Studies
in die Heilige Skrif
VOLUME ONE -
DIE GODDELIKE PLAN VAN DIE EEUE
STUDIE
3
DIE
BYBEL AS ‘N GODDELIKE OPENBARING
Gesien
in die Lig van Rede
DIE
AANSPRAKE VAN DIE BYBEL EN DIE DIREKTE BEWYS VAN SY GELOOFWAARDIGHEID –
SY OUDHEID EN BEWARING – SY MORELE INVLOED – DIE SKRYWERS SE MOTIEWE
– ALGEMENE KARAKTER VAN DIE SKRIFTE – DIE BOEKE VAN MOSES – DIE WET
VAN MOSES – DIE KENMERKENDE EIENSKAPPE VAN DIE HEERSKAPPY WAT DEUR MOSES
INGESTEL IS – DIT WAS NIE ‘N SISTEEM VAN PRIESTERSKAP NIE –
VOORSKRIFTE AAN DIE BURGERLIKE LEIERS – DIE RYKES EN DIE ARMES GELYK
VOOR DIE WET – BESKERMING TEEN PEUTER AAN DIE VOLK SE REGTE –
DIE PRIESTERDOM NIE ‘N BEVOORREGTE KLAS NIE, HOE HULLE ONDERSKRAAG WORD
ENS. – DIE ONDERDRUKKING VAN BUITELANDERS, WEDUWEES, WEESKINDERS, EN
DIENAARS VERHINDER – DIE PROFETE VAN DIE BYBEL – IS DAAR ‘N
GEMEENSKAPLIKE VERBAND VAN VERBINTENIS TUSSEN DIE WET, DIE PROFETE EN DIE
SKRYWERS VAN DIE NUWE TESTAMENT? – WONDERWERKE NIE ONREDELIK NIE – DIE
VERSTANDIGE GEVOLGTREKKING
Die
bybel is die fakkel van beskawing en vryheid. Sy goeie invloed in die
gemeenskap is deur die vernaamste staatsmanne erken, al het hulle
grootliks deur die verskeie vensters van botsende geloofsbelydenisse gekyk.
Hierdie geloofsbelydenisse, terwyl hulle die Bybel hooghou, verdraai
bedenklik die leringe daarvan. Die
verhewe ou Boek word onopsetlik maar jammerlik deur sy vriende – waarvan
baie bereid sal wees om hulle lewens daarvoor neer te lê - verdraai. Deur
te beweer dat die Bybel hulle lankvereerde dwaalbegrippe wat van die
oorleweringe van die tradisies van hulle vaders ontvang is, ondersteun,
verrig hulle meer wesenlike skade as sy vyande. Dit sou goed wees as
sulkes sou ontwaak en hulle godspraak herondersoek, en die vyande verwar
deur hulle te ontwapen.
Omdat
die lig van die natuur ons lei om ‘n openbaring van God, wat voller is
as wat die natuur self voorsien, te verwag, sal die redelike denkende
verstand bereid wees om die voorstelle van enigiets wat voorgee om ‘n
Goddelike openbaring te wees, en wat ‘n redelike direkte bewys van die
waarheidsliewendheid van sulke bewerings dra, te ondersoek. Die Bybel
verklaar dat dit juis so ‘n openbaring van God is, en dit kom na ons met
genoegsame direkte bewys aangaande die waarskynlike juistheid van dié
verklaring. Verder gee dit vir ons hoop dat nadere ondersoek meer volledig
en positiewe bewys dat dit werklik die Woord van God is, sal oplewer.
Die
Bybel is die oudste bestaande boek. Dit het die storms van dertig eeue
oorleef. Die mensdom het elke moontlike middel probeer om dit van die
aarde te verwyder. Hulle het dit weggesteek en verbrand. Hulle het die
besit daarvan as ‘n kriminele oortreding geklassifiseer – wat met die
dood gestraf moet word. Die mees bitter en onversetlike vervolgings is
teen diegene wat daarin geloof gehad het, gevoer. Maar die Boek leef nog
steeds. Vandag, terwyl ‘n
menigte van sy vyande al dood is, en honderde boeke wat geskryf om dit in
minagting te bring en sy invloed omver te werp, al lankal vergete is, het
die Byble sy weg in elke volk
en taal op aarde gebaan. Die
Bybel is in meer as twee honderd tale vertaal. Die feit dat hierdie boek
oor so baie eeue oorleef het, nieteenstande sulke ongeëwenaarde pogings
om dit te verban en vernietig, is ten minste sterk aanwysende
getuienis dat die Opperste Wese, op wie aanspraak gemaak is as die Outeur,
ook sy Bewaarder is.
Dit
is ook waar dat die morele invloed van die Bybel eenvormig goed is.
Diegene wat sorgvuldige studente van sy boodskap word, word sonder
uitsondering na ‘n lewe van hoër reinheid opgehef. Ander geskrif oor
godsdiens en die verskeie wetenskappe het welgedoen, en het die mensdom,
tot ‘n sekere mate, veredel en geseën. Inteendeel, het al die ander
boeke saam gefaal om blydskap, vrede en seën – wat die Bybel aan albei
ryk en arm, geleerd en ongeleerd gebring het - aan die kreunende skepping
te bring. Die Bybel is nie ‘n boek wat net gelees moet word nie.
Dit is ‘n boek wat met sorg en oorweging bestudeer moet word,
want God se gedagtes is hoër as ons gedagtes en Sy weë hoër as ons
s’n. As ons die plan en
gedagtes van die Oneindige God wil begryp, moet ons al ons energie aan die
belangrike werk aanwend. Die rykste skatte van die waarheid lê nie altyd
op die oppervlakte nie.
Hierdie
boek wys en verwys geduring na een verhewe karakter, Jesus van Nasaret,
wie, so word dit beweer, die Seun van God was. Van die begin tot die einde
word Sy Naam, amp, en werk opmerklik gemaak. Dat ‘n Man met die Naam
Jesus van Nasaret ongeveer in die tyd wat deur die skrywers van die Bybel
aangedui is, geleef en ietwat beroemd was, is ‘n feit van die
geskiedenis buite die blaaie van die Bybel. Dit word velerlei en ten volle
bevestig. Die feit dat hierdie Jesus gekruisig is omdat Hy Homself aan die
Jode en hulle priesterdom ergerlik gemaak het, is nog ‘n feit wat deur
die geskiedenis buite die bewyse wat deur die skrywers van die Nuwe
Testament verskaf is, bevestig is. Die skrywers van die Nuwe Testament –
Paulus en Lukas uitgesluit – was persoonlik kennise en dissipels van
Jesus van Nasaret, wie se doktrines hulle skrifte verklaar.
Die
bestaan van enige boek impliseer dat die skrywer daarvan gemotiveerd is.
Daarom vra ons, Watter motiewe kon hierdie manne geïnspireer het om die
saak van hierdie Persoon aan te neem? Hy is as ‘n boosdoener deur die Jode tot die dood
veroordeel en gekruisig. Die
mees godsdienstig onder die Jode het met Sy dood ingestem, en dit vereis
weens Sy ongeskiktheid vir die lewe.
Diegene wat Sy saak omhels het, en Sy leringe geproklameer het, het
veragting, berowing en bittere vervolging uitgetart. Hulle het die lewe
self gewaag, en soms selfs marteldood ervaar. As ons toegee dat Jesus,
terwyl Hy geleef het, ‘n merkwaardige Persoon was, wat albei Sy lewe en
lering betref, wat sal die motivering wees vir iemand, na Sy dood, om Sy
saak aan te neem? – veral omdat Sy dood so vernederend was?
En as ons sou veronderstel dat hierdie skrywers hulle verhale uit
die duim gesuig het, en dat Jesus hulle denkbeeldige of ideale held was,
hoe absurd sou dit nie wees nie om te veronderstel dat nugtedenkende manne
– nadat hulle verklaar het dat Hy die Seun van God was, dat Hy op ‘n
bonatuurlike wyse verwek is, dat
Hy bonatuurlike krag gehad het waardeur Hy melaatses genees het, blindes
laat sien het, dowes laat hoor het, en selfs die dooies opgewek het –
die verhaal van so ‘n held sou afsluit
deur te vertel dat ‘n klein bende van Sy vyande Hom as ‘n skurk
tereggestel het, terwyl al Sy vriende en dissipels - onder wie die
skrywers self – in die haglike oomblik
– Hom sou begewe en vlug?
Die
feit dat ongewyde geskiedenis nie in sekere opsigte met hierdie skrywers
ooreenstem nie, moet nie veroorsaak dat ons hierdie skrywers se
optekenings as onwaar beskou nie. Diegene wat wel so aanvaar dat hierdie
skrywers onwaarhede verkondig het, moet verduidelik watter motivering
hierdie skrywers moontlik kon gehad het om sulke valse verklarings te maak.
