Die Goddelike Plan van
die Eeue
Studie 5
DIE VERBORGENHEID WAT OOR
DIE EEUE EN VAN GESLAGTE
VERHOLE IS,
MAAR NOU AAN SY HEILIGES
GEOPENBAAR
DIE
GLINSTERENDE LIG VAN DIE EERSTE BELOFTE – DIE BELOFTE AAN ABRAHAM –
HOOP UITGESTEL – DIE VERBORGENHEID BEGIN BY PINKSTER ONTRAFEL – WAT
DIE VERBORGENHEID IS – WAAROM DIT SO LANK VERBORGE GEBLY HET – NOG
STEEDS ‘N VERBORGENHEID VIR DIE WęRELD – OP SY TYD AAN ALMAL DUIDELIK
– WANNEER DIE VERBORGENHEID KLAAR SAL WEES.
Terwyl
die mens onder die dissipline van boosheid verkeer het, en nie in staat
was om die noodsaaklikheid daarvan te verstaan nie, het God herhaaldelik
Sy doelwit uitgespreek om hulle, deur ‘n komende Verlosser, te vernuwe
en seën. Maar wie hierdie Verlosser sou wees, het vir 4,000 jaar verborge
gebly, en het net aan die begin van die Christeneeu – die
Evangelietydperk – begin duidelik geopenbaar word.
AAs ons
terugkyk na die tyd wanneer lewe en die vreugde van Eden deur ons eerste
ouers verbeur is, sien ons hulle onder die regmatige straf van sonde, vol
treur en sonder die vaagste hoop, behalwe dié uit die verborge verklaring
dat die saad van die vrou die slang se hoof sou vermorsel.
Alhoewel dit vir ons, in die lig van daaropvolgende omstandighede,
vol betekenis is, was dit vir hulle maar ‘n glimmerende liggie wat baie
vaag was. Amper 2000 jaar het verbygerol sonder enige bewys van vervulling.
Ongeveer
2000 jaar daarna het God vir
Abraham geroep, en vir hom belowe dat sy nasaad al die families van die
aarde sou seën. Dit het
voorgekom asof God aan Sy voorafuitgedrukte doelwit steeds trou gebly het,
en dit nou tot vervulling sou bring. Tyd het verbygespoed. Die beloofde
land van Kanaan was nog nie in sy besit nie. Hy het nog nie nasaad nie.
Abraham en Sarah het begin oud word. Abraham het geredeneer dat hy vir God
moes help om die vervulling van Sy belofte na te kom. Die geboorte van
Ismael was die gevolg hiervan. Abraham
se hulp was nie nodig nie, en op die regte tydstip is Isaak, die
kind van hoop en belofte, gebore. Dit
het toe gelyk asof die beloofde Een wat oor die nasies sou heers en hulle
seën, aangekom het. Maar nee. Die
jare het verbygerol, en God se belofte het waarskynlik gefaal, want Isaak
het gesterf, asook sy erfgenaam, Jakob. Maar die geloof van ‘n paar het
aan die belofte vasgehou, en is deur God gesteun. “Die verbond wat Hy met Abraham
gesluit het, en sy eed aan Isak; wat Hy ook vir Jakob as insetting
bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond.” (1Ch 16:16,17).
Toe,
met die dood van Jakob, sy nageslag vir die eerste keer DIE TWAALF
STAMME VAN ISRAEL genoem is, en deur God as ‘n “uitverkore volk” erken is (Gen.49:28; Deut.26:5), het dit gelyk asof
die verwagting dat hierdie volk as geheel – die beloofde saad van
Abraham – die land van Kanaan in besit sou neem, en oor die węreld
heers en dit seën, op die drumpel van waarwording was. Hulle het alreeds,
onder die guns van Egipte, ‘n sterk nasie begin word. Maar, toe die
Egiptenare beheer oor hulle gekry het, en hulle vir ‘n lang tydperk in
slawerny gehou het, was die hoop amper verpletter, en die belofte amper
vergete.
