Die Goddelike Plan van die
Eeue
Studie 6
ONSE HERE SE WEDERKOMS
DIE DOEL DAARVAN, DIE
HERSTEL VAN ALLE DINGE
ONS HERE SE WEDERKOMS PERSOONLIK EN VOORMILLENNIAAL – SY VERWANTSKAP
MET DIE EERSTE KOMS – DIE UITVERKIESING VAN DIE KERK EN DIE BEKERING VAN
DIE WęRELD – UITVERKIESING EN VRYE GENADE – GEVANGENES VAN HOOP –
PROFETIESE GETUIENIS AANGAANDE WEDEROPRIGTING
- ONS HERE SE WEDERKOMS KLAARBLYKLIK
DIE HOOP VAN DIE KERK EN DIE WęRELD
”En Hy Hom mag stuur wat
vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel
moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan
God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
(Hand.3:20,21)
Ons vermoed dat almal wat
met die Bybel vertroud is, aanvaar en glo dat dit onse Here se wil was dat
Sy dissipels moes verstaan dat Hy, vir ‘n spesifieke doel, en op ‘n
spesifieke wyse, en op ‘n spesifieke tydstip, sou terugkeer. Dit is waar
dat Jesus gesę het in Mat 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die
voleinding van die węreld. Amen.“ en dat deur Sy Gees en deur Sy Woord was Hy nog altyd saam met Sy kerk. Tot
nou toe het Hy Sy heiliges aanhoudend gelei, vir hulle riglyne gegee,
vertroos en aangemoedig. Tussen al hulle beproewinge het Hy vir hulle
bemoedig. Alhoewel die Kerk, op ‘n geseënde wyse, bewus is van die Here se kennis van al haar weë, en van Sy standvastige sorg en liefde, tog
verlang sy na Sy beloofde persoonlike wederkoms. Ons weet dat, toe Hy gesę
het, ”En as Ek gegaan en vir
julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle
ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3), het Hy sekerlik na ‘n tweede
persoonlike koms verwys.
Sommige dink dat Hy na
die koms van die Heilige Gees op Pinksterdag verwys het, ander weer na die
vernietiging van Jerusalem ens., maar hierdie mense ignoreer die feit dat,
in die laaste boek van die Bybel, wat so sestig jaar na Pinkster en 26
jaar na die vernietiging van Jerusalem geskryf is, Hy wat dood was maar
leef, vertel van die gebeurtenis wat nog in die toekoms was. Hy sę, (Open. 22:12) ”En kyk, Ek kom gou, en
my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.”
Die geďnspireerde Johannes het geantwoord,
(Open. 22:20) ”Ja,
Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!“
Daar is heelwat wat onder
die indruk is dat wanneer sondaars tot bekering kom, dit deel uitmaak van
die wederkoms van Christus, en dat Hy so
herhaaldelik sal kom tot die hele węreld gered is. Dan, sę hulle, sal Hy
ten volle gekom het.
Diegene het klaarblyklik die
getuienis van die Bybel hieroor vergeet. Dit verklaar die teenoorgestelde
van hulle verwagtinge, naamlik dat ten tye van onse Here se wederkoms sal
die węreld grootliks ongered wees. Ons lees in 2 Tim.3:1-4 ”Maar weet dit, dat daar in
die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van
hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars,
ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike
liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir
die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as
liefhebbers van God;“ en in v. 13 ”Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle
wat verlei en verlei word“. Hulle vergeet die Meester se spesiale waarskuwing aan Sy
klein kuddetjie, (Luk.21:34,35) ”Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur
swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle
nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat
op die hele aarde woon. Weereens
mag ons gerus wees wanneer dit gesę word, “al die geslagte van die
aarde sal oor Hom rou bedry.” (Openb.1:7) wanneer hulle Hom sien
aankom, maar geen melding van die bekering van sondaars gemaak word nie.
Weeklaag almal weens die
bekering van sondaars? Inteendeel,
as hierdie stuk na Christus se teenwoordigheid op aarde verwys, soos byna
almal aanvaar, dan leer dit dat almal op die aarde nie Sy verskyning sal
liefhę nie. As hulle almal bekeerd was, sou hulle beslis Sy wederkoms
liefgehad het.
Sekere mense verwag ‘n
letterlike koms en teenwoordigheid van die Here, maar stel die tyd
vęr in die toekoms, en beweer dat dit deur die werke van die Kerk in
sy huidige toestand is dat die węreld tot bekering gebring moet word, en
daardeur die Duisendjarige Tydperk inlei. Hulle beweer dat wanneer die węreld
tot bekering gebring is, Satan gebind is, die kennis van die Here oor die
hele węreld vol is, en die nasies nie meer leer om oorlog te voer nie,
dan sal die werk van die kerk in sy huidige situasie voldaan wees. Wanneer
sy hierdie groot en moeilike taak volbring het, sal die Here kom om die
aardse sake af te rond, gelowiges te beloon en sondaars te veroordeel.
Sommige skrifture, as hulle
in isolasie gelees word, blyk om hierdie siening te ondersteun, maar as
God se Woord en Sy plan as ‘n geheel in oënskou geneem word, sal dit
duidelik word dat hulle die teenoorgestelde siening ondersteun. Eerstens,
sluit dit in dat Christus voor die bekering van die węreld sal kom, en
dat die doel van Sy heerskappy die bekering van die węreld is. Tweedens
word die Kerk nou op die proef gestel, en die beloning wat aan die
oorwinnaars belowe word is dat, nadat hulle verheerlik word, hulle deel
sal hę in die Here Jesus se heerskappy. Dit is God se vasgestelde middele
waardeur die węreld geseën gaan word, en waardeur die kennis van die
Here aan elke skepsel verkondig gaan word. Dit is die Here se spesiale
beloftes: Open.20:4 ”Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam
met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op
sy troon gaan sit het”. En Open. 3:21
”..... en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus
die duisend jaar lank“.
Ons gaan nou aan twee
skrifte wat deur diegene wat beweer dat die Here se wederkoms eers na die
millennium sal plaasvind, gebruik word, aandag gee. Die eerste een is:
Matt.24:14 ”En hierdie evangelie van die koninkryk sal
verkondig word in die hele węreld tot ‘n getuienis vir al die nasies;
en dan sal die einde kom.“ Hulle beweer dat dit op die bekering van
die węreld voor die einde van die
evangelietydperk, betrekking het. Maar,
om vir die węreld te getuig impliseer nie die bekering van die węreld
nie. Die skrif sę niks van hoe die getuienis ontvang sal word nie.
Hierdie getuienis is alreeds gegee. In 1861 het die Bybelgenootskappe
verklaar dat die Bybel in elke taal op aarde gepubliseer is, maar nie al
die miljoene mense van die aarde het dit ontvang nie. Nee, nie eers die
helfde van die 1,600,000,000 wat destyds geleef het, het ooit die naam van
Jesus gehoor nie. Tog is die
voorwaarde van die Skrif vervul: Die evangelie is alreeds in die hele węreld
as ‘n getuienis aan elke nasie gepreek.
In Hand.15:24, vertel die
Apostel dat die hoofdoel van die evangelie in die huidige tydperk
is ”om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem“.
(Hand.15:14). Dit is die
verowerende Kerk, wat, by Sy wederkoms, met Hom verenig sal wees, en Sy
Naam ontvang. Die getuig aan die węreld gedurende hierdie tydperk is van
sekondęre belang.
Die ander Skrif is ”Sit aan my
regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete“ Psa.110:1). Die vae, onbesliste gedagte aangaande
hierdie Skrif blyk te wees dat Christus, iewerste in die hemele, op ‘n stoflike troon sit. Hy doen dit totdat die
Kerk se taak om alle dinge te onderwerp voldaan is. Dan sal Hy kom om te
heers. Hierdie is ‘n misverstand.
Die troon van God wat hier na verwys word is nie ‘n stoflike troon
nie. Dit verwys na Sy allerhoogste gesag en heerskappy. Die Here
Jesus is tot ‘n deel in daardie heerskappy verhef.