Watter motivering kon hulle aangespoor het? Kon hulle redelik
gehoop het om daardeur rykdom, roem, mag of enige aardse voordeel te bekom?
Die armoede van Jesus se vriende, en die ongewildheid van hulle
held self tussen die vername godsdienstiges van Judea, weerspreek so ‘n
gedagte. Die feite dat Hy as ‘n skurk en ‘n rusverstoorder gesterf het,
en dat Hy Homself ontledig het, het geen hoop op benydenswaardige roem of
aardse voordele voorgehou aan diegene wat sou poog om Sy leerstelling te
hervestig nie. Inteendeel, as
dit die doel was van diegene wat Jesus gepreek het, sou hulle dit nie
spoedig gelos het nie toe hulle agtergekom het dat dit skande, vervolging,
gevangenskap, slae en selfs die dood veroorsaak? Die
rede leer baie duidelik dat ‘n man wat sy tuiste, reputasie, eer en lewe
opgeoffer het, wat nie vir huidige bevrediging geleef het nie, maar wie se
sentrale doel dit was om sy medemens op te hef, en wie sedes van die
hoogste standaard gehandhaaf het, nie net gemotiveer was nie, maar verder
dat hulle motivering suiwer moes gewees het, en hulle doelwit verhewig
geesverheffend. Verder verklaar die rede dat die getuienis van sulke manne
– alleenlik deur suiwer en goeie motiewe aangedryf – tien maal die
gewig en agting van gewone skrywers waardig is.
Hierdie manne was ook nie fanatikuste nie. Hulle was manne van
gesonde en denkende verstand, en het in alle omstandighede ‘n rede vir
hulle geloof en hoop voorsien. Boonop
was hulle volhardend aan daardie redelike oortuigings getrou.
Wat
ons hier opgelet het geld ook vir die verskeie skrywers van die Ou
Testament. Hoofsaaklik was hulle manne wat deur hulle getrouheid aan die
HERE uitgestaan het. Die geskiedenis beskryf en vermaan onpartydig hulle
swakhede en tekortkominge op dieselfde wyse as wat dit hulle
voortreflikhede en getrouheid aanbeveel.
Dit moet ‘n skok wees vir diegene wat die Bybel beskou as ‘n
kunsmatige geskiedenis – wat ontwerp is om mense in ‘n religieuse
sisteem deur inboeseming van ontsag vas te vang. Daar is ‘n opregtheid
om die Bybel wat dit as die waarheid stempel. As ‘n skurk sou begeer om
iemand as groot voor te stel, sou hy ongetwyfeld
die een se karakter as blaamloos en edel op die hoogste vlak
skilder. Dit sal veral gebeur as hy begerig is om die man se skrywe as
deur God geïnspireerd voor te stel. Die feit dat in die Bybel so ‘n
rigting nie ingeslaan is nie, is ‘n redelike aanduiding dat dit
nie oneerlik gekompileer is met die doel om te bedrieg nie.
Ons
het nou rede om ‘n openbaring van God se wil en plan te verwag, en
het presies so iets wat daarop aanspraak maak dat dit dié openbaring is,
in die Bybel ontdek. Dit is deur skrywers, wie se motiewe ons geen rede
het om in twyfel te trek nie, geskryf. Inteendeel, het ons rede om hulle
goed te keur. Laat ons nou
die karakter van die geskrif, waarop aanspraak gemaak is dat dit geïnspireer
is, ondersoek, om te sien of hulle leringe met die karakter wat ons rederlikewys
aan God toereken, ooreenstem, en of hulle innerlike bewys van hulle
waarheidsliewendheid dra.
Die
eerste vyf boeke van die Nuwe Testament, en sommige van die Ou Testament
is verhale of geskiedenisse van feite waarmee die skrywers bekend was. Die
karakters van die skrywers vergun die waarheid daarvan. Dit is aan almal
baie duidelik dat dit nie ‘n spesiale openbaring vereis om eenvoudig die
waarheid aangaande sake waarmee hulle intiem en ten volle vertroud was, te
vertel nie. Maar, omdat God ‘n openbaring aan die mensdom wou gee, die
feit dat hierdie geskiedenisse van verbygaande gebeurtenisse ‘n
betrekking op so ‘n openbaring sou hê, sou genoegsame beweegrede wees
om te vermoed dat dit heel redelik sou wees om te aanvaar dat God oor
alles toesig sou hou. Hierdeur sou Hy reël dat die eerlike skrywer wie Hy
vir die werk uitgesoek het, met die nodige feite in kontak moet kom. Die
geloofwaardigheid van hierdie geskiedsgedeeltes van die Byblel rus bykans
heeltemal op die karakter en motivering van hulle skrywers. Goeie manne
sal nie valshede uiter nie. ‘n Suiwer fontein sal nie bitter water
voortbring nie. Daarbenewens, sal die verenigde getuienis van hierdie
geskrif, enige agterdog dat hulle skrywers boosheid sou sê of doen,
stilmaak, sodat goed mag volg.
Die
geloofwaardigheid van sekere boeke van die Bybel, soos Konings, Kronieke,
Regters ens., word hoegenaamd nie aangetas nie wanneer ons sê dat hulle
eenvoudig die getroue en sorgvuldige rekord van die geskiedenisse
van prominente gebeurtenisse en mense van hul tye is. Ons moet onthou dat
die Hebreeuse skrifte geskiedenis sowel as die wet en die profesies bevat.
Dit is ook belangrik om te besef dat hulle geskiedenisse, stambome ens. meer
eksplisiet was met die beskrywing van omstandighede weens die verwagting
dat die beloofde Messias ‘n nasaad van Abraham sou wees, en dat Hy deur
‘n spesifieke geslagslyn sou kom. Hierdeur gewaar ons die rede vir die
optekening van sekere feite van die geskiedenis, wat in die twintigste eeu
as onkies beskou word. Byvoorbeeld, ‘n duidelike optekening van die
oorsprong van die nasies van die Moabiete en Ammoniete – en hulle
verwantskap met Abraham en die Israeliete – was waarskynlik, in die
verstand van die geskiedkundige, die noodsaaklikheid vir ‘n volle
beskrywing van hulle herkoms (Gen.19:36-38). Net so is daar ‘n
uitvoerige beskrywing van Juda se kinders gegee. Dit is hierdeur dat
Koning Dawid gekom het. Dit is ook hierdeur dat die stamregister van
Maria, die moeder van Jesus, sowel as dié van haar man Josef (Luk.3:23, 31, 33,34), terug na Abraham gevolg is. Sonder
twyfel is die belangrikheid van die sorgvuldige bevestiging van die
stamboom al hoe meer belangrik weens die feit dat uit hierdie stam sou kom
die heersende Koning van Israel sowel as die Messias. Daarom was dit nodig
om die klein besonderhede wat nie in die ander gevalle gegee is nie, hier
te gee (Gen.38.)
Daar
mag dergelike of verskillende redes wees vir die ander feite van die
geskiedenis wat in die Bybel opgeteken is. Ons mag later die nuttigheid
hiervan sien. As die Bybel nie die optekening van geskiedenis is nie, en
maar eenvoudig ‘n verhandeling is oor morele, dan kon van hierdie
gebeurtenisse sonder nadeel uitgelaat word. Niemand kan redelikerwys
beweer dat die Bybel ooit onreinheid sanksioneer nie.
Dit sal verder goed wees om te onthou dat dieselfde feite in enige
taal min of meer delikaat gestel kan word, en ook dat terwyl die vertalers
van die Bybel, te reg, te pligsgetrou was om enige deel van die optekening
uit te laat, tog het hulle in ‘n tyd geleef wat minder kieskeurig was as
ons s’n, aangaande die keuse van verfynde taal of uitdrukking. Ons mag
dieselfde vermoed aangaande die manier van uitdrukking in die vroegste
Bybelse tye. Dit is seker dat selfs die mees kieskeurige mense geen
beswaar teen enige uitdrukking in die Nuwe Testament kan hê nie.
DIE
BOEKE VAN MOSES
EN
DIE WETTE WAT DAARIN GEPROMULGEER IS
Die
eerste vyf boeke van die Bybel staan bekend as Die Vyf Boeke van Moses,
alhoewel hulle nêrens aanmeld dat hy die skrywer is nie. Dis is ‘n
redelike gevolgtrekking dat die boeke deur Moses, of onder sy toesig,
geskryf is. Die verslag van sy dood en begrafnis is deur sy skriba bygelas.
