Hierdie
drie groot epogge verteenwoordig drie onderskeie manifestasies van
Goddelike voorsorg. Die
eerste een – van die skepping tot die Sondvloed – was onder die
bediening van die engele, en word deur Petrus ”Die
Toenmalige Węreld”
genoem. (II Pet.3:6).
Die
tweede groot epog, van die Sondvloed tot by die bevestiging van die
Koninkryk van God, is onder die beperkte beheer van Satan, (die
owerste van hierdie węreld), en word daarom ”Die Teenwoordige Bose Węreld”
genoem
(Gal.1:4; II Pet3:7).
Die
derde sal ‘n węreld wees vir alle ewigheid (Jes. 45:17). Dit
sal onder Goddelike bediening wees – die koninkryk van God, en word “Die
toekomstige węreld” genoem.
(Heb.2:5; IIPet.3:13).
Die
eerste van hierdie tydperke, of “węrelde”,
onder die bediening van engele, was ‘n misukking. Die tweede, onder die heerskappy van Satan, die oorweldiger,
is sowaar ‘n “bose węreld”. Maar,
die derde sal ‘n era van regverdigheid en seëning wees vir al die
families van die aarde.
Die
laaste twee van hierdie “węrelde” word mees pertinent gemeld, en die
relevante verklarings daaromtrent is in sterk teenstelling.
Die huidige, of tweede, tydperk, word “die teenwoordige bose węreld”
genoem, nie omdat daar niks goeds daarin is nie, maar omdat die bose word
daarin toegelaat om te heers.
“En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die
wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry“
Mal
3:15. Die derde węreld
of epog word ook genoem “nuwe
aarde (Toekomstige węreld)
- waarin geregtigheid woon“ (II
Pet.3:13) – nie omdat daar geen bosheid teenwoordig is nie, maar omdat
die bose nie die oorhand sal hę
nie. Die uitwissing van
boosheid sal geleidelik wees, en sal die hele eerste duisend jaar neem. Die bose sal nie daar heers nie. Dit sal nie floreer nie. Die tyd waar die bose sal floreer sal
verby wees. Inteendeel, “In
sy dae sal die regverdige bloei”
(Psa.72:7), hulle „sal ... die goeie van die land eet,“
(Jes.1:19), en “die kwaaddoeners sal uitgeroei word“
Psa.37:9.
In
hierdie lig gesien, sal die volgende dispensasie so anderste wees dat dit,
in elke opsig, heeltemal die teenoorgestelde van die huidige een sal wees.
Ons
Here se woorde wys vir ons waarom daar ‘n
verkil
tussen die huidige en toekomstige dispensasies gaan wees. Die
rede is dat Hy die Prins of Heerser van die toekomstige węreld
sal wees. Dit sal in regverdigheid en waarheid floreer. Daarby,
omdat Satan die prins (heerser) van die huidige bose węreld is, bloei die
boosheid en floreer die bose. Die
rede is, soos Jesus gesę het, “die
owerste van hierdie węreld kom en het aan My niks nie.“
(Joh.14:30) Gevolglik, het
Satan geen belangstelling in Sy volgelinge nie, behalwe om hulle teen te
staan, versoek, vererg en stamp (Joh.14:30; II Kor.12:7). Die gevolge is dat, in hierdie teenwoordige bose węreld,
of epog, wie ook al vroom wil lewe, onder vervolging sal ly terwyl die
bose soos ‘n groen inlandse
boom sal floreer (Psa.37:35; II Tim.3:12).
Jesus
het gesę,
“My
koninkryk is nie van hierdie węreld nie;“ (Joh.18:36), en totdat
die era of “toekomstige węreld”
wel aanbreek, sal Christus se koninkryk nie die aarde beheer nie. Dit
is die rede dat ons geleer word om te hoop en bid ”Laat U koninkryk kom.
Laat U wil geskied, soos in
die hemel, net so ook op die aarde.” Satan
is die owerste van
“die węreldheersers van die duisternis van hierdie eeu.“
(Efes.6:12). Daarom
sal “duisternis ... die aarde oordek en donkerheid die volke;“ (Isa.60:2).
Hy regeer en werk op die
oomblik in die harte van die kinders van ongehoorsaamheid. (Efes.2:2;
6:12).