Paulus verklaar, (Phi 2:9) ”Daarom
het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam
is”. Aan Hom het Hy gesag gegee wat oor al die ander, behalwe
die Vader, is. As Christus op ‘n stoflike troon sit, totdat Sy vyande
vir Sy voete ‘n voetbank gemaak word (alles aan Hom onderwerp word), dan
is dit vanselfsprekend dat voor alle dinge aan Hom onderwerp is, kan Hy
nie kom nie. Maar, as “regte hand” in hierdie skrif
nie na ‘n vaste lokaliteit verwys nie, maar – soos ons beweer
– na mag, gesag en heerskappy, dan volg dit logies dat die skrif onder
ons aandag, geensins met die ander skrifte wat leer dat Hy kom sodat Hy
”ook alles aan Homself kan onderwerp” (Filip.3:21) in konflik
kan wees nie. Hy doen dit kragtens die gesag wat in Hom berus.
Om te illustreer: Ons verklaar dat Kaiser Wilhelm op die troon is,
maar ons verwys eintlik nie na Die koninklike sitbank, waarop hy selde
sit, nie. Wanneer ons sę dat hy op dit troon is, bedoel ons dat hy oor
Duitsland heers. Die regte hand het die betekenis van die hoofposisie, die
posisie van voortreflikheid of guns, naas die hoof heerser.
Prins Bismarck was dus, deur die Duitse Kaiser verhewe, of aan die
regte hand van gesag geplaas. Josef was ook aan die regte hand van Farao
in die koninkryk van Egipte – nie letterlik nie, maar volgens
beeldspraak. Jesus se woorde aan Kajafas bevestig hierdie gedagte: ”Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit
aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die
hemel“ (Matt.26:64). Wanneer Hy kom, sal Hy aan die regte
hand wees, en Hy sal gedurende die Millennium en vir ewig, aan die regte hand bly.
Verdere ondersoek van God se
onthulde planne gee vir ons ‘n breër sienswyse oor die onderwerp van altwee Sy
eerste koms en Sy wederkoms. Ons moet onthou dat albei gebeurtenisse as
dele van net een plan staan. Die spesifieke werk van die Eerste Koms was
om die mensdom te verlos. Die werk van die wederkoms sal wees om
die verlostes te herstel, seën en bevry. Nadat Hy Sy lewe as ‘n
losprys vir almal gegee het, het ons Heiland hemel toe opgevaar om daardie
losprys aan die Vader aan te bied, en daardeur vir die mensdom se
onregverdigheid versoening te maak. Hy talm, en laat toe dat die
”owerste van hierdie węreld” met sy bose heerskappy kan aangaan. Dit
sal tot na die uitverkiesing van ”die Bruid, die vrou van die Lam”
voortduur. Om waardig
van so ‘n eer gereken te word, moet die bruid die invloede van die
huidige bose węreld oorwin. Dan sal die werk begin waarmee die groot seën
wat vir hulle deur Sy offer verseker was, aan die węreld gegee word, en
Hy sal verskyn om al die geslagte van die aarde te seën.
Dit is waar dat, toe die
losprys deur die Verlosser betaal is, kon die herstel en seën onmiddellik
begin. Dit sou beteken dat die koms van die Messias maar net ‘n enkele
gebeurtenis sou wees, en die heerskappy en seën sou onmiddellik begin het,
net soos die apostels eers verwag het (Hand.1:6). Maar God het ”iets beters oor ons
beskik…” (Heb.11:40). Dit is hierom
tot ons voordeel dat die heerskappy van Christus deur hierdie negentien
eeue van die lyding van die Hoof, geskei word.
Hierdie tydperk tussen die
eerste koms en die wederkoms, tussen die verlossing vir almal en die seën
vir almal, is vir die beproewing en uitverkiesing van die kerk, wat
eintlik die liggaam van Christus is. Andersins sou daar net een koms
gewees het, en die werk wat gedurende die tydperk van Sy tweede
teenwoordigheid gedoen sal word – gedurende die Millennium – sou die
opstanding van Jesus gevolg het. Andersins, instede daarvan om te sę dat
die werk van die wederkoms onmiddellik die werk van die eerste koms sou
gevolg het, laat ons dit eerder so stel:
As Jehova nie die uitverkiesing van die ”klein kuddetjie”
”die liggaam van Christus” ten doel gehad het nie, sou die eerste koms
nie op daardie tydstip plaasgevind het nie, maar sou ten tye van die
wederkoms plaasgevind het, en daar sou maar net een koms gewees het. Dit
blyk dat God die toelating van die boosheid vir sesduisend jaar
beplan het, en dat die reiniging en herstelling van almal gedurende die
sewende duisend jaar sal plaasvind.
As ons dit so bekyk, het die
koms van Jesus as die offer en losprys vir sondaars, net genoeg tyd
toegelaat vir die uitverkiesing van die ”klein kuddetjie” van
“mede-erfgename” voor die
seën en herstel van tyd. Dit sal God se waarskynlike vertraging om die
beloofde seëninge, wat in die losprys voorsien word, gedeeltelik verklaar.
Die seëninge sal op die gestelde tyd kom, soos in die begin beplan. Ons
weet nou dat God ‘n wonderlike doel gehad het om die prys veel langer
voor die mensdom dit sou verwag het, te voorsien.
Die Apostel lig ons in dat
Jesus, gedurende die hele tydperk tussen Sy opstanding en die begin van
die tye van herstel – of die Millennium - van die aarde afwesig was. Handelinge 3:21 vertel ons,
”Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye
van die wederoprigting van alle dinge,“ Omdat die Skrifte ons leer dat
die doel van die Here se wederkoms die wederoprigting van alle dinge is,
en dat teen die tyd van Sy verskyning, die nasies so ver van bekering sal
wees dat hulle eintlik kwaad en opstandig sal wees (Openb.11:18), moet ons
erken dat, of die kerk haar missie nie sal bereik nie, en die plan van God
tot dusver gedwarsboom sal wees, of, soos ons verklaar en eintlik bewys
het, die bekering van die węreld nie in die huidige eeu van die kerk
verwag word nie. Inteendeel, haar missie was om die Evangelie vir die hele
węreld te preek, vir ’n getuienis, en om haarself, onder
Goddelike leiding, vir haar groot werk in die toekoms, voor te berei. God
het, tot nou toe, geensins Sy mag om die węreld te laat bekeer, uitgeput
nie. Nee, nog meer. Hy het nog nie eers probeer om die węreld te
laat bekeer nie.
Vir sommiges mag dié
verklaring snaaks klink, maar diegene moet nadink dat, as God reeds
so ‘n werk aangepak het, het Hy daadwerklik gefaal. Ons
weet dat net ‘n baie klein gedeeltejie van die miljoene mense op aarde ooit op ‘n
intelligente wyse die enigste Naam waardeur hulle gered moet word,
gehoor het. Ons het maar net die sieninge en leringe van sekere van die
voorste sektes kragtig verklaar. Onder andere behels dit die Baptiste,
Presbiteriane, ens. Die boodskap is dat God besig is om ‘n ”klein kuddetjie” – ‘n Kerk – uit die węreld te kies of uitkies.
Hulle glo dat God niks meer gaan doen as om die kerk te kies, maar ons
sien dat die Skrif van ‘n verdere stap in die Goddelike plan leer –
‘n herstelling vir die węreld, wat deur die uitverkore kerk
volbring gaan word, wanneer die kerk voltooi en verheerlik is. Die
”klein
kuddetjie” – die oorwinnaars – van hierdie Evangelietydperk, is maar
net die liggaam van ”Die Saad” in of deur
wie al die families op aarde geseën sal wees.
Diegene was verklaar dat
Jehova ses duisend jaar lank besig was om te poog om die węreld te laat bekeer, en nooit suksesvol was nie, moet dit moeilik vind
om hulle siening te verenselwig met die Bybel se versekering dat al God se
doele volbring gaan word, dat Sy Woord nooit aan Hom leeg sal terugkeer
nie, en voorspoedig sal wees in alles waarnatoe dit gestuur is (Jes.55:12).
Die feit dat die węreld nog nie tot bekering gebring is nie, en dat die
aarde nog nie vol van die kennis van die Here is nie, is bewys dat dit nog
nie op daardie missie gestuur is nie.