Die weglating van die uitdruklike verklaring dat hierdie boeke deur Moses
geskryf is, is geen bewys teen die gedagte nie. Sou iemand anders hulle
geskryf het met die doel om te verlei en bedrog te pleeg, sou hy sekerlik
- om sy oplegging te ondersteun - voorgegee
het dat hulle deur die groot leier en staatsman van Israel geskryf is,
(Deut. 31:9-27). Van een ding kan ons seker wees: Moses het die Hebreeuse
volk uit Egipte uitgelei. Hy het hulle as ‘n nasie georganiseer, onder
die wette wat in hierdie boeke uiteengesit is. Die Hebreeuse nasie het
eenparig, oor ‘n tydperk van meer as drieduisend jaar, hierdie boeke as
‘n geskenk van Moses aan hulle aanvaar, en hulle so heilig beskou dat
geen jota of tittel verander mag word nie. Dit is ‘n versekering van die
suiwerheid van die skrifte.
Hierdie
geskrif van Moses bevat die enigste geloofwaardige bestaande geskiedenis
van die epog wat daardeur gedek is. Chinese geskiedenis gee voor om by die
skepping te begin, en vertel hoe God in ‘n skuitjie op die water
uitgevaar het. Hy het toe ‘n kluit grond in sy hand geneem en dit in die
water gegooi. Die bewering is dat hierdie kluit grond ons aarde geword het,
ens. Die hele storie, egter, is so ontbloot van redelikheid dat enige ou
verstandige kind nie daardeur verlei sal word nie. Inteendeel, die verhaal
wat in Genesis vertel word, begin met die verstandige aanvaarding dat ‘n
God, ‘n Skepper, ‘n verstandige Eerste Oorsaak, alreeds bestaan het.
Dit handel nie oor God se begin nie, maar oor Sy werk en die begin daarvan,
en die sistematiese en orderlike vooruitgang daarvan - Gen
1:1
In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Dan,
sonder om besonderhede of verduideliking oor die oorsprong van die aarde
te verskaf, gaan die verhaal van die ses dae (epogs) van voorbereiding vir
die mens voort. Hierdie verslag word wesenlik deur die toenemende bewyse
van vier duisend jare se wetenskap geondersteun. Daarom is dit heelwat
meer redelik om te aanvaar dat sy skrywer, Moses, Goddelik geïnspireer
is, as om te aanvaar dat die verstand van een man beter was as die
gesamentlike verstand en
navorsing van die res van die
mensdom gedurende die drie duisend jare sedertdien – ondersteun deur
moderne tegnologie en amper onuitputbare geld.
Volgende,
kyk ons na die
sisteem wette wat in hierdie geskrif neergelê is. Hulle is beslis sonder
weerga, óf in hulle dag óf sedertdien, tot hierdie twintigste eeu, en
die wette van hierdie eeu is gebaseer op die beginsels wat
in die Mosaïese Wet neergelê is. Hulle is, grootendeels, deur manne wat
erken het dat die Mosaïese Wet van Goddelike oorsprong was, opgestel.
Die
Dekaloog is ‘n beknopte sinopsis van die hele wet. Daardie
Tien Gebooie gelas ‘n reglament van aanbidding en morele wat elke
student as opmerklik moet tref. As hulle nooit geken is nie, en nou eers tussen die
ruines en oudhede van Griekeland, Roma of Babilon (nasies wat, lank na
hierdie wette gegee is, opgestaan het en weer gaan lê het) ontdek is, sou
hulle as wonderbaarlik of selfs wonderdading beskou word. Maar
familiariteit met hierdie wette en hulle vereistes het na meetbare gebrek
aan belangstelling gelei, met die gevolg dat hulle werklike edelheid
ongeag word – behalwe deur die minderheid. Dit
is waar dat hierdie wette nie reguit van Christus leer nie. Dit is omdat
hulle nie aan Christene gegee is nie, maar aan die Hebreërs. Hulle doel
was nie om geloof in ‘n losprys te leer nie, maar om mense te oortuig
van hulle sondige toestand - en hulle behoefte aan ‘n losprys en
Verlosser. Die hoofsaak van daardie gebooie is op ‘n wonderlike wyse,
deur ons deurligtige Stigter van die Christendom, met die volgende woorde,
verkort: Mar
12:30, 31
“en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou
hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste
gebod, en die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê
soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.“
Die
heerskappy, wat deur Moses ingestel is, het van al die ander (outyds sowel
as modern) verskil insover dit beweer het dat dit deur die Skepper self
gegee is, en die mense aan Hom aanspreeklik was. Hulle
wette en instellings, burgerlik en godsdienstig, is van God self afkomstig,
het hulle beweer. Soos ons binnekort sal sien, was hulle in perfekte
harmonie met God se karakter, volgens wat ons verstand vir ons leer. Die
Tabernakel, wat in die middel van die kamp gestaan het, het in die
kompartement wat as die Allerheiligste bekend gestaan het, ‘n
manifestasie van die teenwoordigheid van Jehovah as hulle Koning gehad. Dit
was hiervanaf, op bonatuurlike wyse,
dat hulle instruksies ontvang het vir die regmatige administrasie
van hulle landsake. ‘n
Priesterlike orde, wat ten volle in beheer was van die tabernakel, is
gevestig. Alleenlik deur
hulle is toegang tot, en gemeenskap met, Jehovah toegelaat. In hierdie verband, sal die eerste gedagte van sommige miskien
wees, “Ha, daar het ons die doelwit van hulle organisasie. Met
hulle, net soos met ander nasies, het die priesters die volk regeer, hulle
liggelowigheid op hulle opgelê en hulle vrese opgewakker – alles vir
eie gewin en eer.” Maar
wag, vriend; laat ons nie te haastig wees om iets te aanvaar nie.
Waar daar so ‘n goeie geleentheid is om, met die feite, hierdie
saak te toets, sou dit onredelik wees om, sonder die feite, tot ‘n
gevolgtrekking te kom. Die
onweerlegbare bewyse is met sulke veronderstellings in teenstelling. Die regte en voorregte van die priesters was beperk. Hulle het
hoegenaamd geen siviele mag besit nie, en daar was ‘n totale gebrek aan
geleentheid om op die regte of gewetens van die volk ‘n indruk te maak.
Hierdie akkoord is deur Moses – ‘n lid van die prieterlike linie –
gemaak.
As
God se teenwoordiger wat Israel uit Egiptiese slawerny gebring het, is die
gedwee Moses, deur die mag van omstandighede wat in sy hand gesentraliseer
was, in ‘n outokraat verander sover mag en gesag betref. Maar,
deur die gedweeheid van sy geaardheid, was hy inderwaarheid die oorwerkte
dienaar van die volk. Sy
blote lewe was besig om deur die drukkende sorge van sy posisie, uitgeput
te word. Op daardie tydstip is daar ‘n siviele regering gestig wat
eintlik ‘n demokrasie was. Moet
ons nie verkeerd verstaan nie. Diegene wat as ongelowiges beskou word sou
Israel se regering as ‘n demokrasie ag, maar in die lig van sy eie
aansprake was dit ‘n teokrasie, d.w.s ‘n Goddelike regering, want die
wette wat God, deur Moses, gegee het, het geen wysiging toegelaat nie.
Hulle mag niks by die wetskode bylas of daarvan weglaat nie. In
hierdie lig gesien, was die regering van Israel anders as enige ander
siviele regering, voorheen of sedertdien. Num
11:16,17
Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die
oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die
volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat
hulle daar by jou kan staan. Dan
sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal
Ek afsonder en op hulle lê; en hulle
sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef
te dra nie. Lees
ook verse 24 to 30 vir ‘n
voorbeeld
van ware, eerlike staatsmanskap en gedweeheid. Toe Moses van die geval
vertel, het hy geskryf, Deu 1:15
Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne,
geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en
owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en
opsigters volgens julle stamme. (Sien ook Eks. 18:13-26)
Dit
sal dus voorkom dat hierdie voortreflike wetgewer glad nie gepoog het -
deur die regering van die volk onder die beheer van sy direkte familielede
van die priesterlike stam te plaas – om sy eie mag te vermeerder en die
regte en vryhede van die volk, deur hulle godsdienstige gesag te gebruik,
nie. Inteendeel het hy ‘n
regeringstyl
ingestel wat bereken was om die gees van vryheid vry te stel.