Daar
moet ‘n
sekere, baie belangrike deel van die Groot Argitek se plan vir die mensdom
se saligheid wat nog nie ten volle ontwikkel is nie, wees – anders sou
die nuwe prins en nuwe dispensasie al lankal ingestel gewees het. Die
rede waarom dit vir ‘n bepaalde tyd uitgestel is, asook die wyse van
verandering van die huidige heerskappy van boosheid onder Satan na dié
van geregtigheid onder Christus, is punte van belangstelling wat hierna
meer volledig verduidelik gaan word. Dit
is solank voldoende om te sę dat die koninkryke van die węreld, vir die
huide aan Satan onderdanig, op die gepaste tyd, die koninkryke van onse
Here en Sy Christus word (Openb. 11:15).
Die samehang dui aan dat die verandering deur ‘n algemene tyd van
moeilikheid tot stand gebring gaan word. Met
verwysing hierna het Jesus gesę (Mar
3:27),
“Niemand kan in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof as
hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.“ Ons
leer hierdeur dat Satan eers gebind, bedwing en onttroon moet word, voor
Christus se heerskappy van
geregtigheid en vrede kan vestig. Hierdie bind van Satan word gevolglik
aangewys as die eerste werk van die nuwe dispensasie (Openb.20:2).
Dit
moet onthou word dat die aarde die basis is van al hierdie “węrelds”
en dispensasies, en alhoewel die eeue verbygaan, en dispensasies verander,
tog gaan die węreld aan - “en
die aarde bly vir ewig staan“
(Pred. 1:4). In dieselfde
simboliek noem Petrus elkeen van hierdie tydperke ‘n afsonderlike hemele
en aarde. Hier simboliseer die woord hemele die hoër of
geestelike beheerende magte, en aarde simboliseer menslike regering
en maatskaplike skikkings. Gevolglik
is die eerste hemele en aarde – of die bedeling en skikking van dinge
wat toe bestaan het – deur die sondvloed beëindig omdat hulle doel
bereik was. Maar die fisiese
hemele (uitspansel en atmosfeer), en die fisiese aarde, het nie
verbygegaan nie. Hulle het aangebly. Eweneens
sal die huidige węreld
(hemele en aarde) met ‘n groot geraas, vuur, en
smelting – verwarring, moeilikheid en ontbinding – verbygaan.
Die sterk man (Satan) sal, omdat hy gebind is, sukkel om sy mag te
behou. Die huidige bedeling
of skikking van heerskappy en die samelewing – nie van die fisiese
uitspansel en aarde nie - sal verbygaan. Die huidige hemele
(magte van geestelike beheer) moet padgee vir die “nuwe
hemele“ – Christus se geestelike heerskappy.
Die huidige aarde (menslike samelewing wat nou onder Satan
se beheer ingerig is) moet (simbolies) smelt en ontbind word. Dit
sal aan die begin van “die dag van die HERE“ wat sal “brand
soos ‘n oond“ Mal.4:5,1gebeur. Daarna
kom die “nuwe aarde“, d.w.s samelewing wat in harmonie met die aarde
se nuwe Prins, Jesus Christus, herskik is. Regverdigheid,
vrede en liefde sal onder die mensdom heers wanneer die huidige skikkings
padgegee het vir die nuwe en beter koninkryk. Die basis hiervan sal die
strengste geregtigheid wees.
Paulus
het ‘n glimp van die volgende dispensasie gesien. Hy het dit die “toekomstige
węreld”
genoem. Hy vertel dat hy
fisies of geestelik, of altwee – hy was nie seker nie, omdat dit
so werklik was - en langs die stroom van tyd tot by die nuwe bedeling in
die “nuwe
hemel“ – dus die “derde hemel“ “weggeruk“ is. Hy het derhalwe dinge gesien soos hulle onder die geestelike
heerskappy van Christus gaan wees. Hy
het dinge gesien wat hy nie mag uitspreek nie (II Kor.12:2-4). Hierdie
dinge is ongetwyfeld dieselfde dinge wat Johannes later gesien het.
Johannes is toegelaat om hulle aan die kerk simbolies te
verklaar. Hulle sal verstaan
word soos hulle gebeur.
In die openbaring wat deur
onse Here op die eiland van Patmos aan Johannes gegee is, is Johannes, in
hierdie visioen, deur die Christeneeu gedra. Hy
het die veranderende tonele van kerk en staat gesien, tot by die einde van
die huidige bose węreld, of epog. Daar het hy in profetiese visioene
Satan gebind gesien. Hy het
ook gesien hoe Christus geheers het, en hoe die nuwe hemel en die nuwe
aarde gevestig is, want die eerste hemel en die eerste aarde het
verbygegaan (Openb.21:1).
EEUE
OF DISPENSASIES
DIE VORIGE WęRELD
|
DIE HUIDIGE WęRELD
PATRIARGAAL
|
JOODS
|
EVANGELIES
|
|
TOEKOMSTIGE WęRELD
|
Ons
kyk nou na die eeue waarin hierdie groot epogge onderverdeel is, soos in
die volgende diagram geďllustreer word.