Waarlik
is God se beloftes in duisternis versluier, en Sy weë as onnaspeurlik
beskou. Maar, op die regte
tyd het Moses verskyn. Hy was ‘n groot verlosser deur wie se hand God
hulle uit slawerny gelei het, en namens hulle magtige wonderwerke verrig
het. Hierdie groot verlosser het gesterf voor hulle die Beloofde Land
ingegaan het, maar, as God se mondstuk het hy verklaar, (Deu
18:15, Hand.3:22) ”’n
Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God
vir jou verwek; na Hom moet julle luister—“ Dit het verdere insig
in God se plan gegee, en gewys dat hulle nasie as geheel, nie alleenlik in
die toekomstige werk van heers en seën, op
een of ander manier betrokke sou wees nie, maar dat een van hulle
uitverkies sou word om hulle
na oorwinning en die vervulling van die belofte te lei. Toe het Josua –
wie se naam verlosser of heiland beteken – hulle leier geword. Onder hom
het hulle twee groot oorwinnings behaal, en eintlik die land wat in die
gelofte belowe is, ingegaan. Dit het sekerlik vir hulle toe voorgekom asof
hulle ware leier verskyn het, en dat die belofte op die punt was om ten
volle vervul te word.
Maar
Josua het gesterf, en hulle het, as ‘n nasie, geen vordering gemaak nie
– tot eers Dawid, en toe Salomo aan hulle as konings gegee is. Toe het
hulle die uiterste hoogtepunt van hulle glorie beryk. Nietemin het hulle
binnekort, instede daarvan dat hulle gesien het hoe hulle belofte vervul
word, hulle mag verloor en aan ander nasies skatpligtiges geword. Sommige het egter aan die belofte van God vasgehou, en nog
steeds vir die groot Verlosser gewag – van Wie Moses, Josua, Dawid en
Salomo maar net tipes was.
In die
tydperk toe Jesus gebore is, het alle mense angstig die Messias verwag –
die komende Koning van Israel en, deur Israel, van die węreld. Maar Israel se hoop op die heerlikheid en eer van hulle komende Koning –
soos hulle geďnspireer is deur die tipes en profesies van Sy edelheid en
mag – het veroorsaak dat hulle ‘n ander stel tipes en profesies
verbygekyk het. Die tweede stel het na
‘n werk van lyding en dood as ‘n losprys vir sondaars, gewys. Boonop,
moes dit, voor die seën toegepas kon word, plaasvind. Hierdie is deur die
eerste Pasga voor hulle uit Egipteland verlos is, deur die slagting van
die diere by die gee van die wetsverbond (Heb.9:11-20; 10:8-18), en in die
versoeningsoffers wat aanhoudend jaar vir jaar deur die priesterdom verrig
is, voorspel. Hulle het ook die verklaring van die profete wat ”vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die
heerlikheid daarna“ (I Pet.1:11),
misgekyk. Daarom, toe Jesus as die offerande gekom het, het hulle Hom nie
herken nie. Luk.19:44 ”omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het,
nie opgemerk het nie“. Selfs Jesus se naaste
volgelinge is erg verwar toe Hy gesterf het. Hulle het bedroef gesę (Luk 24:21)
“En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos;“ Klaarblyklik
was hulle vertroue in hom misplaas. Hulle was blind tot die waarheid dat
die dood van hulle leier ‘n
waarborg was vir die Nuwe Verbond waaronder die seëninge sou kom – ‘n
gedeeltelike vervulling van die verdrag van belofte. Ewenwel, toe hulle
ontdek het dat Hy uit die graf uit opgestaan het, het hulle kwynende hoop
begin herstel (I Pet.1:3), en toe Hy reggestaan het om hulle te verlaat,
het hulle – aangaande hulle lankverkoesterde en dikwels uitgestelde hoop
uitgevra, en gesę, ”Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir
Israel weer oprig?”(Hand.1:6). Ons Here se antwoord, ”Dit kom
julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie
mag bepaal het nie” (Hand.1:7), toon aan dat hulle verwagtinge
hoofsaaklik reg was, alhoewel
hulle nie die tyd wanneer hulle vervul sou word, geken het nie.
Toe Jesus
opgevaar het, moes die vraag van Sy dissipels seker gewees het ”Watter
rigting het God se plan nou ingeslaan?”. Ons moet onthou dat ons Here se
leringe oor die Koninkryk hoofsaaklik in gelykenisse en raaisels was. Hy
het aan hulle gesę, (Joh 16:12,13) ”Nog
baie dinge het Ek om aan julle te sę, maar julle kan dit nou nie dra nie.
Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid,
sal Hy julle in die hele waarheid lei;“ en Joh 14:26
”maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader
in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan
alles wat Ek vir julle gesę het.“ Ons sien dus dat hulle,
voor die koms van die Pinkster seëning, nie kón verstaan nie.