Die geskiedenisse van ander nasies en heersers toon geen parallel
hieraan nie. In elke geval het die ander heersers hulle eie verheerliking
en groter mag gesoek. Selfs in gevalle waar die heersers gehelp het om
republieke te stig, het dit uit daaropvolgende gebeurtenisse geblyk dat
hulle dit deur politiek gedoen het om witvoetjie onder die volk te soek,
en hulle eie mag te bestendig. Onder die omstandighede waar Moses hom
bevind het, sou enige eersugtige man wat deur politiek beheer is en wat
gepoog het om bedrog teen die volk te laat voortbestaan, na groter
sentralisasie van mag in homself en sy familie werk. Dit
is veral waar as dit na ’n maklike taak gelyk het weens die feit dat die
godsdienstige gesag alreeds in daardie stam gesetel is, en boonop van die
feit dat hierdie volk beweer het dat hulle deur God – van die tabernakel
af – regeer was. Ons mag ook nie veronderstel dat ‘n
man wat bekwaam was om sulke wetgewing te formuleer, en so ‘n
volk
te regeer, so swak van begrip sou wees dat hy nie die neiging van sulke
optrede sou sien nie. Die
regering van die volk is so geheel en al in hulle eie hande geplaas dat,
alhoewel dit gestipuleer is dat meer gewigtige sake waaroor die
goewerneurs nie ‘n
beslissing kan neem nie, na Moses toe gebring moet wees, tog was hulle die
beoordelaars van watter sake voor Moses moet kom. Maar die saak wat vir
julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor
neem. (Deut.1:17)
In
dié lig gesien, was Israel ‘n republiek wat onder Goddelike opdrag
opgetree het. Tot die
verwarring van diegene wat onwetend beweer dat die Bybel ‘n bevestigde
heerskappy oor die volk, instede van “’n regering van die volk deur
die volk”, is, moet kennis geneem word dat hierdie republikeinse styl
van regering vir meer as vierhonderd jaar in plek was. Daarna,
op die versoek van “Die Ouderlinge”, is dit – sonder die goedkeuring
van die HERE, in ‘n koninkryk omgeskep. God het aan Samuel, wie as ‘n
soort informele president opgetree het, gesê (1Sa
8:7):
....: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want
nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor
hulle te wees nie. Op
aandring van God, het Samuel aan die volk verduidelik hoe hulle regte en
vryhede verontagsaam sou wees, en hulle, deur hierdie varandering,
bediendes sou word. Tog het hulle op die gewilde begrip - wat deur ander
nasies om hulle geïllustreer was - versot geraak (I Sam.8:6-22). As ons
hierdie verhaal van hulle begeerte na ‘n koning in ag neem, kom
die gedagte op dat Moses homself, sonder moeilikheid, as die heerser van
‘n groot ryk kon gevestig het.
As
‘n geheel, het Israel uit een nasie bestaan, maar die onderverdeling in
stamme was, na die dood van Jakob, altyd ‘n wesenlikheid. Elke familie
of stam het eenstemmig sekere lede as verteenwoordigers of hoofmanne
verkies om hulle te verteenwoordig. Hierdie
gebruik is selfs deur die lang tydperk van slawerny in Egipte voortgesit. Hulle is hoofmanne of ouderlinge genoem, en dit was aan hulle
wat Moses die eer en gesag van siviele heerskappy oorhandig het. Ons
moet besef dat, sou hy die gesag in homself and sy eie familie wou vestig,
dan was hierdie manne die laaste keuse om met gesag en amp te eer.
Dit
is aanvaar dat dié manne deur God aangestel is vir siviele heerskappy, en
die opdragte wat aan hulle gegee is, was ‘n model van eenvoudigheid en
reinheid. In die teenwoordigheid van die regters het Moses vir die volk
verklaar (Deu
1:16,17): En
ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle
broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ‘n man en sy broer en die
vreemdeling wat by hom is. Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet
klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die
gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet
julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem. Na die dood van
Moses was sulke moeilike sake deur die Hoër Priester direk voor die HERE
gebring. Die antwoord was Ja of Nee, deur die Urim en Tummim gegee.
Dit
sal dus voorkom dat hierdie voortreflike wetgewer glad nie gepoog het -
deur die regering van die volk onder die beheer van sy direkte familielede
van die priesterlike stam te plaas – om sy eie mag te vermeerder en die
regte en vryhede van die volk, deur hulle godsdienstige gesag te gebruik,
nie. Inteendeel het hy ‘n
regeringstyl
ingestel wat bereken was om die gees van vryheid vry te stel.
Die geskiedenisse van ander nasies en heersers toon geen parallel
hieraan nie. In elke geval het die ander heersers hulle eie verheerliking
en groter mag gesoek. Selfs in gevalle waar die heersers gehelp het om
republieke te stig, het dit uit daaropvolgende gebeurtenisse geblyk dat
hulle dit deur politiek gedoen het om witvoetjie onder die volk te soek,
en hulle eie mag te bestendig. Onder die omstandighede waar Moses hom
bevind het, sou enige eersugtige man wat deur politiek beheer is en wat
gepoog het om bedrog teen die volk te laat voortbestaan, na groter
sentralisasie van mag in homself en sy familie werk. Dit
is veral waar as dit na ’n maklike taak gelyk het weens die feit dat die
godsdienstige gesag alreeds in daardie stam gesetel is, en boonop van die
feit dat hierdie volk beweer het dat hulle deur God – van die tabernakel
af – regeer was. Ons mag ook nie veronderstel dat ‘n
man wat bekwaam was om sulke wetgewing te formuleer, en so ‘n
volk
te regeer, so swak van begrip sou wees dat hy nie die neiging van sulke
optrede sou sien nie. Die
regering van die volk is so geheel en al in hulle eie hande geplaas dat,
alhoewel dit gestipuleer is dat meer gewigtige sake waaroor die
goewerneurs nie ‘n
beslissing kan neem nie, na Moses toe gebring moet wees, tog was hulle die
beoordelaars van watter sake voor Moses moet kom. Maar die saak wat vir
julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor
neem. (Deut.1:17)
In
dié lig gesien, was Israel ‘n republiek wat onder Goddelike opdrag
opgetree het. Tot die
verwarring van diegene wat onwetend beweer dat die Bybel ‘n bevestigde
heerskappy oor die volk, instede van “’n regering van die volk deur
die volk”, is, moet kennis geneem word dat hierdie republikeinse styl
van regering vir meer as vierhonderd jaar in plek was. Daarna,
op die versoek van “Die Ouderlinge”, is dit – sonder die goedkeuring
van die HERE, in ‘n koninkryk omgeskep. God het aan Samuel, wie as ‘n
soort informele president opgetree het, gesê (1Sa
8:7):
....: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want
nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor
hulle te wees nie. Op
aandring van God, het Samuel aan die volk verduidelik hoe hulle regte en
vryhede verontagsaam sou wees, en hulle, deur hierdie varandering,
bediendes sou word. Tog het hulle op die gewilde begrip - wat deur ander
nasies om hulle geïllustreer was - versot geraak (I Sam.8:6-22). As ons
hierdie verhaal van hulle begeerte na ‘n koning in ag neem, kom
die gedagte op dat Moses homself, sonder moeilikheid, as die heerser van
‘n groot ryk kon gevestig het.
As
‘n geheel, het Israel uit een nasie bestaan, maar die onderverdeling in
stamme was, na die dood van Jakob, altyd ‘n wesenlikheid. Elke familie
of stam het eenstemmig sekere lede as verteenwoordigers of hoofmanne
verkies om hulle te verteenwoordig. Hierdie
gebruik is selfs deur die lang tydperk van slawerny in Egipte voortgesit. Hulle is hoofmanne of ouderlinge genoem, en dit was aan hulle
wat Moses die eer en gesag van siviele heerskappy oorhandig het. Ons
moet besef dat, sou hy die gesag in homself and sy eie familie wou vestig,
dan was hierdie manne die laaste keuse om met gesag en amp te eer.
Dit
is aanvaar dat dié manne deur God aangestel is vir siviele heerskappy, en
die opdragte wat aan hulle gegee is, was ‘n model van eenvoudigheid en
reinheid. In die teenwoordigheid van die regters het Moses vir die volk
verklaar (Deu
1:16,17): En
ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle
broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ‘n man en sy broer en die
vreemdeling wat by hom is. Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet
klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die
gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet
julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem. Na die dood van
Moses was sulke moeilike sake deur die Hoër Priester direk voor die HERE
gebring. Die antwoord was Ja of Nee, deur die Urim en Tummim gegee.
Hierdie
feite in oënskou geneem, wat sal ons sê van die teorie wat
voorstel dat hierdie boeke deur skelm priesters geskryf is om vir hulself ‘n
posisie van invloed en mag oor die volk te verseker? Sou sulke manne –
selfs vir so ‘n
doel – die optekeninge wat die presiese doelwitte wat hulle gepoog het
om te bevorder, vervals? Dit
was optekeninge wat onweerlegbaar bewys dat die Groot Hoof van Israel, en
een van hulle eie stam, wat, in antwoord op God se opdrag, die priesterdom
van siviele mag afgesny het
– en die mag in die hande van die volk geplaas het. Sou iemand in
oorweging neem dat so ‘n
slotsom
redelik kan wees?