Dit bring ons nou by die
twee gedagterigtings wat eeuelank die Christene verdeel het, naamlik
Uitverkiesing en Kostelose Genade. Geen Bybelstudent sal ontken dat altwee
hierdie leerstellings Skriftuurlike ondersteuning het, nie, nieteenstaande
hulle waarskynlike teenstrydigheid. Hierdie feit behoort ons onmiddellik
te lei om te vermoed dat hulle, op een of ander wyse, albei waar moet wees.
Onder geen omstandighede mag hulle vereenselwig word nie, behalwe deur die
hemel se wet en orde in ag te neem, en die woord van die waarheid
reg te sny. As hierdie orde –
soos in die plan van die eeue uiteengesit – gehanthaaf word, sal dit vir
ons duidelik aanwys dat, terwyl die uitverkiesing gedurende die huidige en
vorige tydperke besig was om plaas te vind, wat, deur middel van
onderskeiding, as God se genade aangewys is, eintlik God se welwillende
voorsiening vir die węreld in algemeen gedurende die Duisendjarige
tydperk is. As ons die kenmerkende eienskappe van die epogge en
dispensasies – soos in ‘n vorige hoofstuk uiteengelę – in gedagte
hou, en al die stukke wat met die Uitverkiesing en kostelose genade
ondersoek en geplaas word, sal dit gevind word dat al die skrifte wat oor
die Uitverkiesing handel, op die hede en verlede van toepassing is, terwyl
diegene wat oor kostelose genade leer, ten volle op die toekomstige
tydperk van toepassing is.
Maar, die Uitverkiesing,
soos in die Bybel geleer, is nie die arbitręre dwang, of fatalisme, wat
gewoonlik deur sy ondersteuners geglo en geleer word nie. Dit is ‘n
uitverkiesing volgens gepastheid en aanpasbaarheid vir die doel wat God
beplan. Dit gebeur gedurende die tydperk wat vir die doel aangestel is.
Die leerstelling van
Kostelose Genade, wat deur die Arminieërs verkondig word, is ook ‘n
uitstalling van God se oorvloedige genade wat veel groter is as wat deur
sy mees ywerige voorstaanders ooit verkondig is. God se genade of guns in
Christus is altyd kosteloos, in die sin dat dit onverdiend is, maar vandat
die mens in sonde geval het, tot vandag toe, is sekere van God se
gunste tot spesiale individue, nasies en klasse beperk, terwyl, in die
volgende eeu sal die hele węreld genooi word om die gunste wat dan
aangebied gaan word, te deel. Die voorwaardes hiervoor sal dan aan almal
bekendgemaak word, en almal wat wil mag kom en vrylik by die lewe se
fontein drink (Open.22:17).
As ons terugkyk sal ons
die verkiesing of uitverkiesing van Abraham en sekere van sy nasaad as
kanale waardeur die beloofde Saad, die Een wat al die families van die
aarde sal seën, sou kom (Gal.3:29) sien. Ons neem ook kennis van die
uitkies van Israel tussen al die nasies. Dit is die een in wie, op ‘n
tipiese wyse, God geďllustreer het hoe die groot werk vir die węreld
volbring gaan word, naamlik, hulle verlossing uit Egipteland, hulle Kanaän,
hulle geloftes, hulle wette, hulle offers vir sondes vir die uitwissing
van skuld, en vir die besprinkeling van die volk, en hulle priesterdom vir
die volbringing van al hierdie dinge.
Dié priesterdom was
‘n verteenwoordinging van die ware priesterdom en offers vir die
reiniging van die ganse
mensdom. God het die mense aangespreek en gesę (Amos 3:2), ”Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte
van die aarde;” Hierdie volk alleen is erken, tot die koms van
Christus, ja, en ook daarna, want Sy bediening was tot hulle beperk, en Hy
het Sy dissipels belet om na ander toe te gaan. Hy het gesę (Matt
10:5,6), ”Jesus het
hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesę: Moenie gaan op
pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane
nie“. Waarom so, Here?
Omdat, antwoord Hy (Matt 15:24) ”Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.“ Hy het Sy tyd
alleenlik aan hulle toegewy – tot Sy dood, en toe het Hy Sy
eerste werk vir die węreld verrig. Dit was die eerste uitstalling van Sy
kostelose en allesoorvloeiende genade wat, op die regte tyd, ‘n ware seën
vir almal sal wees.
Hierdie,
God se wonderlikste gawe, was nie tot nasie of klas beperk nie. Dit was
nie alleenlik vir Israel nie, maar vir die hele węreld, omdat Jesus
Christus, deur die genade van God, het vir elke mens die dood gesmaak
(Heb.2:9).
En nou ook
in hierdie Evangelietydperk is daar ‘n sekere soort uitverkiesing.
Sekere dele van die węreld word meer as ander deur die evangelie (wat aan
almal wat hoor kosteloos is) bevoordeel. Kyk sydelings na ‘n węreldkaart,
en sien hoe klein is die gedeelte wat deur die Evangelie van Christus
merkbaar verlig of geseën is. Vergelyk
uself – met u voorregte en kennis – met die miljoene mense wat vandag
in heidense duisternis verkeer, wat nooit die roep gehoor het nie, en
daarom nooit geroep is nie. Wanneer die uitgeroepte geselskap (geroep om
seuns van God te wees, erfgename van God en mede-erfgename van Jesus
Christus onse Here – wie hulle roeping en uitverkiesing verseker het)
voltallig is, dan sal die plan van God vir die węreld se saligheid,
maar net in die beginstadium wees.
Die Saad sal die slang se kop verbrysel,
maar nie voor hulle uitverkies, ontwikkel en tot die posisie van mag
verhewe is nie. ”En die God van vrede sal die
Satan spoedig onder julle voete verbryse“ (Rom.16:20; Gen.3:15). Die Evangelietydperk berei die kuis maagd
– die getroue Kerk – vir die komende Bruidegom voor.
Dan, aan die einde van die eeu, wanneer sy ”gereed” is (Open.19:7),
sal die Bruidegom arriveer, en dié wat gereed is sal saam met Hom na die bruilofsmaal
toe gaan. Die tweede Adam en die tweede Eva word een, en dan begin die
heerlike werk van herstelling. In die volgende dispensasie – dié van die nuwe hemel en die nuwe aarde – sal die Kerk nie meer die
verloofde maagd wees nie, maar die Bruid. Op die stadium gebeur dit:
(Rev 22:17)
”En die Gees en die bruid sę: Kom! En laat hom wat hoor, sę: Kom! En laat
hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem,
verniet.“
Die
Evangelietydperk, in stede daarvan dat dit die missie van die Kerk tot ‘n einde bring, is maar net die nodige
voorbereiding vir die groot werk van die toekoms. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is
tot nou toe, ..... en wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking
van die kinders van God (Open.8:22,19). En dit is ‘n geseënde feit dat
kostelose genade in onse Vader se plan voorsien word. Dit is nie net vir
die wat lewe nie, maar ook vir diegene wat gesterf het, as die geseënde
geleentheid van die komende eeu.
Sommige mense, wie ‘n
gedeelte van die seën wat bedoel is vir die tyd van die Wederkoms kan
raaksien, en wie – tot ‘n sekere mate – die feit waardeer dat die
Here kom om die wonderbaarlike seën wat deur Sy dood gekoop is, te skenk,
kyk hierdie laaste stelling mis. Hulle besef nie dat diegene wat al klaar
in die grafte is, net soveel in die heerlike heerskappy van die Messias
belangstel as diegene wie op dié tydstip
nie heeltemal onder die gebondenheid van verdorwenheid – die dood –
is, belangstel, nie. Maar, net so seker soos wat Jesus vir almal
gesterf het, so ook moet hulle almal die seëninge en geleenthede wat Hy
met Sy eie kosbare bloed gekoop het, ontvang. Om dié rede moet ons verwag dat
almal wat in die graf is, sowel as almal wat teen daardie tyd nog lewe, seëninge
in die Milleniale eeu sal ontvang. As ons dieper in die Here se getuienis
oor hierdie onderwerp kyk, sal ons volop bewyse ontdek. God se plan vir
die vrylating van diegene wat in die graf lę, is die rede dat hulle ”gevangenes
van hoop” genoem word.