Selfs
toe het dit ‘n hele rukkie geduur voor hulle ‘n duidelike en volle
begrip ontvang het van die werk wat gedoen word, en die verwantskap met
die oorspronklike gelofte (Hand.11:9; Gal.2:2,12,14). Nietemin, dit blyk
dat selfs voor hulle ten volle en duidelik verstaan het, is hulle as die
spreekbuise van God gebruik, en hulle geďnspireerde woorde was
vermoedelik meer duidelik en dieper uitdrukkings van die waarheid as wat
hulle self ten volle besef het. Byvoorbeeld, lees Jakobus se redevoering
toe hy gesę het (Hand. 15:14-16), ”Símeon het vertel hoe God in die begin
uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen,
soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid
weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,“
Deur
God se voorsorg om die Evangelie aan die eerste Griekse bekeerling deur
Petrus te laat verkondig - en deur Paulus aan die Heidene in die algemeen
– het Jakobus begin besef dat gelowige Jode en Grieke gelyk begunstig
moet word. Toe hy die profesies nageslaan het, het hy ontdek dat dit so
geskryf is, en dat, na die werk van die evangelie volbring is, sal die
beloftes aan vleeslike Israel vervul
word. Geleidelik het die groot misterie, wat so lank versluier was, begin
om deur weiniges, die heiliges – die spesiale ”vriende” van God – verstaan te word.
Paulus
verklaar (Kol.1:26,27) dat ”die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou
geopenbaar is aan sy heiliges,“ is:
”CHRISTUS ONDER JULLE, DIE HOOP VAN DIE HEERLIKHEID“
THierdie
is die groot verborgenheid wat van alle vorige eeue weggehou is. Dit is
nog steeds vir almal behalwe ‘n spesiale klas – die heiliges, of
gekonsekreerde gelowiges - verborge. Maar wat beteken ”Christus onder julle?” (Die Engels het “Christus in julle.”)
Ons lees in Handelinge 10:38 dat Jesus met die Heilige Gees gesalf
is, en hierdeur herken ons Hom as die Christus – Die Gesalfde. Die woord
Christus (Grieks vir Messias) beteken gesalf of gesalfde.
Die apostel Johannes vertel ons (I Joh.2:27) ”En die salwing wat julle (gekonsekreerde gelowiges) van Hom ontvang het, bly
in julle.“ Daarom
is die heiliges van hierdie evangelietydperk ‘n gesalfde geselskap – gesalf om konings en priesters aan God (Rev.1:6) te wees. Sien ook II Kor.1:21 en I
Pet.2:9.
In lyn met hierdie lering van Johannes, dat ons ook gesalf is,
verseker Paulus vir ons dat hierdie verborgenheid, wat in die eeue wat
verby is, geheim gehou is, maar nou aan die heiliges bekendgemaak is, is
dat die Christus (die Gesalfde) ”is nie een
lid nie, maar baie“ net soos die mens se liggaam
een is, maar bestaan uit baie lidmate. Maar, net soos al die
lidmate van die liggaam – en hulle is baie – een liggaam uitmaak, so ook is die Gesalfde, die Christus (I Kor.12:12-28).
Jesus is gesalf om Hoof of Here
oor Sy kerk te wees. Die kerk is Sy liggaam (of Sy bruid, soos in ‘n
ander afbeelding uitgedruk – Efes.5:25-30), en gesamentlik konstitueer
hulle die beloofde ”Saad”
– die Groot Verlosser.
Gal 3:29 ”En as
julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham
en volgens die belofte erfgename.“
Die
Apostel beskerm sorgvuldig die Kerk teen enige vermoedelike bewerings, en
sę van Jesus dat
“God het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo
alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is“ (Eph 1:22,23). “sodat Hy in alles die eerste kan wees“ (Col.1:18). Maar tog, onder die afbeelding van die
menslike liggaam, wys Hy pragtig en kragdadig ons intieme verhouding.
Jesus het hierdie selfde eenheid geleer, en gesę, ”Ek is die wynstok, julle die lote“ (Joh.15:5).
Ons
eenheid met die Here Jesus, as lidmate van die Christus,
die gesalfde geselskap, word duidelik deur die diagram van die piramide geďllustreer.