Dit
is alweer opmerkbaar dat die wette van die meeste gevorderde beskawings
– hier in die twintigste eeu – niks meer sorgvuldig is vir die
versekering dat die rykes en die armes op ‘n
gelyke vlak van aanspreeklikheid voor die siviele wet staan nie. In die
wet van Moses was daar hoegenaamd geen onderskeiding nie. Daar
is geen ander nasionale wetgewing gepromulveer nie wat so versigtig
verseker het dat hierdie punt bewaar word, naamlik, dat die volk beskerm
moet wees teen die gevare inherent in die situasie waar sekere mense
brandarm word, terwyl ander
oormatig ryk en magtig word. Die
wet van Moses het voorsien dat restitusie elke vyftigste jaar moet
plaasvind – in hulle Jubeljaar. Deur
die absolute vervreemding van eiendom
te verhoed, het
hierdie wet die ophoping daarvan in die hande van net ‘n
paar, voorkom (Lev.25:9, 13-23, 27-30). Hulle is, inderwaarheid, geleer om
mekaar as broeders te beskou, en daarvolgens op te tree.
Hulle moes mekaar, sonder vergoeding, help, en geen rente of wins
van mekaar eis nie. (Sien Lev.22:25; 25:36,37; Num. 26:52-56).
Al
die wette was rugbaar gemaak, en daardeur was dit onmoontlik vir
intrigerende manne om met die regte van die volk te peuter. Die
wette is op so ‘n wyse
bekendgestel dat enigeen wat wou, hulle kon naboots. Verder,
om te verseker dat selfs die armstes en mees ongeleerdes nie daarvan
onkundig sou wees nie, was dit die plig van die priesters gemaak om hulle
(die wette), by hulle sewejaarlikse feeste, aan die volk voor te lees
(Deut. 31:10-13). Is dit
redelik om te veronderstel dat sulke wette en skikkings deur skurke of
manne wat gekonkel het om die volk van hulle vryhede en geluk te ontneem,
ontwerp is? So ‘n
veronderstelling sou onredelik wees.
Deur
sy eerbied vir die regte en belange van uitlanders en vyande, was die Mosaïese
wet 32 eeue voor sy tyd. Maar,
ons moet self besluit of die wette van die beskaafste nasies van vandag
die wet van Moses in regverdigheid en welwillendheid kan ewenaar. Ons lees:
Exo 12:49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die
vreemdeling wat onder julle vertoef.
Lev 24:22 Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet
soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God. Lev
19:33,34
En as ‘n vreemdeling
by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die
vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ‘n kind van
die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want
julle was vreemdelinge in Egipteland.
Ek
is die HERE julle God Exo
23:4,5
As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal,
moet jy dit sekerlik vir hom terugbring. As
jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie
onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.
Selfs
die stomme diere is nie vergete nie.
Wreedaardigheid aan hulle sowel as aan die mens is ten strengste
verbode. ‘n Bees, terwyl hy koring dors, mag nie gemuilband wees nie,
vir die eenvoudige rede dat enige arbeider sy kos werd is.
Selfs die os en die esel mag nie saam voor die ploeg ingespan wees
nie, omdat dit, weens die oneweredige krag en tree, wreedheid sou wees. Hulle
rus is ook voorsien. (Sien Deut. 25:4; 22:10; Eks.23:12)
Die
priesterdom mag deur sommige beskuldig word dat dit ‘n
selfsugtige instelling was, weens die feit dat die stam van die Leviete
deur die jaarlikse tiende van hulle broeders in die ander stamme onderhou
is. Hierdie feit, as dit so
gestel word, is ‘n
onregverdige voorstelling wat baie algemeen onder die twyfelaars voorkom. Dit
is moontlik dat hulle, onwetend, hierdeur, een van die merkwaardigste
bewyse van God se aandeel in die samestelling van daardie sisteem,
verdraai – bewyse dat die sisteem nie die werk was van ‘n selfsugtige
en konkelende priesterdom nie. Inderdaad, dit is dikwels deur die moderne
priesterdom skeef voorgestel. Hulle
dring aan dat ‘n soortgelyke sisteem ingestel moet word. Hulle
gebruik die ou sisteem as ‘n presedent, sonder om melding te maak van
die voorwaardes waarop dit gevestig is, of die wyse van betaling.
Dit
is, inderwaarheid, onder die strengste regverdigheid ingestel.
Toe Israel besit geneem het van die Land van Kanaan, het die
Leviete sekerlik net soveel reg gehad op ‘n aandeel in die land as die
ander stamme, maar, deur God se uitdruklike bevel, het hulle niks daarvan
ontvang nie, behalwe sekere stede of dorpies as blyplek, deur die
verskillende stamme versprei, sodat hulle hulle godsdienstig kon bedien.
Hierdie verbodsbepaling is, voor die land opgedeel is, nege keer
gegee. Dit was maar redelik dat daar voorsiening moes wees vir iets
anders in die plek van die grond, en wat as ekwivalent beskou kon word. Die
tiende was hierdie redelike en regverdige voorsiening.
Maar, dis nie al nie. Soos ons gesien het, is die tiende ‘n
regmatige skuld, maar dit was nie as belasting afgedwing nie. Die
tiende moes as ‘n vrywillige bydrae betaal word. Daar was geen dreigement aan die betaling van daardie bydrae
verbonde nie, en alles het van hulle pligsgetrouheid afgehang.
Die enigste vermanings aan die volk oor hierdie saak, lei soos volg:
Deu
12:19
Neem jou in ag dat jy die
Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie. Deu
14:27 Maar die
Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want
hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.
Ons
mag wel vra of dit redelik is om te veronderstel dat hierdie situasie deur
selfsugtige en ambisieuse priesters so ingestel kon wees? – ‘n
situasie om hulself te onterf en hulle vir ondersteuning, aan hulle
broeders afhanklik te maak? Leer die verstand nie vir ons die
teenoorgestelde nie?
In
samestemming hiermee, en - op die basis van enige ander redenasie as wat
hier volhou is – eweönverklaarbaar – dat God die Outeur is van
daardie wette – is die feit dat geen spesiale voorsiening gemaak is om
die priesterdom te vereer nie. Enige misleier sou baie versigtig wees om eerbied en ontsag
vir homself te voorsien, en die ergste strawwe en vloeke op diegene wat
hulle misbruik het. Maar niks
van die aard kom te vore nie. Daar
is geen spesiale vereering, of
voorsiening van hoogagting, of vrystelling van geweld of belediging, nie.
Die algemene wet, wat geen onderskeiding tussen klasse gemaak het
nie, en wat geen aannemer van die persoon was nie, was hulle enigste
skuiling. Dit is baie
opmerklik, want die hantering van bediendes en vreemdelinge, en die oues
van dae, was die onderwerp van spesiale wetgewing. Byvoorbeeld:
Exo 22:21
Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie,
want julle was vreemdelinge in Egipteland. Exo
22:22 Julle mag
geen weduwee of wese verdruk nie. Exo
22:23 As jy hulle
op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle
geroep sekerlik hoor Exo 22:24 en my toom sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard
ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word. Exo
23:9 Jy mag die
vreemdeling ook nieverdruk nie; want julle ken self die gemoed van ‘n
vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het. Lev
19:33 En as ‘n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle
hom nie verdruk nie. Lev 19:34
Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos
‘n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos
jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle
God. Lev 19:13 Jy
mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou
nie tot die môre toe bly nie. Deu
24:14 Jy mag ‘n arm
en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in
jou land in jou poorte is, nie verdruk nie Deu
24:15 Op die dag
self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie—want
hy is arm en sy siel verlang daarna—dat hy nie teen jou tot die HERE
roep en dit sonde in jou word nie. Exo
21:26 En as iemand
sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry
laat weggaan vir sy oog. Exo 21:27
En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin
uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand.
Lev
19:32
Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n
grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE. Sien ook Lev.
19:14. Daar is al hierdie voorsiening, maar niks spesiaals vir
Priesters, Leviete of hulle tiendes nie.
Die
sanitêre voorsiening van die wet, so noodsaaklik vir ‘n volk wat arm en
lank verdruk was, tesame met die reëlings en beperkings rondom rein en
onrein diere wat mag of nie mag geëet word nie, is opmerklik. Saam
met ander verskynsels, sou hierdie voorsieninge belangwekkend gewees het,
as daar net genoeg spasie was om hulle te ondersoek. Onder andere, sou dit
vir ons gewys het dat, op hierdie onderwerp, die wet naas die jongste
bevindinge van die mediese wetenskap is – as dit nie vooruit is nie. Die wet van Moses het ook ‘n tipiese karakter wat ons vir
‘n latere bespreking moet oorlaat. Selfs
hierdie haastige oogopslag het oorweldigende bewys gelewer dat hierdie
wet, wat die einste raamwerk is van die hele sisteem van geopenbaarde
godsdiens, soos die hele Bybel uitwei, werklik ‘n wonderbaarlike
vertoning van wysheid en regverdigheid is – veral as die datum daarvan
in ag geneem word.