Die
eerste van hierdie groot epogge (węrelde) is nie onderverdeel nie. God se
manier om met die mens te handel het in hierdie hele tydperk – van die
sondeval tot by die sondvloed - nie verander nie. God
het Sy wet aan die mens gegee, in sy einste natuur geskrewe. Maar,
nadat hy gesondig het, het Hy die mens gelos om sy eie gang te gaan. Die
koers wat die mens gevolg het was afwaarts, en “altyddeur
net sleg.“
(Gen.6:5) God se plan vir die mens was dat hy hierdeur sy dwaasheid sou
besef, en dat die wysheid van God om volslae gehoorsaamheid te vereis,
geopenbaar sou wees. Daardie dispensasie het met ‘n oorstroming tot ‘n
einde gekom. Dit het almal
behalwe getroue Noag en sy gesin weggeneem. Hierdeur
het die eerste dispensasie nie net die rampspoedige gevolge van sonde
duidelik gemanifesteer nie, maar dit het ook gewys dat die neiging van die
sonde afwaarts is. Dit lei tot groter verslegting en ellende, en bewys die
noodsaaklikheid van Jehova se tussenvoeging,
as die herstel van dit
“wat verlore was“ – die mens se staat - (Luk.19:10)
ooit
tot stand gebring sou word.
Die
tweede epog, of “die
huidige węreld,” behels drie eeue, elkeen ‘n stap in die plan van God
vir die omvergooi van boosheid. Elke
stap is hoër as die vorige een, en dra die plan vorentoe en nader aan die
voltooiing daarvan.
Die
derde groot epog – “Die
Toekomstige Węreld”
– wat die Wederkoms van Christus volg, behels die Duisendjarige Tydperk,
of “tye
van die wederoprigting van alle dinge.“ Na
hierdie kry ons die “eeue wat kom.“
Die besonderhede hiervan is nog nie geopenbaar nie.
Die huidige openbarings handel oor die mens se herstel van sonde,
en nie oor die ewigheid van heerlikheid wat volg nie.
Die
eerste eeu in die “huidige węreld”
noem ons die Patriargiale Eeu of dispensasie, omdat, gedurende
daardie tydperk, het God net met weinige individuë gedeel en hulle
begunstig. Die res van die
mensdom het God amper geďgnoreer.
Die bevoorregtes was die patriarge Noag, Abraham, Isaak en Jakob. Elkeen
van hierdie blyk om, om die beurt, God se begunstigste te wees. Met
die dood van Jakob het daardie eeu of skikking geëindig. Na
Jakob se dood is sy afstammelinge eers “die
twaalf stamme van Israel“ genoem. Hulle
was saam deur God as Sy “uitverkore volk“ erken. Deur
tiperende slagoffers het hulle “’n Uitverkore Geslag“ getipeer, en
is van die ander nasies vir ‘n spesifieike doel afgesonder, en daardeur
het hulle sekere spesiale voordele geniet. Die
termyn wat aan hierdie verskynsel van God se plan, wat hier begin en by
die kruis eindig, noem ons die Joodse Eeu, of die dispensasie van
die Wet. Gedurende daardie
tydperk het God
daardie nasie buitengewoon geseën. Hy
het Sy wet aan hulle gegee. Hy
het ‘n spesiale verbond met hulle gesluit. Hy
het die Tabernakel aan hulle gegee, waarin die bewoonende (shekhinah)
heerlikheid
in Jehova se aanwesigheid as hulle Leier en Koning, tussen hulle in die Allerheiligste
verteenwoordig het. Hy het
die profete, en ten slotte Sy Seun, aan hulle gestuur. Jesus het Sy wonderwerke onder hulle verrig, en hulle
persoonlik onderrig. Hy het
self nie na die ander volke gegaan nie, en het Sy dissipels verbied om na
die aangrensende nasies te gaan. Mat 10:5,6 “Jesus
het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesę: Moenie op pad
na die heidene gaan nie, en
moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie; maar
gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.“ Verder het Hy vir hulle vertel, “Ek is net gestuur na die
verlore skape van die huis van Israel.“ (Matt.15:24). Hulle het
hulle stand as God se uitverkore volk self beëindig toe hulle vir Jesus
verwerp en gekruisig het. Jesus
bevestig dit met die woorde
wat Hy, vyf dae voor Sy kruisiging, gespreek het. Hy
het gesę, in Mat 23:38 ”Kyk,
julle huis word vir julle woes gelaat!“
Daar,
met die dood van Jesus, het ‘n nuwe eeu begin – die CHRISTEN EEU of
EVANGELIE DISPENSASIE, waarin die goeie tyding van regverdiging nie
alleenlik aan die Jode nie, maar ook aan alle nasies, aangekondig is,
want, deur die genade van God het Jesus Christus namens die hele mensdom
gesterf. Gedurende hierdie
Evangelie Eeu is daar ook ‘n klas wat na besondere begunstiging geroep
is, en aan wie besondere beloftes gemaak is. Hulle is diegene wat, deur
die geloof, Jesus Christus as hulle Saligmaker en Here aanvaar het, en wat
in Sy voetspore volg. Die
verkondiging van die evangelie het vir bykans 1900 jaar, heen en weer oor
die hele węreld getrek, sodat dit gesę kan word dat dit in bykans elke
nasie in die węreld al gepreek is. ((Dit is in 1886 NC geskryf)). Dit
het nie nasies tot bekering gebring nie. Die doel was nie om in hierdie
eeu nasies tot bekering te bring nie. Deur die evangelie is hier en daar
sekeres uitgesoek om ‘n “klein
kuddetjie” te wees, soos Jesus in Lukas 12:32 voorspel het. Dit
is die Vader se goedgunstigheid om, in ‘n eeu wat hierdie een volg, die
Koninkryk aan hulle te gee.