PIRAMIDE DIAGRAM
Die hoeksteen is self ‘n perfekte piramide. Ander stene mag hieronder ingebou word. As die ander
stene wat daaronder ingebou word, in harmonie is met die kenmerkende lyne
van die hoeksteen wat daarbo is, sal die hele struktuur ook ‘n perfekte
piramide wees. Hoe pragtig illustreer hierdie diagram ons posisie as
lidmate van ”die Saad” – ”die
Christus.” Saamgevoeg en in
perfekte harmonie met ons Hoof, is ons, as lewende stene, volmaak.
Van Hom afgesonder, is ons niks.
Jesus, die Volmaakte Een, is in hoë mate verhewig, en nou bied ons onself
aan Hom sodat ons, volgens Sy voorbeeld, geformeer en gefatsoneer kan
word, en sodat ons as ‘n gebou van God opgebou kan word. In ‘n gewone
gebou is daar geen uitverkore grondsteen nie, maar in ons gebou is
daar een hoof Hoeksteen, die ”Dekklip”. Let ook op dat, anders as gewone
geboue, is die Hoeksteen – ons fondasie - heelbo, en nie onder nie.
Jesaia 28:16 heet, “Kyk, Ek lę
in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen...”
Petrus het ook geskryf (I Pet.2:4-6), ”Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar
by God uitverkore en kosbaar is; 5. en laat julle ook soos lewende stene
opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike
offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. 6. Daarom
staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lę in Sion ‘n uitverkore en kosbare
hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.“
Ons vertrou dat die verbintenis tussen Jesus, die ”Hoof“, en ”die
Kerk, wat Sy liggaam is” binnekort volmaak sal wees.
Sinaitiese manuskripte laat geestelike voor
offers weg.
En,
geliefdes, ons moet baie slae en opvrywing verduur, en ons moet baie
transformasie, en aanpassing by Sy voorbeeld, ondergaan. Dit moet onder
die direksie van die Groot Bouer geskied. Om die vaardigheid en ideaal van
die bouer in ons vertoon te hę, moet ons eers sorg dat ons geen
dwarskoppigge eiewil in ons het nie, want dit kan die vervulling van Sy
wil in ons teenwerk of dwarsboom. Ons moet baie kinderlik en nederig wees,
”want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die
nederiges gee Hy genade“. (I Pet.5:5). Om hierdie rede, kom ons verneder onsself, sodat Hy, op die
regte tyd vir ons kan genadig wees, soos Hy ons Hoof en Voorloper verhef
het (Filip.2:8,9).
Dit is
waarlik ‘n wonderlike boodskap, en soos ons na die Woord van God toe kom
om uit te vind aangaande ons ”groot en hoë roeping van God in Christus Jesus (Filip.2:14), vind
ons dat die profete almal welsprekend is om te verklaar die genade (guns
of seën) wat ons ontvang het (I Pet.1:10).
Terwyl tipes, gelykenisse en voorheen verborge gesegdes nou helder
word, en hulle lig op die smal weg werp, word die gesalfde geselskap
geroep om daarop vir die beloning wat nou sigbaar is, te hardloop. Dit is
die hoë roeping waarna die geheiligde gelowiges van die
Evangelietydperk die voorreg het om te strewe. Jesus het nie probeer om
dit aan die dissipels, terwyl hulle in die vlees gewandel het, te
verduidelik nie. Hy het gewag tot hulle ‘n nuwe natuur ontvang het deur
die salwing wat op hulle op Pinksterdag uitgegiet is. Paulus verduidelik
dat alleenlik die ”nuwe skepsels” hierdie hoë roeping kan waardeer of verstaan. Hy skryf (I
Kor.2:6-10) ”Tog
spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van
hierdie węreld, of van hierdie węreld se heersers, wat vergaan nie. Maar
ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was
en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van hierdie węreld
geken het nie .... 1Co 2:9 maar
soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die
hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom
liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar,“
In sy
brief aan die Galásiërs, maak Paulus die hele verborgenheid oop, en hy
wys hoe die Abrahamse gelofte vervul gaan word. Hy verduidelik dat die Wet
wat aan Israel gegee is, glad nie met die oorspronklike gelofte ingemeng
het nie (Gal.3:15-18), en dat die saad van Abraham wat alle nasies sou seën,
niemand anders is as Christus nie (v. 16). Daarna, deur die gedagte waarop
alreeds singespeel is, uit te voer, dat die Christus al diegene wat deur
die Heilige Gees gesalf is insluit sę hy, (Gal
3:27, 29) ”want
julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus
beklee. ... En as
julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham
en volgens die belofte erfgename.“
Deur dieselfde redenasierigting te volg, wys hy
(Gal.4) dat Abraham ’n tipe van Jehova was,
Sara ‘n tipe van die gelofte of belofte, en Isaak ‘n
tipe van Christus (hoof en liggaam). En dan voeg hy by, Gal
4:28 Maar ons,
broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; Ons sien dus dat God
se plan in tipes verskuil was tot die Evangelietydperk aangebreek het, en
die ontwikkeling van die Christus begin het.