In
die lig van gesonde verstand, moet almal toegee dat dit geen bewys dra dat
dit die werk is van bose, slu manne nie, maar dat dit presies ooreenstem
met die karakter van God, soos die natuur vir ons leer. Dit
lewer bewys van Sy Wysheid, Regverdigheid en Liefde. Verder, die
godvrugtige en adelike wetgewer, Moses, ontken dat die wette sy eie was,
en skryf hulle toe aan God (Eks. 24:12; Deut. 9:9-11; Eks. 26:30;
Lev. 1:1). In ag geneem sy
algemene karakter, en sy opdrag aan die volk om nie valse getuienis te
lewer nie, en om skynheiligheid en leuens te vermy, bly die vraag, “Is
dit redelik om te veronderstel dat so ‘n man valse getuienis gelewer het
en God se sieninge en wette met sy eie vervang het?” Ons
moet ook onthou dat ons besig is om die huidige voorbeelde van die Bybel
te ondersoek. Daarom
is die integriteit wat dit so kenmerk, ook van toepassing op Moses
se opvolgers. Alhoewel daar
onder daardie opvolgers slegte manne was, wie hulle eie gewin gesoek het,
en nie dié van die volk nie, tog is dit duidelik dat hulle nie met die
Heilige Skrifte gepeuter het nie, en hulle is tot vandag toe suiwer.
DIE
PROFETE VAN DIE BYBEL
Ons
gaan nou vinnig na die algemene karakter van die profete van die Bybel en
hulle getuienisse kyk. Dit is opmerklik dat die profete, met net ‘n paar
uitsonderings, nie in die priesterlike klas was nie, en dat hulle profesieë
in hulle dae, aan die degenereerende en onbestendige priesterdom en die
volk wat na afgodery geneig het, algemeen aanstootlik was. Die
kern van hulle boodskappe van God aan die volk was gewoonlik berisping vir
sonde saam met waarskuwings aangaande komende tugtiging. Deurmekaar gevleg
met hierdie, vind ons, so nou en dan, beloftes van toekomstige seëninge
nadat hulle van hulle sondes gereinig sou word en na die guns van die Here
sou terugkeer. Hulle ondervindinge was grootliks alles behalwe
benydenswaardig. Oor die
algemeen is hulle beskimp, en baie van hulle is in die tronk gesit en met
geweld doodgemaak. Sien I
Konings 18:4, 10, 17, 18; 19:10; Jeremia 38:6; Hebreers 11:32-38. In
sekere gevalle is hulle ware karakter as God se profete eers jare na hulle
dood erken. Maar hier praat
ons van die profetiese skrywers wie se uitlatings wat self beweer om die
direkte ingewing van Jehovah te wees.
In hierdie verband is dit goed om te onthou dat daar, in die gee
van die wet aan Israel, geen priesterlike inmenging was nie. Dit
is deur God aan die volk, deur die hand van Moses gegee (Eks.19:17-25;
Deur.5:1-5). Verder, is dit verduidelik dat dit die plig van elke man was,
wat gesien het dat die wet oortree is, om die sondaar te berispe
(Lev.19:17). Hierdeur het almal die gesag besit om te leer en te berispe,
maar omdat die meerderheid met die sorge van besigheid betrokke was –
net soos vandag – en onverskillig en ongodsdienstig geword het, het die
minderheid hierdie vereiste vervul deur sonde te berispe en godsvrug te
bevorder. In beide die Ou Testament en die Nuwe Testament word hierdie
predikers “profete” genoem. Die benaming profeet, soos in die algemeen
gebruik, beteken publieke verklaarder. Die publieke leraars van afgodery is ook profete genoem,
byvoorbeeld “die Baalprofete” ens.
Sien I Kor.14:1-6; II Pet.2:1; Matt.7:15; 14:5; Neh.6:7; I
Kon.18:40; Titus 1:12.
Profeteering,
in die algemene sin van onderrig, het later onder ‘n sekere klas, gewild
geword, en het in Fariseïsme ontaard, waar, instede van God se gebooie,
die oorlewering van die Ou Volke geleer is. Hierdeur is die waarheid
gedwaasboom, en hulle het valse profete of valse leraars geword
(Matt.15:2-9).
Uit
hierdie groot klas wat false profete genoem word, het Jehova, op
verskillende tye, sekere van hulle uitgekies. Hy
het hulle spesiaal volmag gegee om boodskappe af te lewer. Sommige van
hierdie boodskappe het oor die destydse gebeurtenisse gegaan, en ander oor
toekomstige gebeurtenisse. Ons gee nou spesiale aandag aan hierdie tweede
klas, wie gespreek en geskryf het soos hulle deur die Heilige Gees geroer
is. Hulle mag, met juistheid,
soos volg benoem word:
PROFETE
OF SIENERS WAT DEUR GOD BEMAGTIG IS
Wanneer
ons onthou dat hierdie profete hoofsaaklik leke was, en geen ondersteuning
van die priesterlike tiendes ontvang het nie, word dit duidelik dat dit
onredelik van ons sou wees om te besluit dat hierdie profete party was by
enige priesterlike verbintenis – of ander – om valshede in die Naam
van God te vervaardig. Daarby
moet ons in ag neem dat hulle dikwels konings en regters en ook priesters
(die persoonlike sondes van die manne wat die amp gevul het, en nie die
amp self nie), moes berispe. In
die lig van die feite, weerspreek die verstand so ‘n argwaan.
As
ons dan geen rede kan vind om die motiewe van die verskillende skrywers
van die Bybel te betwyfel nie, maar vind dat die gees van sy verskeie dele
regverdigheid en waarheid is, laat
ons dan nou aangaan om te verneem of daar enige skakel of verband van
eenhied tussen die opgawe van Moses, dié van die ander profete, en dié
van die Nuwe Testament skrywers bestaan. As
ons een gemene gedagterigting wat regdeur die Wet, die Profete en die Nuwe
Testament deurvleg is, en wat daardeur ‘n tydperk van 1,500 jaar dek –
die karakter van die skrywers in ag neem – kan
identifiseer, sal dit ‘n goeie rede wees om hulle bewering dat hulle
goddelik geïnspireer is, te aanvaar. Dit
is veral belangrik as die tema wat hulle almal met mekaar in gemeen het,
‘n groot en adellike een is, en wat ooreenstem met wat die geheiligde
gesonde verstand, aangaande die karakter en eienskappe van God leer.
Ons
bevind juis dit: Een plan, gees, strewe en doelwit deurdring die hele boek.
Sy openingsbladsye noteer die skepping en die val van die mens. Sy
sluitingsblaaie vertel van die mens se herstel van daardie val, en die
tussenblaaie verkondig die agtereenvolgende stappe van die plan van God
vir die totstandbrenging van die doelwit. Die
harmonie, tog kontras, tussen die eerste drie en laaste drie hoofstukke
van die Bybel is merkwaardig. Die
een beskryf die eerste skepping, terwyl
die ander die hernude of herstelde skepping, met die verwydering van sonde
en die gepaardgaande strafvloek beskryf. Die
een wys hoe Satan en boosheid die wêreld binnedring om te verlei en te
vernietig, terwyl die ander wys hoe sy werk tot niet gemaak is, en diegene
wat vernietig was, herstel is, die bose geblus en Satan vernietig.
Die een wys die heerskappy wat deur Adam verloor is. Die
ander wys hoe dit herstel is, en vir altoos deur Christus gevestig is, en
hoe God se wil op aarde en in die hemel geskied. Die
een wys hoe sonde die oplewerende oorsaak is van verslegting, skande en
die dood. Die ander wys hoe heerlikheid, eer en die lewe die beloning van
regverdigheid is.
Alhoewel
die Bybel deur baie penne, teen velerleie tydstippe, en onder verskillende
omstandighede geskryf is, is dit nie maar net ‘n versameling van morele
voorskrifte, wyse grondstellings en woorde van vertroosting nie. Dit
is baie meer. Dit is ‘n
verstandige, filosofiese en harmoniese verklaring van die oorsake van die
huidige boosheid in die wêreld, die enigste redmiddel daarvoor, en die
finale uitslae soos deur Goddelike wysheid gesien, Wie die einde van die
plan, voor die begin daarvan, gesien het, en wat die weg van God se volk
gebaan het, en hulle met uitermatig grootse en kosbare beloftes wat
mettertyd geopenbaar sou word, hoog gehou en versterk het.