Dit word geskat dat sowat
een honderd drie en veertig miljard mense in die tydperk van die ses
duisend jaar sedert Adam se skepping, op die aarde geleef het. Van hierdie,
is die heel beste redelike skatting van hoeveel van hulle heiliges van God
was, minder as een miljard. Hierdie breë skatting los die enorme getal
van een honderd, twee en veertig miljard (142,000,000,000) mense wat
sonder geloof en hoop in die enigste naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet
word, (Hand.4:12), in die graf
beland het. Inderdaad, die ontsaglike meerderheid van hierdie mense het
nooit Jesus geken of eers van Hom gehoor, nie. Hoe kon hulle in Hom van
Wie hulle nooit gehoor het nie, geglo het?
Ons vra, Wat het van die
ontsaglike menigte, van wie die syfers ‘n heeltemal onvoldoende begrip
gee, geword? Wat is hulle
toestand, en wat gaan dit wees? Het God geen voorsiening vir hulle – wie
se toestand en omstandighede Hy moes voorsien het - gemaak nie? Of het Hy,
soos baie van Sy kinders beweer, ‘n ellendige en genadelose voorsiening
vir hulle hopelose, ewige foltering gemaak? Of het Hy, in die hoogtes,
dieptes en breedtes van Sy plan, ‘n geleentheid vir hulle almal om tot
die kennis van daardie enigste Naam, en deur gehoorsaamheid aan die
voorwaardes, die ewige lewe te geniet, vir hulle gebęre?
Daar is ‘n verskeidenheid
antwoorde op hierdie vrae wat elke denkende Christen vir homself vra, en
waarop hy om ‘n betroubare antwoord te kry wat in harmonie is met die
karakter van Jehova, verlang:
Ateďsme antwoord: Hulle is vir ewig dood. Daar is geen hiernamaals
nie. Hulle sal nooit weer lewe nie.
Calvinisme antwoord: Hulle is nie uitverkies om te lewe
nie. God het hulle voorbeskik en voorbestem om verlore te wees – om hel
toe te gaan. Hulle is nou daar, waar hulle in onuithoubare pyn wring.
Hulle sal vir ewig daar wees – sonder hoop.
Arminianisme antwoord: Ons glo dat God baie, weens hulle onkunde, sal
verskoon. Diegene wat, volgens hulle beperkte kennis, hulle bes gedoen het,
kan seker wees dat hulle deel van die ”Kerk van Die Eersgeborene” sal
uitmaak, al het hulle nooit van Jesus gehoor nie.
Die meerderheid Christene
uit alle denominasies ondersteun die laaste siening, al is die
geloofsbelydenisse van sommige hiermee teenstrydig. Die rede is dat daar
‘n gevoel is dat enige ander siening onversoenbaar met God se
geregtigheid sal wees. Maar ondersteun die Skrifte hierdie laaste siening?
Leer hulle dat onkunde ‘n grondbeginsel vir saligheid is? Nee! Die
enigste grondbeginsel vir die saligheid wat in die Skrifte gemeld word is geloof
in Christus as ons Verlosser en Heer. Efes. 2:8 ”Want uit genade is julle gered, deur die geloof.“ Regverdiging deur die geloof is die grondleggende beginsel
van die hele sisteem van die Christendom. Toe die apostels gevra is, ”Wat moet ek doen om gered te word?“, het die apostels geantwoord, ”Glo in die Here Jesus Christus.”
(Act 4:12) “En die saligheid is in
niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat
onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” (Rom 10:13)
”Want:
Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”
Maar
Paulus redeneer dat ‘n man die evangelie moet hoor alvorens hy gered kan
word, en hy het verklaar (Rom 10:14), ”Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan
hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?“ Party mense beweer dat Paulus leer dat onkunde mense sal red wanneer hy verklaar (Rom 2:14): ”Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die
wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;“ Hulle haaal hieruit dat die wet
wat hulle gewete voorsien, genoegsaam is om hulle te regverdig. Maar sulke
persone verstaan Paulus verkeerd. Sy argument is dat die hele węreld voor
God skuldig staan (Rom.3:19); dat die Heidene, wie nie die geskrewe wet
besit het nie, deur die lig van die gewete, verdoem en nie
geregverdig is nie. Of die lig van die gewete hulle verskoon het, of
aangekla het, het dit
bewys dat hulle onvolmaak was, en die lewe onwaardig, net soos die Jode
wie die geskrewe wet besit het daardeur verdoem is; (Rom. 3:20) ”want deur die wet is die
kennis van sonde.“ Die wet wat aan die Jood
gegee is het sy swakheid ontblood, en het ten doel gehad om vir hom te wys
dat hy nie in staat was om homself voor God te regverdig nie. Die rede? ”Deur die werking van die Wet sal geen vlees in
die oë van God geregverdig wees nie.” Die geskrewe Wet het die
Jode veroordeel, en die Heidene het genoegsame gewete gehad om hulle
te veroordeel. Hierdeur
is elke mond verhinder om die reg op die lewe te eis, en die hele węreld
staan skuldig voor God.
As ons die
verklaring van Jakobus (2:10) onthou, dat al sou iemand die hele wet
onderhou en in een ding oortree, dan is hy nog skuldig, en kan nie enige
seëning wat deur die Wetsverbond belowe is, eis nie, dan besef ons dat ”Daar is
niemand regverdig nie, selfs nie een nie“ (Rom.3:10). Die Skrifte maak dus elke deur van hoop toe, behalwe een, en
bewys dat nie een van die veroordeeldes deur goeie werke die ewige lewe
kan verdien nie, en dat dit net so betekenisloos is om onkunde as basis
van saligheid te eis. Onkunde kan nie enigeen aanspraak op die beloning
van geloof en gehoorsaamheid gee nie.
Baie Christene wat onwillig
is om te glo dat so baie miljoene onkundige babas en heidene vir ewig
verlore gaan wees, dring daarop aan, ongeag hierdie verklarings in die
Bybel, dat God nie die onkundiges sal veroordeel nie. Hulle is geleer dat
die veroordeeldes na ‘n plek van ewige en
hopelose pyniging gestuur gaan word. Ons admireer hulle milddadigheid van hart, en hulle
waardering van God se goedheid, maar spoor hulle aan om nie haastig te
wees om Bybelse verklarings te ignoreer nie. God het ‘n seëning vir
almal, op ‘n beter wyse as deur onkunde.
Maar tree hierdie mense op
volgens hulle verklaarde geloof? Nee! Alhoewel hulle beweer dat hulle glo
dat die onkundiges – weens
hulle onkunde – gered gaan word, hou hulle aan om sendelinge na die
heidene toe te stuur, en dit kos duisende waardevolle lewens en miljoene
geldeenhede. As hulle almal - of selfs net die helfde daarvan – deur
onkunde gered sal word, dan, om sendelinge na hulle toe te stuur om hulle
van Christus te vertel, doen hulle positiewe skade aan, want omtrent net
een uit ‘n duisend glo wanneer sendelinge die Woord aan hulle verkondig.
As hierdie gedagte korrek is, sou dit baie beter gewees het om hulle in
hulle onkunde te los want dan sal ‘n baie groter getal gered word? As
ons hierdie redenasie verder volg, sal dit nie logies wees om te beweer
dat as God almal in onkunde gelos het, sou almal gered
gewees het. As dit so was, sou die koms en dood van Jesus geen doel gedien
het nie. Die prediking en lyding van die apostels en heiliges sou ook
tevergeefs gewees het. In dié geval sou die sogenaamde evangelie, in stede daarvan om goeie nuus te wees,
baie slegte nuus wees. Die
stuur van sendelinge na die heidene deur
diegene wat die Calvinistiese of fatalistiese siening van uitverkiesing
glo, naamlik dat die ewige eindstemming van elke individu onveranderlik
bepaal is nog voor hy bestaan het, is nog meer absurd en onredelik.