Daar het ’n noodsaaklikheid bestaan om die verborgenheid verskuil te hou,
anders sou dit nie so behou word nie. Dit was nodig omdat as die plan aan
die mens ten volle geöpenbaar sou wees, sou dit gedwarsboom gewees het.
As die mens geweet het, sou hulle nog die Here van die heerlikheid, nog
die kerk wat Sy liggaam is, gekruisig het nie (I Kor.2:8). As die plan nie
vir die węreld verborge was nie, sou die dood van Christus as die losprys
vir die mens se verlossing aangetas gewees het. Daarbenewens, sou die
toets van die geloof van die kerk, wie die lyding van Christus gedeel het,
ook verhoed gewees het. ”Om hierdie rede ken die węreld ons nie (as Sy mede-erfgename), omdat (vir dieselfde
rede dat) dit Hom nie geken het nie.“ (I Joh.3:1).
Nie alleenlik is die plan van God, en die Christus wie die ware
verpersoonliking van daardie plan was, ‘n groot verborgenheid aan die węreld nie, maar die besondere rigting waarin
hierdie klein kuddetjie geroep is om te wandel, stempel sy lidmate as ‘n “heilige volk“.
Die mense van die węreld kon nie verstaan nie dat ‘n persoon met
soveel bekwaamheid soos Jesus van Nasaret Sy tyd en talente so kon bestee
terwyl, as Hy sy aandag op die politiek, die wet, die handel of
verstaanbare godsdiens sou toespits, sou Hy waarskynlik groot en
gerespekteer gewees het. In die mening van die mensdom het Hy Sy lewe
sinneloos verspil, en hulle het gesę, ”Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig“ (Joh.10:20). Sy lewe en leringe was vir hulle
verborgenhede. Hulle kon Hom nie verstaan nie.
Die
apostels en hulle metgeselle was ook verborgenhede in die węreld deurdat
hulle hulle besigheidsmoontlikhede gelos het om oor die vergifnis van
sondes deur die dood van die veragte en gekruisigde Jesus te preek. Paulus
het ‘n hoë status en sosiale invloed verlaat om met sy hande te werk en
oor Christus en die onsigbare kroon vir alle gelowiges wat in Sy
voetstappe sou wandel, te preek. Dit was so verborge dat sommige gesę het, ”Jy is
kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.“
(Hand.26:24). En almal wat op so ‘n wyse in die Meester se
voetstappe volg, is vir Christus onthalwe, soos Paulus, as onder die dwase
getel.
Maar
God se plan sal nie vir ewig in duisternis verberg wees nie.
Die dagbreek van die Duisendjarige Dag bring die voller lig van God
aan die mens - ”Want die
aarde sal vol wees van die kennis van die HERE“ (Jes.11:9). ”Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en
daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel
soos kalwers uit die stal.“ (Mal.4:2). Hy, wat die Christus in Duisendjarige heerlikheid is, sal die donkerte van
onkundigheid verdryf. Maar dit is nie Hy – die Hoof - alleen nie, maar
ook die ander lidmate van Sy liggaam. Dit word geskryf: ”as ons
naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan
word.”(Rom.8:17; 2 Tim.2:11,12).
”Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook
saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word”. (Col 3:4) ”Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle
Vader“.( Mat 13:43).
Nou, vir almal behalwe diegene wat ‘n weergebore verstand ontvang het, deur die ”sin van Christus” te ontvang, blyk die beloftes
wat ons glo, en die hoop wat ons koester, visionér te wees.