Die
lering in Genesis, dat die mens, deur een verteenwoordiger in ‘n
toestand van oorspronklike volmaaktheid, getoets is en geval het, en dat
die huidige gebrekke, siekte en dood die gevolge daarvan is, maar dat God
hom nie verlaat het nie, en dat Hy hom ten laaste, deur die Saligmaker wat
deur ‘n vrou gebaar is (Gen.3:15), sal herstel, word regdeur bewaar en
uitgebou. Die noodsaaklikheid
van die dood van ‘n Verlosser, as ‘n offer vir sondes, en van Sy
regverdigheid as ‘n bedekking vir ons sondes, word deur die kleding van
velle vir Adam en Eva, aangestip. So
ook deur die aanvaarding van Abel se offer, Isaak op die altaar, die dood
van verskeie slagoffers waardeur die stamvaders toegang tot God gehad het,
en daardie wat onder die wet ingestel is en dwarsdeur die Joodse tydperk
perpetueer is. Alhoewel
oppervlakkige begrip teenoor die betekenis van sekere van hulle uitsprake
aan die profete toegeskkryf is (I Pet.1:12), maak hulle melding van die
neerlê van sondes op ‘n persoon instede van op ‘n stomme dier, en in
‘n profetiese visioen sien hulle vir Hom wat die ras sou verlos Soos
‘n lam wat na die slagplek gelei word sodat die straf wat vir ons
die vrede aanbring, was op Hom, en deur sywonde het daar vir ons genesing
gekom. Hulle het Hom uitgebeeld as verag
en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid, en
verklaar: die
HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laatneerkom. (Lees
die stuk Jes.53:3-7.) Hulle het voorspel waar hierdie Verlosser gebore sou
word (Miga 5:1), en wanneer Hy sou sterf, met die versekering dat dit nie
vir Homself sou wees nie (Dan.9:25,26). Hulle meld verskeie besonderhede
aangaande Hom – dat Hy “regverdig” en sonder “bedrog”
“geweld” of enige regverdige oorsaak van die dood was (Jes.53:8,9,11);
dat Hy vir dertig sikkels silwer verraai sou word (Sag.11:12); dat Hy, by
Sy dood, saam met die oortreders getel sou word (Jes.53:12): dat nie een
van Sy bene gebreek sou word nie (Psa.34:21; Joh.19:36); en dat, alhoewel
Hy sou sterf en begrawe word, sou Sy vlees nie verderwing sien nie, en Hy
nie in die graf sou bly nie (Psa.16:10; Hand.2:31).
Die
skrywers van die Nuwe Testament verklaar duidelik en kragtig en tog
eenvoudig, die vervulling van al hierdie voorspellings in Jesus van
Nasaret. Deur logiese
redenasie het hulle ook bewys dat die losprys wat Hy betaal het,
nodig was om die sondes van die wêreld uit te wis, en al lankal in die
Wet en die Profete voorspel is (Jes.1:18). Hulle
lê die hele plan op ‘n baie logiese en kragtige wyse uit, en doen geen
beroep op die vooroordeel of geesdrifte
van hulle hoorders nie. Hulle
het alleenlik op die ingeligte verstand staatgemaak, en het van die mees
merkwaardig noulettend en oortuigende redenasie gelewer wat enige plek op
enige onderwerp gevind kan word. Lees
Romeine 5:17-19, en vorentoe tot by die twaalfde hoofstuk.
In
die Wet, het Moses nie alleenlik na ‘n slagoffer verwys nie, maar ook na
die uitwissing van sondes en die seën van die volk onder hierdie heerlike
Verlosser, wie se krag en gesag, het hy geskryf, geweldig sy eie sou
oortref, alhoewel dit “soos jy is” (Deut.18:15,19).
Die beloofde Verlosser sou nie Israel alleen seën nie, maar deur
Israel, en
in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word. (Gen.12:3;
18:18; 26:4; 28:14). En
ongeag die bevooroordeling van die Joodse volk tot die teenoorgestelde,
het die profete in dieselfde rigting volgehou, en verklaar dat Hy die
Messias U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot
aan die einde van die aarde. (Jes.49:6; Luk. 2:32). Die
doel was dat die nasies na Hom van die eindes van die aarde af kom
(Jer.16:19) sodat Sy Naam groot onder die heidene sou wees
(Mal.1:11). En die
heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit
sien: (Isa.40:5) Lees ook
Jes.42:1-7.
Die
skrywers van die Nuwe Testament verklaar dat hulle ‘n Goddelike salwing
besit het, wat hulle vermag het om die vervulling van die profesies
aangaande die offer van Christus te besef.
Alhoewel hulle, as Jode, bevoordeeld was om te dink dat al die seëninge
tot hulle eie volk beperk was (Hand.11:1-18), was hulle in staat gestel om
te sien dat, alhoewel hulle nasie geseën sou word, al die families van
die aarde ook geseën sou word, saam met, en deur, hulle.
Hulle het ook gesien dat, voor, óf Israel, óf die wêreld, geseën
sou word, sou ‘n „klein kuddetjie“ uitgekies word – uit albei
Jodene en Heidene. Hulle sou
getoets en waardig gevind word om mede erfgename van die heerlikheid en
eer van die Heerlike Verlosser te wees. Hulle
sou ook met Hom die eer om Israel en al die nasies te seën, deel
(Rom.8:17)
Hierdie
skrywers verwys na die harmonie tussen hierdie siening en wat in die Wet
en die Profete geskryf is. Die
grootsheid en breedte van die plan wat hulle voorstel, voldoen
uitermatig aan die verhewe begrip van wat dit voorgee om te wees - ‘n
goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, (Luk.2:10).
Die
gedagte van ‘n Messias wie Heerser van nie net Israel nie, maar ook van
die wêreld, soos in die boeke van Moses voorgestel, is die tema van al
die profete. Die gedagte van die koninkryk was ook in die leringe van die
Apostels bo-op, en Jesus het ons geleer om “Laat U koninkryk kom“ te
bid. Hy het ook aan diegene
wat eers vir die waarheid sal ly, en daardeur hulself waardig bewys, ‘n
aandeel daarin belowe.
Hierdie
hoop op die komende heerlike komninkryk het al die getroues moed gegee om
vervolging te verduur, en om verwyte, ontneming en verlies – tot die
dood toe – te verdra. En in die groot allegoriese profesie aan die einde
van die Nuwe Testament, die Waardige “Lam wat geslag is“
(Open.5:12), die waardige “oorwinnaars“ wie Hy konings en priesters in
Sy koninkryk sal maak, en die beproewinge en hindernisse wat hulle moet
oorwin om waardig te wees om daardie koninkryk te deel, word almal getrou
uitgebeeld. Daarna word die
simboliese voorstelling van die seëninge wat in die Duisendjarige
heerskappy aan die wêreld ingereken sal word, voorgestel. Satan sal
gebind word, en die Adamse dood en droefheit uitgewis word, en al die
nasies van die wêreld sal in die lig van die hemelse koninkryk – die
Nuwe Jerusalem – wandel.
Van
die begin af tot die einde toe bied die Bybel ‘n
leerstelling
aan wat nêrens anders voorkom nie – ‘n toekomstige lewe vir dooies
sal deur die OPSTANDING VAN DIE DOOIES kom. Dit is in teenstelling
met die leringe van al die heidense godsdienste. Al
die besielende skrywers het hulle vertroue in Verlosser uitgedruk, en een
het verklaar dat “in die môre” wanneer God hulle uit die grafkelders
sal roep, en hulle voort sal kom, sal die goddelose nie meer die
heerskappy van die aarde besit nie, omdat die
opregtes heers oor hulle in die môre; (Psa.49:14).