Maar die Bybel, wat vol van
die gees van evangelisasie is, leer nie dat daar verskeie weë van
saligheid is nie. Daar is nie een weg deur geloof, en een weg deur werke
en ook een weg deur onkunde nie. Dit leer ook nie die doktrine van
fatalisme – die weg wat God onteer – nie. Terwyl dit elke ander deur
van hoop, teen die wedloop as toe aanwys, gooi dit die een en enigste deur
wawyd oop, en verklaar dat enigeen wat wil, in die lewe mag ingaan. Dit
wys ook dat almal wat nie op die tydstip die geseënde voorreg om binne te
kan gaan, kan sien of waardeer nie, mettertyd tot die volle kennis en
waardering sal kom. Die enigste weg waardeur enigeen of almal uit
die veroordeelde ras, tot God mag kom, is nie deur goeie werke nie, ook
nie deur onkunde nie, maar alleenlik deur geloof in die kosbare bloed van
Christus wat die sonde van die węreld wegneem (I Pet.1:19; Johan 1:29).
Dit is die Evangelie, die goeie tyding van groot blydskap, wat aan Alle
Mense gerig gaan wees.
Kom
ons kyk na hierdie dinge net soos God vir ons van hulle vertel, en los die
verheldering van Sy karakter aan Hom oor. Laat ons vra, Wat het met die
een honderd twee en veertig miljarde gebeur?
Wat ook al hulle oorgekom
het, kan ons seker wees dat hulle nie in ‘n toestand van lyding is nie.
Die Skrifte leer nie alleenlik dat die volle en volledige beloning net by
Sy wederkoms – wanneer Hy elke mens sal beloon (Matt. 16:27) aan die
kerk gegee is, nie, maar ook dat die onregverdiges op daardie tydstip
hulle straf sal ontvang. Wat
ook al hulle huidige toestand is, kan dit nie hulle volle beloning wees
nie, want Petrus verklaar, ”die Here weet om die godsaliges uit versoeking te
verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf
te word;“ (2 Pet. 2:9). Hy sal dit
doen!
Die gedagte dat so baie van
ons medeskepsels ooit weens gebrek aan die kennis wat vir die saligheid
nodig is, verlore mag gaan, is - vir almal wat self ‘n klein vonkie van
liefde of meegevoel het -
inderdaad hartseer. Daarbenewens
is daar baie skrifte wat klaarblyklik onmoontlik is om met al hierdie te
harmoniseer. Kom ons kyk. In die lig daarvan dat die verlede en die hede
die enigste geleenthede vir die saligheid is, en die opsysit van alle hoop
op restitusie in die komende eeu, hoe sal ons die volgende verklarings
verstaan? ”God is liefde” (I Joh.4:8) en
”Want so lief het God die węreld gehad, dat Hy sy eniggebore
Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,
maar die ewige lewe kan hę” (Joh.3:16). As God die węreld so lief
gehad het, sou dit nie redelik gewees het nie om te verwag dat Hy
voorsiening sou gemaak het, nie alleenlik dat gelowiges gered mag word nie,
maar ook dat almal mag hoor sodat hulle kan glo?
Weereens, wanneer ons lees
dat ”Die waaragtige lig wat elke
mens verlig, was aan kom in die węreld.“ (Joh.1:9), sę ons ondervinding, Nee, dit is nie so nie, want nie al die
mense is verlig nie, en ons kan nie sien dat ons Here meer as ‘n paar van die aarde se miljarde verlig het
nie. Selfs in hierdie relatief verligte tydperk, wys miljoene heidene geen
teken van verligting nie. So ook met die Sodomiete en groot skares ander
gedurende afgelope eeue.
Ons lees dat, deur die
genade van God, Jesus Christus, vir elke mens, die dood
gesmaak het (Heb.2:9). Maar,
as Hy vir 143 000 000 000 die dood gesmaak het, en vir watter rede ookal
die slagoffer vir net een miljard werkdadig geword het, was die verlossing
nie ‘n relatiewe mislukking nie?
En, in dié geval, is die Apostel
se verklaring nie te breed nie? En
weereens, wanneer ons, in Luk 2:10 ”want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die
hele volk sal wees,” lees, maar wanneer ons om ons kyk, en sien dat net vir ‘n klein kuddetjie
was dit goeie tydinge, en nie vir alle mense nie, sou ons verplig wees om
te wonder of die engele nie die goedheid en breedte van hulle boodskap
vergroot het nie. Dit sou ook die belangrikheid van die werk wat deur die
verkondigde Messias verrig sou word, bevraagteken.
Daar is nog ‘n verklaring
by I Tim.2:5,6. ”Want daar is een God en een Middelaar tussen God en
die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys
vir almal.” ‘n
Losprys vir almal? As dit so
is, waarom sal al die betrokkenes nie
etlike voordeel uit Christus se dood trek nie? Waarom kan nie almal
tot ‘n kennis van die waarheid kom, en sodoende glo, nie?
Sonder die sleutel is
hierdie verklarings baie donker en onbestaanbaar.
Maar, as ons die sleutel tot God se plan vind, dan verklaar al hierdie
skrifte met een stem, ”God is Liefde.” Die sleutel lę in die laaste
deel van die Skrif wat hierbo aangehaal is - ”wat Homself gegee het
as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,“ God
het ‘n regte tyd vir alles. Hy kon hierdie aan hulle gedurende hulle
leeftyd getuig het, maar omdat Hy dit nie gedoen het nie, bewys dit dat
hulle regte tyd nog in die toekoms is. Vir diegene wat deel van die Kerk,
die bruid van Christus, gaan uitmaak, en in die eer van die koninkryk gaan
deel, is die hede die ”regte tyd” om te hoor, en wie ook al nou ‘n
oor het om te hoor, laat hom hoor en oppas. Dan sal hy ooreenkomstig geseën
word. Alhoewel Jesus ons
losprys voor ons gebore is betaal
het, was dit eers baie jare daarna ons ”regte tyd” om daarvan te hoor.
Alleenlik die waardering daarvan het verantwoordelikheid gebring.
Daarbenewens gebeur dit net volgens ons vermoë en waardering. Dieselfde
beginsel is op almal van toepassing.
Op God se regte tyd sal dit aan almal getuig word, en dan sal almal
die geleentheid hę om te glo, en daardeur geseën te word.
Die heersende opinie is dat
die dood alle proeftyd beëindig, maar daar bestaan nie so ‘n Skrif
wat dit leer nie. Al die Skrifte wat hierbo aangehaal is, en vele meer, sou
betekenisloos gewees het, of nog erger, as die dood die einde van alle
hoop vir die onkundige skares van die węreld, sou beteken. Die een Skrif
wat aangehaal is om hierdie algemeen aanvaarde opinie te bewys, is „Op
die plek waar die boom val, daar bly hy lę (Pred.11:3). As hierdie
Skrif enige verwysing na die mens se toekoms bevat, dan dui dit aan dat -
wat ook al die mens se toestand wanneer hy die graf ingaan, is – totdat
hy daaruit wakker word, sal geen verandering plaasvind nie. Dit is die
standaard lering van alle Skrifte wat op hierdie onderwerp betrekking het,
soos in opvolgende hoofstukke uiteengelę gaan word. Omdat God nie beplan
om die mens as gevolg van onkunde te red nie, maar ”wil hę dat alle mense gered word en tot kennis van
die waarheid kom.“ (I Tim.2:4), en omdat
miljarde mense in onkunde gesterf het, en omdat “daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy
heengaan nie.“ (Pred.9:10), het God,
volgens kennis, geloof en saligheid vir die ontwaking van die dooies
voorberei. Om hierdie
rede is Sy plan dat “soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle
ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde
(1Co 15:22,23) – die
Evangeliekerk, die Bruid, die liggaam van Christus, eerste. Daarna,
gedurende die Millennium, sal dit die regte tyd wees - vir almal wie
gedurende die tydperk van die duisend jaar van Sy teenwoordigheid, Syne
word – om Hom te leer ken. Dit is vir almal, groot en klein (I
Kor.15:22). Die woord ”teenwoordigheid” word dikwels as ”koms”
vertaal.
Soos die dood deur die
eerste Adam gekom het, so kom die lewe deur Christus, die tweede Adam.
