ons vasgestel het dat dit heel redelik is om ‘n verduideliking
aangaande God se wil en plan
vir ons wedloop, sal ons, in die volgende hoofstuk, die algemene
karakter van die Byble, wat op die feit dat dit presies so ‘n openbaring
is, aanspraak maak, ondersoek. Verder, as dit die karakter van God in
volmaakte harmonie met wat hierbo bespreek is, aanbied, dan behoort ons te
aanvaar dat die Byble homself as die noodsaaklike en redelik verwagte
openbaring van God bewys, en ons behoort sy getuienis net so te aanvaar.
As dit van God is, sal die leringe van die Bybel – wanneer hulle ten
volle waardeer is – met Sy karakter in akkoord wees. Die verstand
verseker ons dat Sy karakter in wysheid, geregtigheid, liefde en mag
volmaak is.
DIE
HEERLIKHEID VAN GOD
Psalm
19
Die
hemele vertel die
eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die
een dag stort vir die ander ‘n boodskap uit, en die een nag kondig vir
die ander kennis aan:
daar
is geen spraak en daar is geen woorde nie—onhoorbaar is hulle stem.
Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die
einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ‘n tent gemaak;
en
dié is soos ‘n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos
‘n held om die pad te loop.
Sy
uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes
daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van
die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Die
bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE
is suiwer: dit verlig die oë.
Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die
verordeninge van die HERE is waarheid—tesame is hulle regverdig.
Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning
en heuningstroop.
Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot
loon.
Die afdwalinge—wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers
nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.
Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik
wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!