Die opstanding van die dooies word deur die profete geleer, en die
skrywers van die Nuwe Testament baseer al hulle hoop op ‘n
toekomstige lewe en seën, daarop. Paulus
stel dit so: 1Co 15:13- 22 As daar
geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en
vergeefs ook julle geloof; ..... dan is ook die wat in Christus ontslaap
het verlore..... Maar
nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van
die wat ontslaap het ........ Want
soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend
gemaak word; Soos
met ‘n horlosie, wie se baie wiele eers as oortollig beskou mag wees,
maar wie se stadigste wiele onontbeerlik is, so ook met die Bybel - wat
uit baie dele bestaan, en deur baie penne voorberei is. Dit is een volledig en eensgesinde heel. Nie een enkele deel
is oortollig nie, en alhoewel sekere dele meer aktiewe en prominente rolle
speel as ander, is almal nuttig en noodsaaklik. Onder die “gevorderde
denkers“ en “verhewe teoloë“ van ons dag, word dit nou gewild om
baie van die “wonderwerke“ van die Ou Testament ligtelik op te neem
of te ontken (as hulle hulle nie ignoreer nie), en noem hulle ”ou vrou
stories.“ Onder
hierdie is die verhale van Jona en die groot vis, Noag en die ark, Eva en
die slang, die son wat stilgestaan het toe Josua dit so beveel het, en
Bileam se esel wat gepraat het. Dit
wil voorkom of hierdie wyse manne die feit oorsiendat die verskeie dele
van die Bybel so verweef en vereenig is dat, om hierdie wonderwerke
daaruit te ruk, of om hulle in tywyfel te trek, sal so goed wees as om die
hele Bybel te diskrediteer. Ons moet een
ding weet. As die oorspronklike weergawes fals is, dan is die mense wat
dit vertel het óf leuenaars, óf self bedrieg is. In
ieders geval sal dit vir ons onmoontlik wees om hulle getuienis as
Goddelik ingewing te aanvaar. Om
die wonderwerke wat gemeld is, uit die Bybel te verwyder, sou die
getuienis van sy hoofskrywers ongeldig maak – bowendien dié van onse
Here Jesus. Die verhaal van
die val is deur Paulus beaam (Rom.5:17); so ook Eva se verleiding deur die
slang (II Kor. 11:3; I Tim. 2:14). Sien ook die Here se verwysing na die
laasgenoemde in Openbaring 12:9 en 20:2. Die stilstand van
die son by die vernietiging van die Amoriete, as bewys van die mag van die
Here, is klaarblyklik ‘n tipe van die krag wat in die toekoms vertoon
gaan word – op daardie ”dag
van die Here“ deur die hand van Hom wat Josua getipeer het. Hierdie
word deur drie profete bevestig, naamlik Jes.28:1; Habak.2:1-3, 13,14; en
3:2-11; Sag.14:1,6,7. Die
verhaal van die esel wat gespreek het word deur Judas (Judas:11) en Petrus
(II Pet.2:16) bevestig. En
ons Groot Leermeester bevestig die verhale van Jona en die groot vis, en
van Noag en die sondvloed (Matt.12:40; 24:38,39; Luk. 17:26). Sien ook I
Pet.3:20. Waarlik, hierdie
wonderwerke is niks groter as dié wat deur Jesus en Sy apostels verrig is
– soos die water wat in wyn verander is, die genesing van siektes, ens. As
wonderwerk, was die ontwaking van die dooies die mees wonderlik van almal.
Hierdie
wonderwerke, wat vandag in ons ervaring ongewoond is, is daagliks om ons
ewewydig, maar omdat hulle so algemeen is, word hulle nie deur ons
opgemerk nie. Die voortplanting van lewendige organismes – óf van dier óf
van plant – is buite ons begrip, sowel as buite ons mag, en
daarom wonderbaarlik. Ons kan
die uitvoering van die beginsel van die lewe sien, maar ons kan dit nie
verstaan of produseer nie. Ons
plant twee sade langs mekaar. Die
toestande, lug, water en grond is identies. Hulle
groei, maar ons kan nie sê hoe nie. Die
verstandigste filosoof kan hierdie wonderwerk nie uitklaar nie. Hierdie sade ontwikkel in organismes van teenoorgestelde
neigings. Een kruip terwyl
die ander regop staan. Hulle verskil in vorm, blom en kleur. Alles
verskil alhoewel die toestande identies is. Sulke wonderwerke raak vir ons algemeen, en, soos ons die
verwondering van ons kinderjare varlaat, hou ons op om hulle as
wonderwerke te beskou. Maar
tog openbaar hulle ‘n mag net soveel groter as ons s’n, en net soveel
buite ons beperkte verstand, as die paar wonderwerke wat, vir spesiale
doeleindes en opsetlike illustrasies van die Almag en vermoë van die
Groot Skepper om elke hindernis te oorval, en om Sy wil te laat geskied, in die Bybel opgeskryf is. Dit sluit in die belofte aan ons van opstanding uit die dode
uit, die vernietiging van die bose, en die uiteindelike heerskappy van
nimmereindigende regverdigheid.
Hier
sluit ons ons betoog af. Elke
stap is deur verstand getoets. Ons het gevind dat daar ‘n God is, ‘n
opperste, verstandige Skepper in Wie wysheid, geregtigheid, liefde en mag
en volmaakte harmonie bestaan. Ons het gevind dat dit redelik is om ‘n openbaring van Sy
planne aan Sy skepsels wat bekwaam is om hulle te waardeer en daarin
belang te stel, te verwag. Ons het gevind dat die Bybel, wat verklaar dat
dit daardie openbaring is, oorweging waardig is. Ons
het die skrywers daarvan en hulle moontlike doelwitte, in die lig van
hulle boodskappe, geondersoek. Ons
was verbaas, en ons verstand het vir ons vertel dat sulke wysheid,
gepaard met sodanig groot reinheid van beweegrede, nie die geslepe plan
van slu manne vir selfsugtige doele, was nie.
Die verstand het aangespoor dat dit baie meer waarskynlik is dat
sulke regverdige en weldadige sentimente en wette van God moet wees, en
nie van die mens nie. Dit het ook aangedring dat hulle nie die werk van skelm
priesters kon wees nie. Ons
het die harmonie van die getuienis rondom Jesus gesien, Sy
losprys-opoffering, en die opstanding en die seën van almal in Sy
heerlike koninkryk hierna, as die uitslag. Die verstand het ons oortuig
dat ‘n plan wat so groot en alomvattend is, en wat verby alles is wat
ons andersins rede het om te verwag, maar wat tog op sulke redelike
gevolgtrekkings gebaseer is, die plan van God wat ons soek moet wees.
Dit kan nie sommer die uitvindsel van die mens wees nie omdat,
selfs wanneer dit geopenbaar word, is dit amper te groot om deur die mens
geglo te word.
Toe
Columbus die Orinocorivier ontdek het, het iemand gesê dat hy ‘n eiland
gevind het. Sy antwoord was: “Geen
rivier soos hierdie vloei van ‘n eiland af nie. Hierdie magtige
stortvloed moet die waters van ‘n vasteland dreineer.”
Op soortgelyke wyse oortuig die diepte en mag en wysheid en bestek
van die Bybel se getuienis vir ons dat nie ‘n mens nie, maar Almagtige
God die Outeur van sy planne en openbaringe moet wees. Ons
het maar vlugtig na die oppervlakeise van die Skrifte dat hulle van
Goddelike oorsprong is, gekyk, en hulle redelik bevind. Die
hoofstukke wat hierdie een opvolg sal verskeie dele van God se plan
ontplooi, en sal, so vertrou ons, aan
elke openhartige verstand genoegsame bewys gee dat die Bybel ‘n
Goddelik-geïnspireerde openbaring is, en dat die lengte en breedte en
hoogte en diepte van die plan wat dit ontplooi, die Goddelike karakter,
wat voorheen maar vaag begryp is, maar wat nou in die lig van die
aanbreekende Duisenjarige Dag, meer duidelik gesien is, heerlik weerspieël.
WAARHEID MEES WAARDEVOL
Groot
waarhede word duurgekoop. Die algemene waarheid.
Soos wat die mens gee en vat, dag na dag,
Kom in die algemene wandel van gemaklike lewe,
Deur die sorglose wind oor ons weg gewaai.
Groot
waarhede word duur gewen; nie per toevalnie,
Ook nie op die asem van ‘n somersdroom gesweef nie;
Maar in die groot worstelling van die siel gegryp,
Harde stamperydeur teengestelde wind en stroom.
Soms,
tussen konflik, gewoel, vrees en droefheid,
Wanneer die groot hand van God, in mag uitgestrek,
Die ondergrond van die stilstaande siel omploeg,
Dit bring verbergte waarheids-sade na die lig.
Nie
in die algemene mark nie, tussen koring en wyn nie;
Nie in die handelsware van goud en edelstene nie;
Nie in die wêreld se vrolike saal van middernag lag nie,
Of tussen die gloed van koninklike diademe nie;
Nie
in die algemene botsing van menslike geloofsbelydenisse nie
Of in die handelsware tussen kerk en wêreld nie,
Is die skone skat van die waarheid gevind, tussen drabok en
onkruid
Ook nie haar skone bannier in hulle midde ontvou nie.
Waarheid
spring soos die oes van goedgeploegde lande,
Belonend aan geduldige geswoeg,en geloof en ywer.
Aan die wat haar so soek,bring sy ewig voort
Haar rykste skatte vir hulle voortdurende welvaart. |