Alles wat die mensdom, omdat hulle in die eerste Adam was, verloor het,
sal aan diegene wat in die tweede Adam glo, herstel word. Wanneer hulle
opgewek word, met die voordeel van ervaring met die bose, wat Adam
ontbreek het, mag diegene wat dankbaar die verlossing as God se gawe
aanvaar, voortduur om vir ewig te lewe, met die oorspronklike voorwaarde
van gehoorsaamheid. Onder die regverdige heerskappy van die Vredevors sal
volmaakte gehoorsaamheid vereis word, en volmaakte vermoë om gehoorsaam
te wees sal gegee word. Hierdie is die saligheid wat aan die węreld
aangebied word.
Laat ons nou nog ‘n Skrif
in ag neem – een wat algemeen deur almal behalwe Universeeliste geďgnoreer
word. Alhoewel ons nie Universeeliste is nie, eis ons die reg om elke
getuienis in God se Woord te gebruik en glo, en daaroor te juig. Dit lees,
”omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van
alle mense, insonderheid van die gelowig” (I Tim.4:10). God wil alle
mense red, maar sal nie (“tot
die uiterste”) enigeen red nie behalwe diegene wat deur Christus na Hom
toe kom. God se arbitręre saligheid vir alle mense is nie iets wat met
hulle vryheid van wil, of hulle vryheid van keuse, sal bots nie. Dit sal
nie, teen hulle wil, die ewige lewe vir hulle gee nie. ”Die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek
jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe“ (Deut.30:19).
Simeon het hierdie twee
salighede vergelyk, en verklaar, (Luk.2:30-32) ”omdat my oë u heil gesien
het, wat U berei het voor die oë van al die volke— ‘n lig tot
verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel[iete
voorwaar]“. Hierdie is in harmonie met die verklaring van die
apostels, dat, OP DIE REGTE TYD die
feit dat Jesus Christus, die Middelaar, Homself as ‘n losprys gegee het, aan almal getuig sal word. Hierdie sal aan
alle mense toe kom, afgesien van geloof of wil op hulle part. Hierdie
goeie nuus van ‘n Saligmaker sal vir alle mense wees
(Luk.2:10,11), maar die buitengewone saligheid van sonde en dood sal
alleenlik na Sy volk toe kom (Matt.1:21)
– diegene wat in Hom glo – want ons lees dat die toorn van God sal op
die ongelowige bly rus (Joh.3:36).
Ons sien dus dat die
algemene saligheid, wat na elke persoon toe sal kom, uit lig van die ware
lig, en die geleentheid om die lewe te kies, bestaan. Omdat die groot
meerderheid mense al in die graftombes is,
sal dit nodig wees om hulle uit die grafte te bring sodat aan hulle
oor die goeie tydinge van ‘n Messias getuig kan word.
Hulle moet ook vertel word dat die besondere saligheid wat
gelowiges in hoop geniet (Rom.8:24), en die wesenlikheid waarvan gedurende
die Millennium, ook aan diegene wie in die dag glo, geöpenbaar gaan word,
‘n volle verlossing uit die slawejuk van sonde, en die
verdorwenheid van die dood, in die heerlike vryheid van die kinders van
God, is. Maar die bereik van al hierdie seëninge sal van die hartlike
inwilliging met die wette van Christus se Koninkryk afhang. Die spoed
waarmee volmaaktheid hierin bereik word sal aanduiding gee van die mate
van liefde vir die Koning en vir Sy wet van liefde.
As enigeen wat deur die Waarheid verlig is, en tot ‘n kennis van
die liefde van God gebring is, en na menslike volmaaktheid herstel is (óf
wesenlik, óf geskat), vreesagtig word, of ontrek (Heb.10:38,39), dan sal
hulle, saam met die ongelowiges (Open.21:8) uit die volk vernietig word
(Hand.3:23). Dit is die tweede dood.
Ons sien dus dat al hierdie
moeilike Skrifte, deur die verklaring, ”Die getuienis op die regte tyd”
verduidelik word. Op Die Regte Tyd sal daardie ware lig elke mens
wat in die węreld ingekom het, verlig. Op die regte tyd sal dit
wees, “Goeie tyding van groot blydskap vir die hele volk.” Op geen
ander wyse kan hierdie skrifte verstaan word, sonder dat hulle verdraai
word nie. Paulus beklemtoon hierdie rigting van redenasie in Rom.5:18,19.
Hy redeneer dat, omdat almal weens Adam se oortreding tot die dood
veroordeel is, so ook het Christus se geregtigheid en gehoorsaamheid tot
die dood toe, die basis van regverdiging geword. Soos almal in die eerste
Adam die lewe verloor het, so ook kan almal – behalwe uit persoonlike
tekortkoming – deur die tweede Adam te aanvaar, die lewe ontvang.
Petrus het vertel dat
hierdie restitusie deur die monde van al die heilige profete verkondig is
(Hand.3:19-21). Hulle
verkondig dit almal. Esegiël praat van die vallei van droë gebeendere, ”hierdie bene is die hele huis van Israel“ (Eseg.37:11). En God sę aan Israel (Eseg.37:12-14),
”Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom,
o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel. En julle sal weet
dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat
opkom, o my volk! En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle
vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en
gedoen het, spreek die HERE.“
Paulus se woorde in
Rom.11:25-26 getuig saam. ”dat die verharding ten dele oor Israel
gekom het totdat die volheid van die heidene“ (die uitverkore
geselskap, die bruid van Christus) ”ingegaan het; en so sal die hele
Israel gered word“ of uit hulle verwerpte toestand teruggebring
word. Onthou, ”God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie
verstoot nie” (Rom.11:2). Tydens die uitverkiesing van die bruid van
Christus, is hulle uit Sy guns verwerp, maar wanneer daardie werk vervul
is, sal hulle herstel word (Rom.11:28-33). Die profete verklaar oor en oor
hoe God hulle weer sal plant, om nooit weer uitgeruk te word nie. ”So
spreek die HERE, die God van Israel: .... en Ek sal my oog op hulle slaan
ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie
afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.
En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en
hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want
hulle sal na My terugkeer met hul hele hart” (Jer.24:5-7; 31:28;
32:40-42; 33:6-16). Hierdie verklarings kan onmoontlik verwysings na die
herstel uit vorige ballingskappe in Babilon, Sirië ens. wees nie, want
sedert hierdie profesies gegee is, is die volk verskeie kere uitgeruk.
Weereens, sę die HERE,
”In dié dae sal hulle nie meer sę nie: Die vaders
het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.
Maar elkeen” (wie sterf) ”sal weens sy eie
ongeregtigheid sterwe; (Jer.31:29,30).
Dit is nie nou die geval nie. Nie almal sterf vir hulle eie sondes nie,
maar vir Adam se sonde. ”Want soos hulle in Adam
almal sterwe” (I Kor.15:22). Hy het die
suur druiwe van sonde geëet, en ons vaders het aangehou om hulle te eet,
en sodoende, verdere siektesw en ellende op hulle kinders gebring, en
daardeur die straf van die dood verhaas. Die dag wanneer
”elkeen” (wie sterf) alleenlik „weens sy eie ongeregtigheid
sterwe“ is die Millenniale dag, of die dag van Restitusie.
Alhoewel dit blyk dat baie
van die profesies en beloftes van toekomstige seën allenlik op Israel van
toepassing is, moet dit onthou word dat Israel ‘n tipiese volk was. Om dié rede is
die beloftes wat aan hulle gemaak is – terwyl hulle soms spesiale
betekenis ook vir hulle self gehad het – het gewoonlik ook aan die hele
węreld van die mensdom wie Israel getipeer het, ‘n
wyer toepassing gehad. Israel, as ‘n volk,
het die hele mensdom getipeer, en sy priesterdom was tipies van die
uitverkore ”klein kuddetjie” – die hoof en liggaam van Christus –
die Koninklike Priesterdom. Die slagoffers, reinigings, versoenings wat
vir Israel gemaak is, het die ”beter slagoffers” getipeer – m.a.w
die voller reiniging en ware versoening ”vir die sondes van die hele
węreld” waarvan hulle deel uitmaak.