Hulle is te onwaarskynlik om te ontvang of daarop te reageer. In
die eeu wat kom, wanneer God Sy ”Gees uitstort op alle vlees“ (Hand.2:17), net soos gedurende die huidige eeu, wanneer Hy Sy Gees uitstort
op Sy diensknegte en diensmaagde, sal almal die beloftes wat deur die
klein kuddetjie aangegryp word, waarlik verstaan en waardeer. Hulle
gaan in die gehoorsaamheid en verheerliking van die Kerk juig, en verklaar,
”Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die
bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak“. (Rev 19:7)
Hulle
gaan juig in die verheerliking van die kerk, deur wie seëninge na hulle
toe sal vloei, en terwyl hulle sal besef dat die ”grootste
en kosbare beloftes“ (II Pet.1:4) wat deur die Gesalfde (Hoof en liggaam) oorerf is, nie vir
hulle is nie, maar op ons vervul word, sal hulle geseën word deur die les
wat deur die kerk geďllustreer word. Terwyl
hulle hardloop om die seën te ontvang wat dan aan hulle aangebied word,
sal hulle deur die voorbeeld van die Kerk baat, en ten behoewe van haar,
God verheerlik. Maar hierdie kennis sal nie begerigheid veroorsaak nie,
want onder die nuwe skikking sal hulle roeping na volmaakte menslike
natuur hulle ten volle bevredig, en hulle sal vir hulle meer wenslik wees
as ‘n natuursverandering.
Dan kom
die gehemenis tot ‘n
einde. Dan sal die węreld uiteindelik verstaan dat dit die Gees van God
in Christus was, en die Gees van Christus in ons – God geopenbaar in die
vlees - wat hulle voorheen verkeerd verstaan het.
Dan sal hulle sien dat ons nie kranksinnig was nie, ook nie dwase
nie. Ons het maar net ‘n beter deel gekies toe ons na rykdom, eer en
‘n kroon gestreef het – deur hulle onsigbaar, maar oneindig.
Wat tyd aanbetref, sal die verborgenheid van God gedurende die tydperk
van die uitbasuin van die sewende (simboliese) trompet (Openb.10:7).
Hierdie het betrekking tot albei betekenisse waarin dit gebruik word. Die
verborgenheid of verskuilde aspekte van God se plan sal dan bekend
gemaak word, en sal duidelik gesien word. Die ”verborgenheid van God,” die Kerk, die beliggaming van daardie plan sal
ook verwesenlik word. Altwee sal dan klaar wees. Die geheime, verskuilde plan sal die volle, volledige getal
lidmate van die liggaam van Christus gesoek het. Daarom sal dit al klaar
die LIGGAAM VAN CHRISTUS wees. Die plan sal nie langer ‘n
verborgenheid wees nie omdat daar nie meer ‘n rede sal wees om die
geheimhouding te verleng nie. Die grootheid van die verborgenheid, wat so
lank geheim gehou was, en in die beloftes, tipes en figure vertsteek was,
en die wonderlike genade wat aan diegene gegee is wat geroep is na
gemeenskap in hierdie verborgenheid (Efes.3:9), bring by ons die gedagte
dat die werk wat na die voltooing gedoen moet word, en waarop Jehova die
mensdom vir 6000 jaar in verwagting en hoop gehou het, ‘n uiters belangrike werk
moet wees. Dit is ‘n pragtige werk, waardig om sulke groot voorbereiding.
Wat sal ons nie kan verwag in seëning op die aarde nie, wanneer die
sluier van verborgenheid weggetrek word en die stortreën van seëninge
begin val? Dit is juis hiervoor dat die hele skepping tot nou toe saam in
pyn kreun en swoeg, en wag vir die voltooing van hierdie
verborgenheid – vir die manifesteering van die Seuns van God, die
beloofde ”Saad”, in wie hulle almal geseënd sal wees (Rom.8:19,21,22).
‘N DAG
VAN OFFER AAN DIE HERE
Ek offer
aan U:
Elke hoop en elke vrees;
Verheerlik Uself in my
Elke hartklop, dit is U s’n
Elke glimlag en elke traan;
Aanbiddelike Een!
Elke menslike verbintenis van my
Elke lied en gesang,
Vermeenigvuldig hulle met U Woord;
Elke blydskap en elke pyn;
Ek prys U.
Versterk, seën, vermeerder, my Here
Elke optrede van verstand of brein
Neem hulle almal, Salige Here
Van volmaakte liefde!
My Salige God!
Bind hulle met U geheime koord;
U, Eerste en Laaste. |