“Die
Huidige Bose Węreld” eindig met hierdie eeu.
Let wel dat, terwyl God die gesag en heerskappy van boosheid
toelaat, tot die skynbare benadeling van Sy saak, nietemin het Sy
diepgaande begeertes voortdurend, volgens ‘n vaste en besliste plan,
gevorder. Dit het ook presies
volgens die volgorder van die seisoene wat Hy bepaal het, gebeur. Aan
die einde van hierdie eeu, en teen die aanbreek van sy opvolger, die
Duisendjarige Eeu, sal Satan gebind word, en sy mag vernietig. Dit gebeur
voor die vestiging van Christus se Koninkryk en die begin van die “toekomstige
węreld”
waarin regverdigheid woon.
Die
woord “Millennium,“ wat beteken “‘n duisend jaar,“ word deur
algemene aanvaarding gebruik as die naam van die tydperk wat in Openbaring
20:4 gemeld word. Dit is die
duisend jaar van Christus se heerskappy – die eerste eeu van die
“toekomstige węreld.”
Gedurende die Duisendjarige
eeu sal daar ‘n restitusie wees van alle dinge wat deur die sondeval van
Adam verloor is (Hand.3:19-21). Buitekant sy grens, in die eeue van geluksaligheid wat volg,
sal daar geen dood meer wees nie – ook nie droefheid of geween nie. Daar
sal ook nie pyn wees nie. Die
eerste dinge sal al weg wees (Openb.21:4).
God se openbarings stipuleer net tot daar, en daarom kan ons nie
verder verduidelik nie.
Hier
het ons maar vlugtig na ‘n loutere oorsig van hierdie plan van die eeue
gekyk. Hoe meer ons dit ondersoek, hoe meer sal ons daarin volmaakte
harmonie, skoonheid en order ontdek. Elke
eeu het sy deel om te volbring, wat ‘n noodsaaklike deel uitmaak van die
volledige ontwikkeling van God se plan as geheel. Die plan is progressief,
en ontplooi geleidelik van eeu to eeu, opwaarts en vorentoe tot by die
pragtige voltrekking van die oorspronklike ontwerp van die Goddelike
Argitek ”wat alles werk volgens die raad van sy wil.” (Efes.1:11)
Nie een van hierdie groot tydperke is of ‘n uur te lank of ‘n uur te
kort vir die voltooiing van sy objektief nie. God
is ‘n wyse ekonoom, wat tyd en bronne betref, alhoewel Sy bronne
oneindig is. Geen mag, hoe kwaadwillig al dit mag wees, kan God se
doelwitte vertraag of dwarsboom nie, al is dit vir ‘n enkele sekonde. God werk alle dinge mee – boos sowel as goed – vir die
volvoering van Sy wil.
Sovęr
‘n onopgevoede en ongedissiplineerde verstand betref, wat maar ‘n
beperkte insig in die verwikkelde gekompliseerdheid van God se plan het,
lyk dit soos anargie, verwarring en mislukking, net soos ‘n verwikkelde
masjien vir ‘n klein kind sal voorkom. In
sy onvolwasse en onopgeleide verstand is dit onbegryplik, en die
teenoorgestelde beweegrigtings van sy wiele en ander dele is totale
warboel. Maar volwassenheid en ondersoek sal wys dat die oënskynlike
verwarring eintlik pragtige harmonie is, wat goeie resultate meebring. Maar,
voor die kind die werking daarvan verstaan het, was die masjien waarlik
net so ’n sukses, soos daarna. Net
so, terwyl God se plan suksesvol opereer, nou en oor die eeue van die
verlede, het die mens die nodige dissipline ontvang. Dit
is sodat hy nie net die ingewikkelde werking daarvan kan verstaan nie,
maar ook die geseënde gevolge daarvan kan ervaar.