God meld die name van ander
nasies ook, en belowe ook hulle restourasie. ‘n Kragtige illustrasie
hiervan is die Sodomiete. Sekerlik, as ons
sien dat die restitusie van die Sodomiete duidelik geleer word, sal
ons maklik die waarheid van hierdie heerlike leerstelling van die
Restitusie vir die hele mensdom aanvaar.
Dit kom uit die mond van die heilige profete. En waarom sal die
Sodomiete nie ook ‘n kans gegun word om volmaaktheid en die ewige lewe
te bereik nie – saam met Israel en enigeen van ons? Dit is waar dat
hulle nie regverdig was nie, maar Israel was ook nie regverdig nie. Ons
wat die evangelie nou hoor was ook nie regverdig nie.
(Rom 3:10) “soos geskrywe
is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.“ Natuurlik
sluit hierdie verklaring nie vir Jesus in nie, want Hy het vir almal
gesterwe. Die Here Jesus se eie woorde vertel ons dat alhoewel God vuur uit die hemel op Golgota laat val het, en
hulle almal weens hulle boosheid vernietig het, tog was die Sodomiete se
sondes, in die oë van die Here, nie so groot soos dié van die Jode nie,
want die Jode het groter kennis gehad (Gen.19:24; Luk.17:29). Aan die Jode
by Kapérnaüm het Hy gesę (Mat 11:23) ”want
as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het,
sou hy bly staan het tot vandag toe.“
Hierdeur leer die Here vir
ons dat die Sodomiete nie ‘n volledige geleentheid gehad nie, maar Hy
waarborg vir hulle so ‘n geleentheid wanneer Hy sę (v. 24), ”Maar
Ek sę vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in
die oordeelsdag as vir jou.” Die
karakter van die Oordeelsdag en sy werke gaan in die hieropvolgende
bladsye uiteengelę word. Hier vestig ons net die aandag op die feit dat
dit ‘n draaglike tyd vir Kapérnaüm gaan wees, maar tog meer
draaglik vir Sodom, want
al het nie een van hulle volle kennis, of die seën wat bepaal was om deur
die ”Saad” te kom, gedra nie, tog het
Kapérnaüm teen groter lig gesondig.
Verder, as
Kapérnaüm en die hele Israel onder die ”Nuwe Verbond” onthou en geseën gaan word, deur die bloed van Jesus
verseel, hoekom moet die Sodomiete nie ook onder ”al die families
van die aarde” geseën word nie? Sekerlik sal hulle wees. Dit moet ook
onthou word dat omdat God vuur
op Sodom laat val en hulle almal vernietig het, baie eeue voor
Christus se dag, wanneer hulle restorasie gaan plaasvind, impliseer dit
hulle ontwaking, hulle verskyning uit die graf uit.
Kom ons ondersoek nou die
profesie van Eseg. 16:48-63. Lees dit baie sorgvuldig. God praat hier van
Israel en vergelyk haar met Samaria asook met die Sodomiete van wie Hy sę,
”.... het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim”. Nóg
Jesus, nóg die Profete bied enige verklaring aan oor die waarskynlike
ongelykheid van God se hantering waardeur Hy Sodom vernietig het, maar
ander wat meer skuldig as Sodom was, het Hy ongestraf gelos. Dit sal alles,
op die ”Regte Tyd,” verduidelik word, wanneer Sy groot ontwerpe onthul
word. Die profeet sę eenvoudig dat God ”goed gedink het” om so te
doen, en Jesus voeg by dat dit vir hulle op die Oordeelsdag meer draaglik
gaan wees as vir ander wat meer skuldig is. Maar in verband met die
veronderstelling dat die dood alle hoop op ‘n toekomstige redding
beëindig, en dat daarna niemand die geleentheid sal hę om ‘n kennis
van die waarheid te bekom en te gehoorsaam nie, mag ons wel vra, ”Waarom
het God goedgedink om hierdie mense weg te neem, sonder om hulle toegang
tot die saligheid deur die kennis van die enigste Naam waardeur ons gered
moet word, te gee?” Die antwoord is omdat dat dit nog nie hulle regte
tyd was nie. Op die ”Regte Tyd” sal hulle uit die dood uit wakker
gemaak word, en tot ‘n kennis van die waarheid gebring word, en hierdeur,
saam met al die families van die aarde, deur die beloofde ”Saad”,
geseën word. Hulle sal dan verhoor word aangaande die ewige lewe.
Met hierdie gedagte, en met
geen ander nie, kan ons die onderhandelinge van die God van liefde met die
Amalekiete en ander nasies wie Hy toegelaat het, om deur Sy bevele aan
Israel, om vernietig te word, verstaan.
Hy het die bevel gegee (I Sam.15:3): ”Gaan nou en verslaan
Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag
hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou,
kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.“ Hierdie
waarskynlike roekelose vernietiging van lewe blyk onversoenbaar te wees
met die karakter van liefde wat aan God toegeken word, asook met die
lering van Jesus, soos, bv. „Julle moet julle vyande liefhę” (Matt.5:44).
Maar dan erken ons die sistematiese order van God se plan, die
”Regte Tyd” vir die vervulling van elke aspek daarvan, en die feit dat
elke lid van die mensdom deel het daaraan.
Ons kan nou sien dat daardie
Amalekiete, Sodomiete en ander volke aangebied is as voorbeelde van God se
regverdige woede, en Sy vasberadenheid om kwaaddoeners vir eens en vir
altyd uit te wis. Hierdie voorbeelde is nie net vir ander mense voordelig
nie, maar ook vir hulself wanneer hulle dag van oordeel verskyn. Daardie
mense mag net sowel op daardie wyse gesterf het, as van siekte of plaag.
Vir hulle was dit eintlik onbelangrik, want hulle was maar net besig om
die bose te leer ken, sodat wanneer hulle, op die regte tyd, voor die
oordeelsbank staan, hulle regverdigheid mag leer, en sal kan diskrimineer,
die goeie kies en sodoende lewe kan hę.
Laat ons die profesie verder
ondersoek. Nadat die HERE Israel met Sodom en Samaria vergelyk het, en
Israel as die mees skuldig verklaar het (Eseg.16:48-54), sę Hy, ”En
Ek sal hulle lot verander, die lot van Sodom en haar dogters, en die lot
van Samaría en haar dogters; en Ek sal jou lot verander tussen dié twee
in;“ Die lot wat hier na verwys word moet hulle gevagenisskap in die
dood wees, want diegene wat vermeld word was alreeds dood. In die
dood is almal gevengenisse, en Christus kom om die deur van die graf te
open en “om vir die
gevangenes ‘n vrylating uit te roep“ (Jes.61:1; Sag.9:11). In vers 55 word dit ’n terugkeer na hulle vorige
toestand, genoem – ’n restitusie.
Sommige, wie bereid is om,
onder groter lig en kennis, God se genade deur Christus te ontvang in die
uitwissing van hulle eie oortredinge en swakhede, kan nie begryp dat
dieselfde guns ook aan ander onder die Nuwe Verbond beskikbaar is nie.
Tog aanvaar hulle blykbaar die verklaring van die Apostel dat Jesus
Christus, deur die guns van God, die dood namens elke mens, gesmaak het.
Daar is diegene wat voorstel dat, in hierdie profesie, die Here ironies
die Jode aanspreek, en hierdeur impliseer Hy dat Hy net so graag die
Sodomiete as hulle sou terugbring, maar dat Hy geen voornemens gehad het
om enigeen van hulle te restoreer nie.
Maar kom ons kyk hoe die daaropvolgende verse met hierdie gedagte
ooreenkom. Eseg.16:60-63 heet, ”Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in
die dae van jou jeug, en Ek sal met jou ‘n ewige verbond oprig. Dan
sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jy jou susters aanneem wat groter is as
jy, by dié wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie. En Ek
sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek die HERE is; sodat
jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou
skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen
het, spreek die Here HERE.“ Wanneer ‘n belofte
deur die Groot Jehova onderteken
is, mag almal wat verklaar het dat God Waaragtig is, met vertroue in die
sekerheid daarvan jubel. Dit is veral vir diegene wat besef dat hierdie seëninge van die Nuwe Verbond deur God in Christus
– Wie se kosbare bloed die verbond sal seel - bevestig is, waar.