Soos
ons ons studie van die Goddelike plan voortsit, is dit noodsaaklik dat ons
hierdie eeue en hulle besondere eienaardighede en doelwitte in gedagte hou,
want die plan kan nie in enigeen van hulle op sy eie gesien
word nie – net in hulle almal saam. Onthou,
‘n skakel op sy eie maak nie ‘n ketting nie, maar ‘n stuk of wat
skakels aanmekaar vorm wel ‘n ketting. Ons
bekom ‘n regte begrip van die hele plan deur kennis
te neem van die onderskeie kenmerke van elke deel. Hierdeur
word ons bemagtig om die Woord van die waarheid reg te sny.
‘n
Stelling in die Woord wat aan ‘n sekere epog, of dispensasie, behoort,
mag nie aan ‘n ander een toegepas word nie, want dinge wat van een eeu
gesę word geld nie noodwendig in ‘n ander een nie. Byvoorbeeld,
dit sou onwaar wees om te sę dat, in die huidige węreld, die kennis van
die Here die hele węreld vul, of dat dit onnodig is om vir jou naaste te
sę, Ken die Here (Jes.11:9; Jer.31:34). Dit
is in hierdie eeu nie waar nie, en kan nie waar wees nie voor die Here se
wederkoms, wanneer Hy Sy Koninkryk gevestig het, omdat, regdeur hierdie
eeu was daar verleidelike bedrieërye. Ons word ook vertel dat selfs heel
teen die einde van die eeu – ”In die laaste dae” (2Ti
3:13)
“sal goddelose mense en bedrieërs voortgaan van kwaad tot
erger, hulle wat verlei en verlei word.“ Dit is net as gevolg van die Messias se heerskappy gedurende
die duisendjarige eeu dat kennis en regverdigheid die aarde sal bedek,
soos die waters die seebodem bedek.
‘n
Soortgelyke misgissing – een wat baie algemeen voorkom – is die
stelling dat God se Koninkryk al klaar op aarde gevestig is en oor die
aarde heers, en dat Sy wil nou onder al die nasies geskied. Dit
is klaarblyklik baie ver van die waarde af want die koninkryke van hierdie
węreld word deur verdrukking, onregverdigheid en bedrog ondersteun, sover
die toenemende verstand van die volk dit toelaat. Satan, die huidige ”owerste van hierdie węreld”, moet nog
verdring word, en hierdie koninkryke, wat nog onder sy beheer is, moet die
koninkryke van onse Here en Sy gesalfdes word. Dit sal plaasvind wanneer
Hy Sy groot mag in besit neem en begin te regeer.
Deur
die lig wat nou tussen die huisgenote van die geloof skyn, onderskei ons
daardie sisteem en order wat deur die eeue heen die statige stappe van
onse God gekenmerk het, en ons word kragtig aan die beeldskone woorde van
Cowper herinner. Hulle is
deur ‘n lewende geloof geďnspireer, wat vertrou het terwyl dit nie die
Almagtige Jehova kon plaas nie:
HY
SAL DIT DUIDELIK MAAK
God
beweeg op ‘n duistere weg,
Sy wonders te vermag:
Hy plant Sy voetspore in die
see,
En ry op die storm se mag.
Diep
in onpeilbare myne
Van nimmerfalende vaardigheid,
Hy vergaar Sy skitterende ontwerpe,
En bewerk Sy soewereine begeerte.
Julle
vreesbevange heiliges, skep nuwe moed;
Die wolke wat jule so vrees
Is
deur genade groot, en sal oopbars
Met
genade op jou hoof.
Veroordeel nie die HERE nie deur floue verstand
Maar vertrou Hom vir Sy
genade.
Agter ‘n fronsende
voorsorg
Skuil daar ‘n
glimlaggende gelaat.
Sy doelwitte sal vinnig ryp word,
En
elke uur oopvou.
Die botsel mag bitter smaak
Maar soet sal die bloem
wees.
Blinde ongeloof sal seker fouteer,
En sy werk tevergeefs
bekyk.
God is Sy eie vertolker
En Hy sal dit eenvoudig
laat lyk. |