Paulus voeg sy getuienis by,
en verklaar (Rom.11:26-29) ”en so sal die hele Israel [lewendes en dooies] gered word [van blindheid herstel], soos
geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van
Jakob afwend; en dit is van
my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.....bemindes ter
wille van die vaders. Want
die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.“
Ons hoef nie verbaas te wees
nie dat Jode, Sodomiete, Samaritane en die hele mensdom beskaamd en
verstom gaan wees wanneer God, in Sy eie regte tyd, die rykdom van Sy guns
tentoonstel. O ja, baie van diegene wat nou God se kinders is, sal
beskaamd en verstom wees wanneer hulle sien hoe God die węreld so lief
gehad het, en tot op watter mate Sy gedagtes en planne bokant hulle
s’n was.
Oor die algemeen glo
Christene dat God se seëninge almal en alleenlik vir die uitverkore Kerk
is, maar nou begin ons besef dat God se plan wyer is as wat ons gemeen het,
en dat alhoewel Hy aan die Kerk ”die grootste en kosbare beloftes geskenk het,“ het Hy ook vername voorsiening gemaak vir die węreld
wat Hy so lief gehad het dat Hy dit verlos het. Die Jode het ‘n
soortgelyke fout gemaak toe hulle aangeneem het dat al God se beloftes
alleenlik aan en vir hulle bedoel is.
Maar, toe die ”Regte Tyd” aangebreek het, en die Heidene
bevoordeel is, het die oorblyfsel van Israel, wie se harte groot genoeg
was om in hierdie wyer bewys van God se genade te juig, gedeel in die
vermeerderde guns, terwyl die ander deur die bevooroordeling en menslike
tradisie verblind is. Laat diegene van die Kerk wie nou die verheldering van die
lig van die Millenniale Eeu
– met sy genadiglike voordele vir die hele węreld – gewaar, versigtig
wees, sodat hulle nie in opposisie teen die opkomende lig gevind word nie.
Anders sal hulle moontlik tydelik teen sy heerlikheid en seëninge geblind
word.
God se heerlike plan vir die
uitverkiesing, nou, van net min uitverkorenes, sodat die seën van
menigtes hierna kan plaasvind, verskil van die verdraaiing van hierdie
waarhede soos deur die twee teenoorgestelde sieninge – Calvinisme en
Arminianisme – verteenwoordig. Die eerste een ontken die Bybelse
leerstelling van Kostelose Genade en verdraai verskriklik die heerlike
leerstelling van die Uitverkiesing. Die tweede een ontken die leerstelling
van die Uitverkiesing, en faal daarin om die geseënde volheid van God se
Kostelose Genade te begryp.
Calvinisme sę: God is die
wysheid self. Hy het die einde van die begin af geken, en al Sy
doelstellings sal vervul word. Hy kon nooit bedoel het om meer as maar net
‘n paar – die Kerk – te red nie. Hierdie het Hy uitverkies en
vooruit verorden om tot in alle ewigheid gered te wees. Net so was al die
ander vooruit verorden en uitverkies om in die ewige pyniging te beland. “Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.” (Hand.15:18)
Hierdie seining het sy goeie
aspekte. Dit erken God se alwetendheid. Dit sou ons ideaal van ’n Groot
God wees, was dit nie vir die gebrek aan twee essensiële eienskappe van
Grootheid nie, naamlik liefde en geregtigheid. Nie een van hierdie twee
word deur die geboorte van 142 000 000 000 skepsels wat nog voor hulle
geboorte na ewige marteling verdoem was, en met verklarings van Sy liefde
gespot, uitgebeeld nie. Omdat God liefde is, en geregtiheid die
grondlegging van Sy troon is, kan Sy karakter nie so wees nie.
Arminianisme sę: Ja, God is
liefde, en deur die mensdom in die węreld in te bring het Hy geen kwaad
aan hulle bedoel nie – net goed. Maar satan het dit reggekry
om die eerste paar in die versoeking te bring, en daardeur het
sonde in die węreld ingekom, en deur die sonde, die dood. Sedertdien het
God aangehou om alles in sy vermoë te doen om die mensdom van sy vyand te
verlos, selfs deur die opoffering van Sy Seun. En alhoewel die evangelie
– ses duisend jaar later – maar net ‘n klein gedeeltetjie van die
mensdom bereik het, tog hoop en vertrou ons dat voor nog ses duisen jaar
verby is, sal God, deur die energie en vrygewigheid van die Kerk, hierdie
boosheid wat deur satan ingebring
is, uitgewis het, sodat almal wat dan lewe ten minste Sy liefde sal ken en
‘n geleentheid gegun word om te glo en gered
word.
Alhoewel hierdie siening
God as vol liefdevolle en goedgunstige bedoelings vir Sy skepsels
voorstel, tog impliseer dit ‘n gebrek
aan die genoegsame vaardigheid en voorkennis van God vir die vervulling
van Sy welwillende planne, en dat Hy ‘n gebrek aan wysheid en mag het.
Uit hierdie standpunt sou dit voorkom asof, terwyl God besig was om alles
vir die beswil van Sy nuutgeskape kinders te bewerkstellig, het satan
ingeglip en deur een meesterlike optrede al God se planne tot so ‘n mate
omvęr gegooi dat, selfs deur al Sy krag op te gebruik, moet God 12 000
jaar spandeer om regverdigheid te herstel, selfs tot so ‘n mate dat
die oorblywendes van die mensdom wat nog newe die geleentheid gegun
sal word om eweneens tussen goed en kwaad te kan kies.
Maar die 142 000 000 000 van
die afgelope 6 000 jaar, en net soveel van die volgende, is, volgens
hierdie siening, en ten spyte van God se liefde vir hulle, tot in alle
ewigheid verlore omdat satan
met Sy planne gepeuter het. Op hierdie wyse sal satan duisende na die
ewige pyniging dompel vir elkeen wat God tot heerlikheid red.
Hierdie siening moet die
mensdom se gedagtes aangaande die wysheid en mag van satan verhewig, en
hulle skatting van hierdie eienskappe in God verlaag, al het die
Psalmdigter verkondig (Psa.33:9), ”want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en
dit staan. Maar nee, God was nie
verbaas nie, en ook nie deur die vyand tersyde gestel nie. Satan het ook
geensins God se planne gedwarsboom nie. God is, en was altyd, die
volmaakte meester van elke situasie, en dit sal ten einde gesien word dat
alles altyd, ter vervulling van Sy doeleindes, saamgewerk het.
Terwyl die leerstellings van
uitverkiesing en kostelose genade, soos deur Calvinisme en Arminianisme
geleer, nooit, met rede, met mekaar of met die Bybel, vereenselwig kan
word nie, tog is hierdie twee heerlike Bybelse leerstellings totaal in
harmonie en skoon, soos van die standpunt van die plan van die eeue gesien.
Siende dan dat so baie van
die groot en heerlike eienskappe van God se plan vir die mensdom se
saligheid uit sonde en dood in die toekoms lę, en dat die wederkoms van
ons Here Jesus die voorafbeplande eerste stap is in die vervulling van
daardie seëninge wat al lankal belowe en verwag is, sal ons nie meer
ywerig na die tyd van Sy wederkoms uitkyk as wat die minder ingeligte Jood
na Sy eerste koms uitgesien het, nie? Aangesien die tyd van boosheid,
ongeregtigheid en die dood, deur die heerskappy van mag wat Hy dan gaan
beoefen, tot ‘n einde gebring gaan word, en dat geregtigheid, waarheid
en vrede universeel gaan wees, wie sal nie juig om Sy dag te sien nie? En
wie wat nou saam met Christus ly, geďnspireer deur die kosbare belofte
dat ”As ons verdra, sal ons met Hom regeer,” (2 Tim.2;12) sal
nie sy hoof optel en juig as gevolg van enige bewys van die aankoms van
die Meester nie? U sien, hierdeur weet ons dat ons verlossing en
verheerliking saam met Hom nou nader trek.
Sekerlik sal almal wat met Sy sending van seëning en Sy gees van
liefde simpatiek is, sal elke aanduiding van Sy wederkoms groet, want dit
is ”‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die
hele volk sal wees,” (Luk.2:10)